Saterdag 20 Maart 2010

"Drugs", heroien, lsd, verdowingsmiddels, rook, drank



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Jes 28 Vers 1: Wee die trotse kroon van die dronkaards van Efraim, en wee die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal van hulle wat deur die wyn verslaan is. (heroien?)
Vers 2: Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos ‘n haelstorm, ‘n storm vol verwoesting, soos ‘n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.
Vers 3: Met voete sal vertrap word die trotse kroon van die dronkaards van Efraim. (Die poppie blom waaruit heroien gemaak word het ‘n kroon.)
Vers 4: En die blom wat verwelk, sy pronksieraad, wat daar is op die top van die vrugbare dal, sal wees soos ‘n voorvy voor die vrugteoes: Iemand sien dit skaars of, terwyl dit nog in sy hand is, sluk hy dit weg. (Verslaafdes)
Pred 11 Vers 9: Verbly jou, o jongeling, in jou jeug en laat jou hart jou vrolik maak in die dae van jou jonkheid; en wandel in die weë van jou hart en in die aanskouing van jou oë; maar weet dat God jou oor al hierdie dinge in die gerig sal bring.
Vers 10: En weer verdriet uit jou hart, en hou die kwale weg van jou liggaam, want die jeug en die jonkheid is nietigheid.
Pred 10 Vers 17: Gelukkig is jy o land, as jou koning ‘n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos mense en nie soos drinkers nie.
Spr 20 Vers 1: Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.
Spr 23 Vers 20; wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.
Vers 21; Want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.
Vers 29: By wie is ag! by wie is wee my! by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
Vers 30: By die wat laat opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
Vers 31: Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie;
Vers 32: Op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.
Vers 33: Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
Vers 34: En jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.
Vers 35: Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!
Vers 36: Wanneer sal ek wakker word? dan sal ek dit weer opnuut soek.
Jes 5 Vers 11: Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag laat opbly terwyl die wyn hulle verhit.
Jes 5 Vers 22: Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng;
Jes 28 Vers 7: En ook die manne hier wankel deur die wyn en waggel deur sterk drank; priester en profeet wankel deur sterk drank, hulle is verward van die wyn, hulle waggel van sterk drank, hulle wankel as hulle gesigte sien, hulle waggel by die regspraak.
Habakuk 2 Vers 15: Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou.
Vers 16: Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer - drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die Here omgaan, en skande tref jou eer.
1 Kor 3 Vers 16: Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?
Vers 17: As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.
11 Pet 2 Vers 19: Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: