Saterdag 20 Maart 2010

Kortgebonde of kwaad word



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Spr 14 Vers 29: Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
Spr 15 Vers 1: ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.
Vers 2: Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
Vers 18: ‘n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
Spr 16 Vers 32: Die lankmoedige is beter as ‘n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ‘n stad inneem.
Spr 17 Vers 1: Beter is ‘n stuk droë brood en rus daarby as ‘n huis vol offermaaltye met getwis.
Vers 13: Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.
Vers 14: Die begin van ‘n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
Spr 17 Vers 27: Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is ‘n man van verstand.
Vers 28: Selfs ‘n sot sal, as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
Spr 18 Vers 7: Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ‘n strik vir sy lewe.
Spr 19 Vers 19: Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.
Spr 20 Vers 3: Dit is ‘n eer vir ‘n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.
Vers 22: Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! wag op die Here, dat Hy jou help.
Spr 22 Vers 24: Verkeer nie met ‘n driftige man nie, en met ‘n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie.
Spr 25 Vers 28: ‘n Afgebreekte stad sonder muur, so is ‘n man wat sy gees nie kan inhou nie.
Spr 26 Vers 51: Antwoord ‘n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.
Spr 26 Vers 2 1: Soos kole die gloed, en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits.
Spr 29 Vers 20: Het jy ‘n man gesien wat haastig is in sy woorde? vir ‘n dwaas is daar meer hoop as vir hom.
Ko12 Vers 18: Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid.
Jak 1 Vers 19: Elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
Vers 20: Want die toorn van ‘n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.
Jak 3 Vers 2: Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
Vers 5: Net so ook is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge - kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand.
Vers 6: Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.
Vers 8: Maar die tong kan geen mens tem nie, dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
Vers 9: Daarmee loof ons God die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
Vers 10: Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit behoort nie so te wees nie.
Vers 11: ‘n Fontein kan tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
Jak 1 Vers 26: As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Psalm 82 Vers 30: Twis nie sonder oorsaak met ‘n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
Matt 12 Vers 34: Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
Matt 15 Vers 11: Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.
Vers 18: Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is die wat die mens onrein maak.
Vers 19: Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuies, lastertaal.
Efe 4 Vers 3 1: Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
Vers 32: Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.
Kol 3 Vers 8: Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
1 Pet 3 Vers 9: Vergeld geen kwaad met kwaad of skelwoorde met skelwoorde nie, maar seën inteendeel, omdat julle weet dat julle hiertoe geroep is, sodat julle seën kan beërwe.
Vers 10: Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: