Saterdag 20 Maart 2010

Selfmoord



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Fil 1 Vers 2 1: Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
Vers 23: Want ek word van weerskante gedring: Ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste.
Gen 30 Vers 1: En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baar nie, het sy jaloers geword op haar suster en aan Jakob gesê: gee vir my kinders anders sterf ek.
Rigt 9 Vers 54: Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en sê vir hom: trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan sê: ‘n vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.
1 Sam 31 Vers 4: En Saul het aan sy wapendraer gesê: trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, anders kom hierdie onbesnedenes en deurboor my en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.
Vers 5: Toe sy wapendraer sien dat hy dood was, het hy self ook in sy swaard geval en saam met hom gesterf.
11 Sam 1 Vers 6: Daarop sê die jongman wat die boodskap aan Dawid gebring het: Saul het op sy spies geleun terwyl die vyande hom agtervolg.
Vers 9: Daarop sê hy vir my: kom staan tog by my en maak my van kant, omdat ‘n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.
Vers 10: En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak.
Vers 15: Daarop roep Dawid een van die jongmanne en sê: kom nader, val op hom aan! en die het hom neergeslaan dat hy gesterf het.
11 Sam 17 Vers 23: En toe Agitofel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself verwurg. So het hy dan gesterwe, en is begrawe in die graf van sy vader.
1 Kon 16 Vers 18: Net toe koning Simri sien dat die stad ingeneem is, het hy in die vesting van die koning se huis ingegaan en die huis van die koning bo-op hom aan die brand gesteek, sodat hy gesterf het.
11 Kon 8 Vers 15: Toe Hasael by koning Benhadad kom, lieg hy: Elisa het gesê: U sal gesond word. Maar die volgende dag het hy die bedsprei geneem en dit in water gesteek en dit oor sy gesig uitgesprei, sodat hy gesterf het.
Matt 27 Vers 3: Daarna het Judas, Jesus se verraaier, toe hy sien dat Hy veroordeel was, berou gekry en die dertig silwer stukke teruggebring na die owerpriesters en ouderlinge.
Vers 4: En gesê: ek het gesondig deur onskuldige bloed te veraai. Maar hulle sê: Wat gaan dit ons aan? jy kan toesien!
Vers 5: En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself opgehang.
Joh 12 Vers 25: Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.
1 Kor 13 Vers 3: En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
Heb 12 Vers 5: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie, en beswyk nie as jy deur hom bestraf word nie.
Vers 6: Want die Here tugtig hom wat hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
Vers 7: As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
Vers 8: Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
Vers 11: Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.
Vers 12: Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;
Vers 13: En maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar Iiewer gesond gemaak word.
Jak 1 Vers 12: Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Vers 13: Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Vers 14: Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Vers 15: Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. (Moet dus nie val vir versoeking nie!!!)
Job 5 Vers 17: Kyk, gelukkig is die man wat (vir wie) God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Vers 18: Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar Sy hande maak gesond.
Spr 6 Vers 23: Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe.
Spr 11 Vers 31: As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
11 Kor 2 Vers 5: Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy My nie bedroef nie, maar julle almal.
Vers 6: Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg;
Vers 7: Sodat julle hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur alte groot droefheid verteer word nie.
Vers 8: Daarom vermaan Ek julle om die liefde aan hom te bevestig.
11 Kor 4 Vers 8: In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie.
Vers 9: Vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
1 Joh 2 vers 15: Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
Vers 16: Want alles wat in die wêreld is - die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe - is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
Jona 4 Vers 3: o Here, neem dan nou tog my siel van my weg, want dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
Matt 18 Vers 6: En Jesus sê: Maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. (Hierdie versie sê ‘n mondvol. Dit is dus beter om jou eie lewe te neem as om iemand te verlei bv agter ander gode aan, en in die Hel te beland. Dit sê ook vir my dat selfmoord jou nie noodwendig in die Hel sal laat beland nie. Let op die woordjie beter hierbo. )
Vers 9: En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: