GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Psalm 39 Vers 7: Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
Psalm 41 Vers 2: Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil.
Vers 4: Die Here sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
Psalm 82 Vers 2: Hoe lank sal julle onregverdig oordeel en partydig wees vir die goddelose mense?
Vers 3: Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en arme sy reg.
Vers 4: Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense.
Spr 3 Vers 5: Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
Vers 6: Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.
Spr 3 Vers 21: My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg.
Vers 22: Dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ‘n versiersel vir jou hals.
Vers 23: Dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie.
Vers 24: As jy gaan lê sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
Spr 82 Vers 25: Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
Vers 26: Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
Vers 27: Hou ‘n weldaad nie terug aan hom wat dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
Vers 28: Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee - terwyl jy dit het nie.
Vers 29: Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
Vers 30: Twis nie sonder oorsaak met ‘n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
Vers 3 1: Wees nie afgunstig op ‘n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
Spr 4 Vers 20: My seun, luister na wat Ek sê, neig jou oor tot My woorde.
Vers 21: Laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
Vers 22: Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en ‘n genesing vir hulle hele liggaam.
Vers 23: Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
Spr 6 Vers 20: Bewaar, My seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
Vers 21: Bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals.
Vers 22: Mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.
Spr 6 Vers 23: Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe.
Spr 10 Vers 4: Hy word arm wat met ‘n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
Vers 5: Hy wat in die somer wegbêre, is ‘n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ‘n seun wat skande maak.
Spr 12 Vers 9: Wie gering geag word en ‘n slaaf het, is beter as hy wat homself vernaam aanstel en gebrek aan brood het.
Spr 16 Vers 3: Laat jou werke aan die Here oor, dan sal jou planne uitgevoer word.
Spr 16 Vers 7: As die Here behae het in die weë van ‘n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
Vers 20: Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die Here vertrou, is gelukkig.
Spr 17 Vers 5: Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor ‘n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
Vers 15: Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die Here ‘n gruwel.
Spr 23 Vers 6: Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.
Spr 23 Vers 17: Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die Here.
Vers 18: Waarlik, daar is ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
Spr 25 Vers 16: Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie.
Vers 17: Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.
Spr 26 Vers 10: Soos ‘n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat ‘n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.
Spr 27 Vers 1: Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie.
Vers 4: Woorde is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
Vers 10: Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. ‘n Buurman wat naby is, is beter as ‘n broer wat ver is.
Vers 23: Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;
Vers 24: Want ‘n skat is nie vir ewig nie.
Vers 25: As die gras verdwyn en die jong gras verskyn en die bossies van die berge bymekaargemaak word,
Vers 26: Dan is daar lammers vir jou kleding en bokke as koopprys vir grond.
Vers 27; En genoeg bokmelk as voeding vir jou, as voeding vir jou huis en as lewensonderhoud vir jou diensmeisies.
Spr 28 Vers 23: Hy wat ‘n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.
Spr 29 Vers 24: Hy wat saam met ‘n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering, maar openbaar niks nie.
Vers 25: Die vrees vir die mens span ‘n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.
Pred 11 Vers 1: Werp jou brood uit op die water, want na verloop van baie dae sal jy dit vind.
Pred 12 Vers 12: En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is vermoeiing van die vlees.
Vers 13: Die hoofsaak van alles wat gehoor is is: vrees God en hou Sy gebooie; want dit geld vir alle mense.
Vers 14: Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg.
Jes 1 Vers 16: Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor My oë weg, hou op om kwaad te doen,
Vers 17: Leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee,
Vers 18: Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Vers 19: As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.
Vers 20: Maar as julle weier, en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word. Want die mond van die Here het dit gespreek.
Jes 45 Vers 9: Wee hom wat met sy Formeerder twis - sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy?
Vers 22: Wend julle tot My , en laat julle red, alle eindes van die aarde! want ek is God, en daar is geen ander nie.
Vers 24: Maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.
Jes 46 Vers 5: By wie wil julle My vergelyk en My net so maak en My gelykstel, dat ons eenders kan wees?
Jer 13 Vers 16: Gee eer aan die Here julle God -voordat Hy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hy dit doodskaduwee maak, in donkerheid verander.
Vers 23: Kan ‘n Kusiet sy vel verander of ‘n luiperd sy vlekke? dan sal julle ook in staat wees om goed te doen, julle wat gewoond is om kwaad te doen.
Eseg 18 Vers 5: Maar as iemand regverdig is, en reg en geregtigheid doen,
Vers 6: Nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
Vers 7: En niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, brood gee, en die wat naak is, met ‘n kleed bedek,
Vers 8: Nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
Vers 9: In My insettinge wandel en My verordeninge onderhou om eerlik te handel - hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here Here.
Eseg 18 Vers 4: Kyk, al die siele is Myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun - hulle is Myne; die siel wat sondig, die moet sterwe.
Vers 20: Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Eseg 18 Vers 21: Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al My insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Vers 22: Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.
Vers 24: Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen - sal hy lewe? aan al sy geregtigheid wat hy gedoen het sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sondes wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
Vers 26: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan. Deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
Vers 27: En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen - hy sal sy siel in die lewe behou.
Eseg 33 Vers 10: So het julle gesê: Gewis, ons oortredinge en ons sondes is op ons, en daardeur teer ons weg. Hoe kan ons dan lewe?
Vers 11: Sê vir hulle: Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom moet bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle verkeerde weë! waarom tog wil julle sterwe!
Vers 12: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.
Vers 13: As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtigheid nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe.
Vers 14: En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe - en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen –
Vers 15: Gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie - dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
Vers 16: Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.
Vers 18: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.
Vers 19: As die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid, en reg en geregtigheid doen, dan sal hy as gevolg daarvan lewe.
Hos 6 Vers 3: En laat ons ken - laat ons dit najaag om die Here te ken; Sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
Vers 4: Wat sal Ek met jou doen, o Efraim, (Israel) wat sal ek met jou doen, o Juda? (Jerusalem) aangesien julle liefde is soos ‘n môrewolk en soos ‘n dou wat vroeg weer verdwyn.
Hos 6 Vers 6: Want Ek het ‘n behae in liefde, en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
Hos 12 Vers 7: En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.
Amos 5 Vers 14: Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe, en die Here met julle kan wees.
Vers 15: Julle moet haat wat sleg is, en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg. Miskien sal die Here Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
Jes 58 Vers 7: Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? as jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie? (Lede van jou volk.)
Vers 8: Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die Here jou agterhoede wees.
Vers 9: Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! as jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord.
Vers 10: En jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid soos die middag.
Vers 11: En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak! en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
Vers 12: En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
Miga 6 Vers 8: Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here anders van jou as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God.
Vers 10: Is daar nog altyd in die huis van die godelose skatte van onreg en ‘n skrale efa wat vervloek is? (Skaal wat verkeerd is.)
Vers 12: Want die rykes in die stad is vol geweld, en die inwoners daarvan spreek leuentaal, en hulle tong is bedrog in hulle mond.
Sag 7 Vers 9: Spreek ‘n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.
Vers 10: En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad teenoor mekaar in jul hart bedink nie.
Sag 8 Vers 16: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en ‘n regspraak van vrede in julle poorte!
Vers 17: En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie, want dit alles haat Ek, spreek die Here.
Matt 4 Vers 4: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Vers 7: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
Matt 5 Vers 3: Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemele.
Vers 4: Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
Vers 5: Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
Vers 6: Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
Vers 7: Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Vers 8: Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Vers 9: Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
Vers 10: Salig is hulle wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemele.
Vers 11: Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
Vers 12: Verbly en verheug julle, omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
Matt 5 Vers 14: Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
Vers 15: En ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
Vers 16: Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien, en julle Vader wat in die hemele is verheerlik.
Matt 5 Vers 23: As jy dan jou gawe na die altaar bring, en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,
Vers 24: Laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan, en bring jou gawe.
Vers 25: Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty solank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat hy jou nie miskien oorgee aan die regter en jy in die gevangenis gewerp word nie.
Matt 5 Vers 29: As jou regterhand of jou regteroog jou laat struikel, kap dit af, en ruk dit uit, want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan, en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
Vers 38: Julle het gehoor: Oog vir oog en tand vir tand.
Vers 39: Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die linkerwang na hom toe.
Vers 40: En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.
Vers 41: En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.
Vers 42: Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.
Matt 5 Vers 44: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg.
Vers 45: Sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is, want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
Vers 46: Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?
Vers 47: En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? doen die tollenaars nie ook so nie?
Vers 48: Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
Matt 6 Vers 1: Pas op dat julle nie jul liefdadigheid voor die mense bewys om deur hulle gesien te word nie; anders het julle geen loon by julle Vader wat in die hemele is nie.
Vers 3: As jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie.
Vers 4: Sodat jou liefdadigheid in die verborgene kan wees; en jou Vader wat in die verborgene sien, Hy sal jou in die openbaar vergelde.
Vers 5: En wanneer julle bid, moenie op die hoeke van strate en in die sinagoges bid soos die geveinsdes nie, sodat almal hulle kan sien nie.
Vers 6: Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Matt 6 Vers 14: Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
Vers 15: Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Vers 16: En wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie; want hulle mismaak hulle gesigte, sodat dit deur die mense gesien kan word dat hulle vas. Voorwaar Ek sê vir julle, hulle het hul loon weg.
Vers 17: Maar as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is, en in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Matt 6 Vers 19: Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
Vers 20: Maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en diewe nie inbreek en steel nie.
Vers 21: Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Matt 6 Vers 22: Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
Vers 23: Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam verkeerd wees.
Matt 6 Vers 24: Niemand kan twee Here dien nie; want of sal hy die een haat en die ander liefhê, of hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en mammon dien nie!
Vers 25: Moenie jul kwel oor jul lewe - wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor julle liggaam - wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? (Hierdie is vir mense wat alles verkoop en Jesus volg.)
Vers 26: Kyk na die voëls van die hemel, hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse, Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Vers 27: Wie tog onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
Vers 28: En wat kwel julle jul oor klere? let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie.
Vers 29: En Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie bekleed was soos een van hulle nie.
Vers 30: As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in die vuur gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?
Vers 31: Daarom moet julle jul nie kwel en sê: wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie.
Vers 32: Want al hierdie dinge soek die heidene; julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.
Vers 33: Maar soek eers die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (Vir alle mense, nie net apostels nie.)
Vers 34: Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
Matt 7 Vers 1: Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
Vers 2: Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word. En met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
Vers 3: En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
Vers 4: Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Vers 5: Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
Vers 6: Moenie wat heilig is, aan die honde voer nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai, en julle verskeur nie.
Vers 7: Bid, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Vers 8: Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind. En vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Vers 9: Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee?
Vers 10: En as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang gee?
Vers 11: As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom aanbid!
Vers 12: Alles wat julle dan wil hê die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Vers 13: Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort, en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
(As u die nou pad begin loop, is hy moeilik, maar hoe verder u vorder, hoe makliker gaan dit. Jy sal naderhand nie eers die kante van die nou pad kan sien nie, so breed word die smal pad!)
Vers 14: Want die poort is nou, en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Matt 7 Vers 15: Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom, en van binne roofsugtige wolwe is.
Vers 16: Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings en vye van distels nie!
Vers 17: So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
Vers 18: ‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
Vers 19: Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. (Mense wat jonk doodgaan.)
Vers 20: So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
Matt 7 Vers 21: Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is.
Vers 22: Baie sal in daardie dag vir My sê: Here Here, het ons nie in U naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?
Vers 23: En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Vers 24: Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Vers 26: En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
Vers 27: En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai, en teen daardie huis aangestorm, en dit het geval, en sy val was groot.
Matt 8 Vers 21; En een van Sy dissipels het vir Hom gesê: Here, laat my toe om eers te gaan en my vader te begrawe.
Vers 22: Maar Jesus sê vir hom: Volg My, en laat die dooies hul eie dooies begrawe. (Almal dus, wie nie vir Jesus volg, of volgens die gebooie lewe nie, is dooies. Hulle is lewende dooies, mense wat nie die ewige lewe gaan beërwe nie.)
Matt 9 Vers 11: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? en Jesus sê: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
Vers 13: Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê, en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Matt 11 Vers 28: En Jesus sê: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.
Vers 29: Neem My juk op julle, en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;
Vers 30: Want My juk is sag, en My las is lig.
Matt 12 Vers 30: Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.
Matt 12 Vers 34: Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
Vers 50: Want elkeen wat die wil doen van My Vader wat in die hemele is, die is My broer en suster en moeder.
Matt 15 Vers 11: Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
Vers 18: Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is die wat die mens onrein maak.
Vers 19: Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuies, lastertaal.
Vers 20: Dit is die dinge wat die mens onrein maak. Maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.
Matt 18 Vers 6: Maar elkeen wat een van hierdie kindertjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see.
Vers 7: Wee die wêreld vanweë die struikelblokke! want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom!
Vers 8: As jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê, en in die ewige vuur gewerp te word.
Vers 9: En as jou oog jou laat struikel, doen dieselfde.
Matt 18 Vers 15; En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen, dan het jy jou broeder gewin.
Vers 16: Maar as hy na jou nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.
Vers 17: En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hy vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
Vers 18: Alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemele ontbonde wees.
Vers 19: Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van My Vader wat in die hemele is.
Vers 20: Want waar twee of drie in My Naam vergader, daar is Ek in hulle midde.
Vers 21: En Petrus vra Hom: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? tot sewe maal toe?
Vers 22: En Jesus sê: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
Vers 35: So sal ook My hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.
Matt 19 Vers 16: En daar kom een na Jesus en sê vir Hom: goeie meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?
Vers 17: En Jesus sê vir hom: Waarom noem jy My goed? niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
Vers 20: Die jongman sê toe: Al hierdie dinge doen ek van my jeug af. Wat kom ek nog kort?
Vers 21: En Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed, en gee dit aan die armes; en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My.
Vers 22: Maar die jongman het bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
Matt 19 Vers 23: En Jesus sê vir Sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan.
Vers 24: En verder sê Ek vir julle: Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
Matt 19 Vers 29: En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.
Matt 20 Vers 26: Maar so moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
Vers 27: En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees;
Vers 28: Net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en Sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie.
Matt 22 Vers 4: Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, My maaltyd het ek berei, My beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. (Kom na Jesus.)
Vers 5: Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ‘n ander na sy handelsaak.
Vers 14: Want baie is geroep, maar min uitverkies.
Matt 22 Vers 36: Meester, wat is die groot gebod in die wet?
Vers 37: En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Vers 38: Dit is die eerste en groot gebod.
Vers 39: En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. (Moenie iets aan iemand doen wat jy nie jouself sal aandoen nie.)
Vers 40: Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
Matt 23 Vers 8: Maar julle, laat julle nie rabbi noem nie, want een is julle Leermeester: Christus. En julle is almal broeders.
Matt 23 Vers 9: En julle moet niemand op die aarde vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.
Vers 10: Julle moet jul ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle Leermeester: Christus.
Vers 11: Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.
Vers 12: Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Matt 23 Vers 23: Wee julle, skrifgeleerdes en fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle na: Die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
Mark 8 Vers 34: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem, en My volg.
Vers 38: Want elkeen wat hom vir My en My woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van Sy Vader met die heilige engele.
Mark 9 Vers 35: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.
Mark 10 Vers 21: En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort - gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op, en volg My.
Vers 22: Maar hy het treurig geword oor die woord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.
Mark 10 Vers 23: En Jesus sê: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit in die koninkryk van God ingaan!
Vers 43: Elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees.
Vers 44: En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.
Mark 11 Vers 22: Julle moet geloof in God hê.
Vers 23: Elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see - en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê sal gebeur - hy sal verkry wat hy sê.
Vers 24: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
Mark 11 Vers 25: En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
Vers 26: Maar as julle nie vergewe nie, sal jul Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
Mark 12 Vers 33: En om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en slagoffers.
Lukas 3 Vers 8: Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Vers 9: Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Vers 11; Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.
Vers 13: En die tollenaars moet nie meer invorder as wat hulle voorgeskrywe is nie.
Vers 14: En niemand geweld aandoen of afpers nie; en wees tevrede met jul soldy.
Luk 6 Vers 20: Toe slaan Hy Sy oë op oor Sy dissipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die Koninkryk van God.
Vers 2 1: Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
Vers 22: Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
Vers 23: Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
Luk 6 Vers 24: Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
Vers 25: Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
Vers 26: Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want julle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
Vers 27: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat julle haat.
Vers 30: Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.
Vers 34: En as julle leen aan die van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.
Vers 40: ‘n Leerling is nie bo sy meester nie, maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
Luk 8 Vers 2: Ook sekere vroue wat genees was van bose geeste en siektes het Hom gevolg, en baie ander vroue wat Hom almal met hulle besittings gedien het.
Luk 9 Vers 23: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg.
Vers 25: Wat baat dit die mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
Luk 9 Vers 52: En Jesus het boodskappers voor Hom uitgestuur, en hulle het in ‘n dorp van die Samaritane gekom om vir Hom klaar te maak.
Vers 53: En hulle wou Hom nie ontvang nie.
Vers 54: En Sy dissipels wou vuur uit die hemel laat neerdaal om hulle te laat verteer soos Elia gedoen het.
Vers 56: Maar Jesus wou nie, en sê: Ek het nie gekom om mense se lewe te verderf nie, maar te red.
Vers 61: En ‘n ander een het gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
Vers 62: Maar Jesus sê: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die Koninkryk van God nie.
Luk 10 Vers 5: En in watter huis julle ookal mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!
Vers 6: En as daar ‘n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.
Vers 7: Bly dan in daardie selfde huis, en eet en drink wat hulle het, want die arbeider is sy loon werd. Moenie van huis tot huis gaan nie.
Vers 8: Eet wat aan julle voorgesit word.
Luk 10 Vers 10: Maar as ‘n stad julle nie wil ontvang nie, gaan uit op sy strate en sê:
Vers 11: Selfs die stof wat uit julle stad aan ons kleef, vee ons vir julle af.
Luk 10 Vers 16: Wie na julle luister, luister na My. En wie julle verwerp, verwerp My, en wie My verwerp. verwerp Hom wat My gestuur het.
Vers 20; Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees eerder bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.
Luk 11 Vers 13: As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan jul kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
Vers 28: Salig is hulle wat die woord van God hoor, en dit bewaar.
Vers 36: As jou hele liggaam dan verlig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit heeltemal verlig wees.
Luk 12 Vers 2: En daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie; en verborge wat nie bekend sal word nie.
Vers 3: Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word. En wat julle in die oor gepraat het, in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
Vers 4: Moenie vrees vir die wat die liggam doodmaak nie, en daarna niks meer kan doen nie.
Vers 5: Vrees Hom, wat nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die Hel te werp!
Luk 12 Vers 25: En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg?
Vers 26: As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor ander dinge?
Vers 29: Julle moet ook nie soek wat om te eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie.
Vers 30: Want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
Vers 31: Maar soek die Koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Luk 12 Vers 33: Verkoop julle besittings, en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
Vers 34: Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Luk 13 Vers 24: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.
Luk 14 Vers 11: Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
Luk 14 Vers 12: Wanneer jy ‘n môre of middagete gee, moenie jou vriende nooi, of jou broers of bloedverwante of ryk bure nie, sodat hulle jou nie miskien eendag weer uitnooi en jy vergelding ontvang nie. (Dan het jy geen loon in die hemel daarvoor nie.)
Vers 13: Maar wanneer jy ‘n feesmaal gee, nooi armes, verminktes, kreupeles, blindes,
Vers 14: En jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges. (Wegraping.)
Luk 16 Vers 10: Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.
Vers 11: As julle dan nie getrou was in die onregverdige mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?
Vers 12: En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?
Vers 13: Jy kan nie God en mammon dien nie.
Luk 18 Vers 17: Voorwaar Ek sê vir julle: Elkeen wat die Koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Joh 5 Vers 39: Julle ondersoek die skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; (kennis alleen is nie goed genoeg nie. Doen!)
Joh 6 Vers 27: Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe wat die Seun van die mens julle sal gee.
Vers 35: Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
Vers 36: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Vers 37: Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
Joh 6 Vers 47: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Joh 6 Vers 63: Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is Gees en is lewe.
Joh 6 Vers 64: Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie.
Vers 65: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur My Vader gegee is nie.
Vers 70: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? (dissipels) en een van julle is ‘n duiwel!
Joh 7 Vers 5: Want ook Jesus se broers het nie in hom geglo nie.
Joh 7 Vers 19: En Jesus sê: Het Moses julle nie die wet gegee nie? en niemand van julle hou die wet nie.
Joh 8 Vers 12: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
Vers 24: Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.
Joh 14 Vers 6: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Han 26 Vers 20: En Paulus sê: Maar ek het eers aan al die mense, insluitende die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom, en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.
Rom 2 Vers 7: Aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek - die ewige lewe;
Vers 8: Maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is - grimmigheid en toorn;
Vers 9: Verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen.
Vers 10: Maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen.
Vers 11: Want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.
Rom 10 Vers 9: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word.
Vers 10: Want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
Vers 12: Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is die Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
Vers 13; Want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (As die predikante tog net vir julle wil sê watter Naam julle moet aanroep!)
Rom 11 Vers 22: Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: Gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
Rom 12 Vers 1: Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevalle offer - dit is julle redelike godsdiens.
Vers 2: En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Vers 3: Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie, maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.
Rom 12 Vers 4: Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,
Vers 5: So is ons almal saam een liggaam in Christus, en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
Vers 6: En ons besit genadegawes wat verskil.
Vers 7: Is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering.
Vers 8: Of vermaning, of uitdeling, of voorganger, of barmhartigheid met blymoedigheid.
Vers 9: Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan.
Vers 10: Wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning.
Vers 11: Wees nie traag in die ywer nie; wees vurig van gees; dien die Here;
Vers 12: Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
Vers 13: Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid.
Vers 14: Seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie;
Vers 15: Wees bly met die wat bly is, en ween met die wat ween.
Vers 16: Wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie.
Vers 17: Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense.
Vers 18: Leef in vrede met alle mense.
Rom 12 Vers 19: Moenie julle wreek nie, maar gee plek vir die toorn. want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
Vers 20: As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, iets om te drink, sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop.
Vers 21: Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
Rom 13 Vers 1: Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel. (Selfs in Suid Afrika. Ons word gestraf.)
Vers 2: Sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.
Vers 5: Daarom is dit noodsaaklik om jou te onderwerp, nie alleen ter wille van die straf nie, maar ter wille van die gewete.
Vers 6: Want daarom betaal julle ook belastings; want hulle is dienaars van God wat juis hiermee voortdurend besig is.
Vers 7; Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is; belasting, tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom.
Vers 8; Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.
Vers 9: Want die tien gebooie word in hierdie enkele woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Vers 12: Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapen van die lig aangord.
Vers 13: Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie.
Rom 13 Vers 14: Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
Rom 15 Vers 5: Wees eensgesind onder mekaar ooreenkomstig die wil van Christus Jesus.
Vers 6; Sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus uit een mond kan verheerlik.
Vers 7: Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God.
1 Kor 10 Vers 24: Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander.
11 Kor 6 Vers 14: Moenie in dieselfde juk trek saam met die ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
Vers 15: En watter ooreenstemming het Christus met belial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
Vers 16: Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Vers 17: Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, (apartheid) spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem.
11 Kor 8 Vers 7: Met betrekking tot die insameling vir die arm christene: Maar soos julle in alles oorvloedig is - in geloof en woord en kennis en alle ywer en julle liefde vir ons - sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is.
Vers 8: Ek sê dit nie as ‘n bevel nie, maar om deur die ywer van ander ook die egtheid van julle liefde op die proef te stel.
Vers 9: Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur Sy armoede ryk kan word.
Vers 11: Maar voltooi nou die daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees uit wat julle besit.
Vers 12: Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie.
Vers 13: Want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle verdrukking nie,
Vers 14: Maar dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tyd julle gebrek kan aanvul, sodat ook hulle oorvloed julle gebrek kan aanvul en daar gelykheid kan wees.
Vers 15: Soos geskrywe is: Hy wat baie gehad het, het nie te veel gehad nie; en hy wat weinig gehad het, het nie te min gehad nie.
11 Kor 9 Vers 6: Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai.
Vers 7: Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.
Gal 2 Vers 16: Terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
Vers 20: Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
Gal 3 Vers 6: Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
Vers 7: Julle verstaan dan, dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.
Vers 8: In Abraham sal al die volke geseën word.
Vers 10: Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.
Vers 13: Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang.
Vers 26: Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus.
Ga13 Vers 27: Want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Gal 3 Vers 28: Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
Vers 29: En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham, en volgens die belofte erfgename.
Ga14 Vers 4: Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet.
Vers 5: Om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
Vers 7: Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
Ga15 Vers 14: Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Vers 15: Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.
Vers 16: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.
Vers 17: Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
Vers 22: Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Gal 5 Vers 24: Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy begeerlikhede en hartstogte gekruisig.
Vers 25: As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
Gal 6 Vers 1: As iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy nie ook versoek word nie.
Vers 2: Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.
Efe 4 Vers 22: Dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan.
Vers 23: En dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed,
Vers 24: En julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
Vers 25: Daarom lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
Vers 26: Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie.
Vers 27: En gee aan die duiwel geen plek nie.
Vers 28: Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
Vers 29: Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
Vers 30: En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Efe 4 Vers 31: Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
Vers 32: Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
Efe 5 Vers 3: Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.
Vers 5: Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die Koninkryk van Christus en van God nie.
Vers 6: Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
Vers 7: Wees dan nie hulle deelgenote nie.
Vers 8: Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here - wandel soos kinders van die lig.
Vers 9: Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
Vers 10: En beproef wat die Here behaaglik is;
Vers 11: En hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.
Vers 12: Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.
Vers 13: Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.
Vers 14: Daarom sê Hy: Ontwaak jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
Vers 17: Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.
Efe 5 Vers 18: Moenie dronk word van wyn nie - daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
Vers 19: Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart tot eer van die Here
Efe 5 Vers 20: Terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,
Vers 21: En aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.
Fil 1 Vers 29: Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.
Fi12 Vers 3: Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
Vers 4: Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander sin.
Vers 5: Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
Vers 7: Hy het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword.
Vers 8: En in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.
Vers 9: Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n Naam gegee wat bo elke naam is,
Fi12 Vers 10: Sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is.
Vers 11: En elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Vers 13: Want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na Sy welbehae.
Vers 14: Doen alles sonder murmurering en teëspraak,
Vers 15: Sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld.
Vers 21: Want hulle soek elkeen hul eie belange, en nie die van Christus nie.
Kol 1 Vers 10: Sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei.
Ko12 Vers 6: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom.
Vers 7: Gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.
Kol 3 Vers 2: Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Vers 4: Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
Vers 5: Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is.
Ko13 Vers 8: Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
Vers 9: Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het.
Kol 3 Vers 11: Waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, scith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
Vers 12: Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferminge, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
Vers 13: Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het, soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
Vers 14: En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
Vers 16: Laat die Woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
Vers 17: En wat julle ookal doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Heb 12 Vers 14: Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.
Heb 13 Vers 1: Die broederliefde moet bly.
Vers 2; Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
Vers 3: Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het.
Heb 13 Vers 4: Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
Vers 5: Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Vers 9: Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie.
Jak 1 Vers 22: En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
Vers 25: Want hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Jak 2 Vers 1: Laat julle geloof in onse Here Jesus Christus nie wees met aanneming van die persoon nie.
Vers 2: Want as daar in julle vergadering ‘n man inkom met goue ringe aan die vingers, met ‘n pragtige kleed aan, en daar kom ook ‘n arm man in met vuil klere aan,
Vers 3: En vir die ryk man op ‘n goeie plek laat sit, en die arm man sê julle: Gaan jy daar staan of sit hier onder my voetbank –
Vers 4: Het julle dan nie by julleself onderskeid gemaak en regters met verkeerde oorlegginge geword nie?
Vers 5: Het God nie die armes van hierdie wêreld uitverkies as rykes in die geloof en erfgenames van die Koninkryk nie?
Vers 6: Is dit nie juis die rykes wat julle voor die regbanke sleep nie?
Vers 9: As julle partydig is, doen julle sonde, en is oortreders van die wet.
Vers 10: Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
Jak 2 Vers 15: As daar nou ‘n broeder of suster naak is, en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
Vers 16: En een uit julle sou vir hulle sê: gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie - wat baat dit?
Vers 24: Sien julle nou dat die mens geregverdig word uit die werke, en nie alleen uit die geloof nie?
Vers 26: Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood.
Jak 4 Vers 8: Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!
Vers 9: Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word, en julle blydskap in bedruktheid.
Vers 10: Verneder julle voor die Here en Hy sal julle verhoog.
Vers 13: Kom nou, julle wat sê: Môre gaan ek dit of dat doen...
Vers 14: Julle wat nie eers weet wat môre gaan gebeur nie.
Vers 15: In plaas dat julle sê: As die Here wil, en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.
Vers 17: Wie dan weet om goed te doen, en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.
1 Pet 1 Vers 13; Daarom, omgord die lendene van jul verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
Vers 14: Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetenheid bestaan het nie.
Vers 15: Maar soos Hy wat julle geroep het, Heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel Heilig word,
Vers 16: Omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is Heilig.
1 Pet 2 Vers 2: En verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die Woord, dat julle daardeur kan opgroei.
1 Pet 3 Vers 9: Vergeld geen kwaad met kwaad of skelwoorde met skelwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
Vers 10: Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
Vers 11: Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
1 Pet 3 Vers 12: Want die oë van die Here is op die regverdiges en Sy ore tot hulle gebed, maar die Aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
Vers 14: Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie.
1 Pet 4 Vers 10: Namate elkeen ‘n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee bedien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.
1 Joh 5 Vers 3: Want dit is die liefde tot God, dat ons Sy gebooie bewaar; en Sy gebooie is nie swaar nie.
11 Joh 1 Vers 7: Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die antichris.
Vers 10: As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
Vers 11: Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
111 Joh 1 Vers 11: geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.
Deut 5 Vers 2: Die Here onse God het by Horeb met ons ‘n verbond gesluit.
Vers 3: Met ons vaders het die Here hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat vandag hier almal in die lewe is.
Jer 6 Vers 16: So spreek die Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir jul siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie. Jer 18 Vers 15: Nogtans het My volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; die het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, ‘n ongemaakte pad.
Ma14 Vers 4: Dink aan die wet van Moses, my kneg, insettinge en verordeninge.
Luk 16 Vers 17: Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
Vers 18: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
Rom 7 Vers 7: Is die wet sonde? nee! inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
Pred 11 Vers 9: Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.
Vers 10: En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
Pred 12 Vers 1: En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie –
Han 14 Vers 17: AI het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee, en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.
Pred 9 Vers 9: Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son - al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.
Spr 20 Vers 13: Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.
Spr 6 Vers 6: Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!
Vers 7: Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,
Vers 8: Maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.
Vers 9: Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?
Vers 10: Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande vou om uit te rus!
Vers 11: So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.
Spr 22 Vers 13: Die luiaard sê: Daar is ‘n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!
Spr 26 Vers 14: Die deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.
Vers 16: Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
Rom 14 Vers 10; Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? of jy ook, waarom verag jy jou broeder? want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.
Vers 12: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
Vers 13; Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dit liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.
Vers 15: Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.
Vers 17: Want die Koninkryk van God is nie spys of drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
Rom 14 Vers 20: Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
1 Kor 13 Vers 1: Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword.
Vers 2: En al sou ek die gawe van profesie hê en al die geheimenisse weet en al die kennis, en al sou ek al die geloof hê, sodat ek berge kon versit, en ek het nie die liefde nie, dan sou ek niks wees nie.
Vers 3: En al sou ek my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
Vers 4: Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie.
Psalm 37 Vers 5: Laat jou weg aan die Here oor, en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer.
Openb 22 Vers 14: Salig is hy wat die gebooie onderhou, sodat hy kan reg hê op die boom van die lewe, en ingaan deur die poorte in die stad.
Vers 15: Geen sondaar sal in die stad kan ingaan nie, geen towenaars, hoereerders, moordenaars, afgodedienaars of iemand wat leuens liefhet nie
Vers 16: Ek, Jesus het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle bekend te maak.
Vers 17: En God en Jesus en die Heilige Gees sê kom! en laat hom wat hoor sê kom! en laat hom wat dors het kom, en laat hom wat wil, die water van die lewe neem - verniet!
(Ons lewe nou in die tyd wat Jesus gaan kom. In die meeste van ons se leeftyd ! ‘n Dag is vir God soos ‘n duisend jaar en 'n duisend jaar soos een dag.
in die jaar 2000 is 6000 jaar verstreke vanaf die tyd van Adam. God doen baie keer dinge in sewes. Die 1000 jaar van vrede sal dus ook die sewende "dag" wees. Jesus sê Hy kom net na 2 dae terug, dus na die jaar 2000. Dit is nou 2010 Dit is BAIE naby.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking