GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Kon 8 Vers 22: Toe het Salomo voor die altaar van die Here gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel. En gebid:
Vers 35: As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid, en U Naam bely, (Ons boere weet nie wat is Sy Naam nie) en van hulle sonde hulle bekeer,
Vers 36: Wil U dan hoor in die hemel, en die sonde vergewe, en gee reën op U land.
Vers 37: As daar hongersnood is in die land, pes, brandkoring, heuningdou, sprinkane, of kaalvreters is, of sy vyand hom in sy poorte benoud maak, watter plaag, watter siekte ookal,
Vers 38: Enige gebed, enige smeking wat enigeen sal dien, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei -
Vers 39: Wil U dan hoor in die hemel.
Vers 41: Ja, ook die uitlander wat nie van U volk is nie, en uit ‘n ver land ter wille van U Naam kom -
Vers 42: As hy kom en bid na hierdie huis toe –
Vers 43: Wil U dan hoor uit die hemel, U vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat die volke van die aarde U Naam mag ken, en gewaar word dat U Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.
Vers 46: As ‘n volk uittrek teen die vyand, en hulle het gesondig, en U gee hulle oor en hulle word weggevoer,
Vers 48: En hulle hul tot U bekeer met hul hele hart en siel, en hulle bid tot U in die rigting van hulle land en die huis wat ek vir U Naam gebou het,
Vers 50: Vergeef hulle dan.
Vers 54: Toe het Salomo opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei.
1 Kon 9 Vers 3: Toe verskyn die Here aan Salomo en sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smekinge gehoor wat jy voor My aangesig uitgespreek het: Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur My Naam daar te vestig tot in ewigheid: en My oë en My hart sal altyd daar wees.
11 Kron 7 Vers 1 2 - 20: Ek het jou gebed gehoor. As Ek die hemel toesluit, dat daar geen reën is nie, of die sprinkaan of die pes stuur, en My volk My roep, en hulle bekeer, dan sal Ek in die hemel hoor en hulle land genees en hulle sonde vergewe. Nou sal My oë oop wees en My ore luister na die gebed van hierdie plek. Maar as julle afkerig word en My gebooie nie onderhou nie, dan sal Ek julle uitruk uit My land. En hierdie huis wat Ek vir My Naam geheilig het, sal Ek van My aangesie wegwerp.
1 Kon 23 Vers 27: En die Here het gesê: Ek sal Juda ook van My aangesig verwyder soos Ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.
Psalm 124 Vers 2: As die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,
Vers 3: Dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het.
Vers 8: Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.
Psalm 142 vers 2: Hardop roep ek die Here aan, hardop smeek ek die Here.
Psalm 143 Vers 6: Ek brei my hande tot U uit;
Jer 29 Vers 13: En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
Jer 33 Vers 3: Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
Matt 6 Vers 5: En wanneer julle bid, moenie op die hoeke van strate en in die sinagoges bid soos die geveinsdes nie, sodat almal hulle kan sien nie.
Vers 6: Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Vers 7: Gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word.
Vers 8: Moet dan nie soos hulle word nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.
Vers 9: So moet julle dan bid:
Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word; laat U koninkryk kom; laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.
Vers 11: Gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. Want aan U behoort die koninkryk, en die krag, en die heerlikheid, tot in ewigheid, amen.
Matt 21 Vers 2 1: Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see - sal dit gebeur.
Vers 22: En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.
Luk 6 Vers 12: En Hy het in daardie dae uitgegaan na die berg om te bid en die nag in die gebed tot God deurgebring.
Han 27 Vers 21: En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus gesê: Julle moes na my geluister het, dan sou julle die ramp en skade bespaar het.
Vers 22: Maar hou moed, niemand sal sy lewe verloor nie, maar slegs die skip sal verlore wees.
Han 27 Vers 33: En teen die tyd dat dit dag sou word, het Paulus almal op die skip aangemoedig om voedsel te gebruik en gesê: Dit is vandag die veertiende dag dat julle in afwagting bly vas sonder om iets te gebruik.
Vers 34: Daarom raai ek julle aan om voedsel te neem, want dit dien tot julle behoud; want van niemand onder julle sal ‘n haar van sy hoof val nie.
Vers 36: En hulle het almal moed geskep en voedsel geneem.
Mark 11 Vers 25: En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe.
Vers 26: Maar as julle nie vergewe nie, sal jul Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking