Saterdag 20 Maart 2010

Waar woon God?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 3 Vers 8: Daarom het Ek neergedaal om hulle te verlos.
Openb 21 vers 10: En Hy het my in die gees weggevoer en die heilige Jerusalem getoon, wat uit die hemel van God neerdaal.
11 Sam 22 vers 7: Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit Sy paleis het Hy my stem gehoor. (God woon in 'n paleis in die hemel.)
11 Kron 6 vers 18: Maar sou God werklik by die mense op die aarde woon? Die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het!
11 Kron 30 vers 27: Toe staan die Levietiese priesters op en seën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle en hulle gebed het gekom tot in Sy heilige woning, tot in die hemel.
Job 22 vers 12: Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.
Psalm 11 vers 4: Die Here is in Sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; Sy oë sien, Sy ooglede toets die mensekinders.
Psalm 18 vers 7: Hy het my stem uit Sy paleis gehoor.
Psalm 33 vers 13: Die Here kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.
Vers 14: Uit Sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde.
Psalm 102 vers 20: Omdat Hy van Sy heilige hoogte neergesien het, die Here uit die hemel op die aarde gelet het,
Psalm 118 vers 5: Uit die benoudheid het ek die Here aangeroep; Die Here het my verhoor in die ruimte.
Pred 5 vers 1: Want God is in die hemel, en jy op die aarde.
Jes 14 vers 13: En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. (Daar is 'n berg en 'n paleis, dus 'n planeet.)
Vers 14: Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: