Saterdag 20 Maart 2010

Mag jy ringe aan jou ore dra?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Mag jy ringe aan jou ore dra? of juweliersware? juwele? armbande?

Gen 35 Vers 4: Toe gee hulle aan Jakob die ringe aan hulle ore, en Jakob het dit begrawe onder die terpentynboom wat by Sigem is.
Exo 33 Vers 5: Die Here sê aan Moses: Sê aan die volk: Haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat om met julle te doen.
Gen 24 Vers 38: Maar jy moet gaan na die huis van my vader en na my geslag en vir my seun ‘n vrou gaan haal.
Vers 47: Daarop het ek die ring aan haar neus gesit en die armbande aan haar hande.
11 Sam 1 Vers 24: Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.
Gen 24 Vers 30: Want toe hy die ring en die armbande aan die hande van sy suster sien, het hy gesê: Kom in, geseënde van die Here!
Gen 38 Vers 25: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
Ester 2 Vers 3: Laat die jongmeisies bymekaarkom in die vrouehuis, en laat hulle skoonheidsmiddele aan hulle gee.
Vers 12: En as die beurt van elke meisie aankom nadat twaalf maande lank met haar gehandel is - want so lank het die dae van hul voorbereiding geduur: Ses maande lank met mirreolie en ses maande met balsem en ander skoonheidsmiddele van die vroue.
Job 42 Vers 11: En hulle het vir Job elkeen ‘n geldstuk gegee, en elkeen ‘n goue ring.
Hoogl 1 Vers 10: Lieflik is u wange tussen die kettingkies, u hals in die snoere.
Vers 11: Ons sal vir u goue kettingkies maak met silwerknoppe.
Hooglied 4 Vers 9: U het my hart gesteel, my sustersbruid, met een straal van u oë, met een kettingkie van u halssieraad.
Hoogl 8 Vers 6: Dra my soos ‘n seëlring op u hart, soos ‘n seëlring op u arm;
Jes 3 Vers 18: In die dag sal die Here wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;
Vers 19: Die oorversiersels en die armbande en die sluiers;
Vers 20: Die hoofversiersels en die voetkettingkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels.
Vers 21: Die vingerringe en die neusringe;
Vers 22: Die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;
Vers 23: Die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.
Jer 2 Vers 32: Kan ‘n jonkvrou haar versiersel vergeet, ‘n bruid haar pronkgordel?
Jer 4 Vers 30: En jy, verwoester, wat gaan jy doen? al trek jy skarlaken klere aan, al versier jy jou met goue sieraad, al laat jy jou oë groter lyk met swart verf - tevergeefs maak jy jou mooi;
1 Pet 3 Vers 3: Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: Haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
Vers 4: Maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
1 Pet 3 Vers 5: Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: