Wysheid en verstand, kennis, waarheid en regverdigheid, geregtigheid, reinheid
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 28 Vers 25: Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,
Vers 26: Toe Hy vir die reën ‘n wet gestel het en ‘n weg vir die onweerstraal,
Vers 27: Toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en ook deurvors.
Vers 28: Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
Job 32 Vers 8: Maar dit is die Gees in die mens (nie die siel nie, 'n toktokkie het ook 'n lewende siel.) en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
Vers 9: Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
Psalm 19 Vers 8: Die wet van die Here is volmaak; dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: Dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Vers 9: Die bevele van die Here is reg: Hulle verbly die hart; die gebod van die Here is suiwer: Dit verlig die oë.
Vers 10: Die vrees van die Here is rein: Dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die Here is waarheid - tesame is hulle regverdig.
Vers 11: Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
Vers 12: In die onderhouding daarvan is groot loon.
Psalm 23 Vers 3: Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.
Psalm 24 Vers 3; Wie mag klim op die berg van die Here? en wie mag staan in Sy Heilige plek?
Vers 4: Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Vers 5: Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil.
Psalm 32 Vers 5: My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe.
Vers 10: Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die Here vertrou - met goedertierenheid sal Hy hom omring.
Vers 11: Wees bly in die Here en juig, o regverdiges! en jubel, alle opregtes van hart!
Psalm 33 Vers 18: Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy goedertierenheid wag.
Vers 19: Om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Psalm 34 Vers 8: Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Vers 9: Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
Vers 10: Vrees die Here, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
Vers 11: Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die Here soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
Psalm 37 Vers 18: Die Here ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
Vers 19: Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
Psalm 37 Vers 25: Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
Vers 29: Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Psalm 55 Vers 23: Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
Psalm 58 Vers 11: Die regverdige sal bly wees as hy die wraak sien; hy sal sy voete was in die bloed van die goddelose.
Vers 12: En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ‘n God wat op die aarde oordeel.
Psalm 73 Vers 3: Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.
Vers 17: Totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
Vers 18: Waarlik, U stel hulle op gladde plekke, U laat hulle in puin val.
Vers 19: Hoe word hulle in ‘n oomblik ‘n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!
Psalm 73 Vers 21: Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was, (Saam met enigiemand bed toe gaan.)
Vers 22: Toe was ek dom en het niks geweet nie; ek was ‘n dier by U.
Psalm 85 Vers 11: Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.
Psalm 89 Vers 15: Geregtigheid en reg is die grondslag van die troon; goedertierenheid en trou gaan voor U aangesig uit.
Psalm 97 Vers 11: Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.
Psalm 106 Vers 3: Welgeluksalig is hy wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
Psalm 111 Vers 10: Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand.
Psalm 112 Vers 1: Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat ‘n groot welbehae in Sy gebooie het.
Vers 2: Sy nageslag sal geweldig wees op aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word.
Vers 3: Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
Psalm 118 Vers 20: Dit is die poort van die Here; regverdiges mag daardeur ingaan.
Psalm 119 Vers I : Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel.
Vers 2: Welgeluksalig is die wat Sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
Vers 3: Ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in Sy weë wandel.
Psalm 119 Vers 100: Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar U bevele.
Vers 155: Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek U insettinge nie.
Spr 1 Vers 2: Om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
Vers 3: Om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
Vers 4: Om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg,
Vers 5: Laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry.
Vers 6: Om ‘n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.
Vers 7: Die vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
Vers 8: My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie.
Spr 2 Vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem, en My gebooie by jou bewaar,
Vers 2: Sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
Vers 3: Ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
Vers 4: As jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
Vers 5: Dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind.
Vers 6: Want die Here gee wysheid. Uit Sy mond kom kennis en verstand.
Vers 7: En Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ‘n skild vir die wat regskape wandel.
Vers 8: Deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van Sy gunsgenote bewaar.
Vers 9: Dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid - elke goeie pad.
Vers 10: Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees.
Vers 11: Verstand sal jou bewaak.
Vers 12: Om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek.
Vers 14: Die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte. (Daar is een nasie op aarde wat so maak.)
Spr 3 Vers 13: Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry.
Vers 14: Want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as goud;
Vers 15: Dit is kosteliker as korale, en al jou kleinnode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Vers 16: In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
Vers 17: Sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
Vers 18: Dit is ‘n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
Spr 3 Vers 35: Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
Spr 4 Vers 5: Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van My mond nie;
Vers 6: Verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
Vers 7: Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
Spr 8 Vers 5: Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan.
Vers 6: Hoor, want Ek sal voortreflike dinge spreek, en My lippe gaan oop vir wat reg is.
Vers 7: Want My verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir My lippe ‘n gruwel.
Vers 8: Al die woorde van My mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie.
Vers 9: Hulle is almal duidelik vir die verstandige, en reg vir die wat kennis gevind het.
Vers 10: Neem My tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud.
Vers 12: Ek, wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg.
Spr 8 Vers 13: Die vrees van die Here is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat Ek.
Vers 14: Raad en beleid is Myne, Ek is die insig, sterkte is Myne.
Vers 16: Deur My heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde.
Vers 17: Ek het lief die wat My liefhet, en die wat My soek, sal My vind.
Vers 18: Rykdom en eer is by My, duursame goed en geregtigheid.
Vers 19: My vrug is beter as fyn goud, en My opbrings beter as uitgesoekte silwer.
Vers 20: Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg.
Vers 2 1: Om die wat My liefhet, ‘n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak Ek vol.
Spr 8 Vers 22: Die Here het my berei (Wysheid) as eersteling van Sy weg, voor Sy werke, van ouds af.
Vers 24: Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is Ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie.
Vers 35: Want hy wat My vind, het die lewe gevind en verkry ‘n welbehae van die Here.
Vers 36: Maar hy wat My mis, benadeel sy eie lewe; almal wat My haat het die dood lief.
Spr 9 Vers 10: Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand.
Vers 11: Want deur My word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
Spr 12 Vers 28: Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van die pad is onsterflikheid.
Spr 19 Vers 2: Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.
Spr 21 Vers 21: Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.
Spr 22 Vers 4: Die loon van nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe.
Spr 24 Vers 14; Erken dat die wysheid so is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
Pred 1 Vers 14: Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind.
Vers 18: Want by baie wysheid is baie verdriet, en wie kennis vermeerder, vermeerder smart.
Pred 2 Vers 15: Daarom het ek in my hart gesê: Dieselfde wat die dwaas tref, sal my ook tref; waarvoor was ek dan so buitengewoon wys? dit is ook tevergeefs. (Prediker is hier verkeerd. Wysheid bring regverdigheid, wat bring rykdom en eer en gesondheid en 'n langer lewe, en uiteindelik die ewige lewe.)
Pred 8 Vers 1: Wie is soos die wyse, en wie weet die verklaring van die dinge? die wysheid van ‘n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander.<
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking