Sondag 21 Maart 2010

Voorwoord en Global Warming


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

4 JULIE 1990.
Die ou vertaling is gebruik omdat die nuwe Bybels verander is om die huidige regering te pas.
Jes 29 vers 11: So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ‘n verseëlde boek wat hulle aan iemand gee wat kan lees, maar hy kan nie, want dit is verseël.
Mark 10 vers 15: Voorwaar Ek sê vir julle: Elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Matt 18 vers 3: En Jesus sê: Voorwaar Ek sê vir julle: As julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! (Lees en verstaan dus asb die Bybel soos ‘n kind, dan sal u volkome verstaan.)
1 Kor 3 Vers 18: Laat niemand homself mislei nie; as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word. (Moenie betekenisse agter die Woord van God soek nie, lees en verstaan dit soos dit is.)
1 Tim 6 vers 3: As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die Godsaligheid is nie,
Vers 4: Die is verwaand en verstaan niks nie, maar met ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog.
Vers 5: Nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die Godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
Efe 4 vers 18: Mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart.
Hos 14 vers 10: Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; En die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
Eseg 20 vers 49: Toe sê ek: Ag, Here Here, hulle sê vir my: Spreek Hy nie altyd in gelykenisse nie?
Matt 13 vers 11: Toe sê Jesus: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Vers 13: Daarom spreek ek tot hulle in gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
1 Kor 1 vers 14: Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; Want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie.
11 Kor 4 vers 3; Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan.
Vers 4: Naamlik die ongelowiges in wie die God van hierdie Wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Jes 42 vers 23: Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?
Spr 22 vers 19: Dat jou vertroue op die Here mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja vir jou.
Job 32 vers 8: Maar dit is die Gees in die mens en die Asem van die Almagtige wat julle verstandig maak.
Vers 9: Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
Job 12 vers 11: Moet die oor nie die woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
Spr 3 vers 32: Want die verkeerde is vir die Here ‘n gruwel, maar Sy verborgenheid is met die opregtes.
(Daar is honderde soorte gelowe, en almal dink hulle is reg. O, u behoort aan een van die grootste kerke? Almal kan tog nie verkeerd wees nie? Miskien word u ontnugter. Ek vra u om self die Woord te ondersoek, en self te besluit. Alles wat hierin staan kom uit die Bybel. Ek self behoort nog my hele lewe aan een van die susterkerke, maar nadat ek self die Bybel ondersoek het, was ek geskok. Vir vyf-en-veertig jaar is ek verkeerd geleer.
Die drie susterskerke NG, NH en Gereformeerd asook die Rooms-Katoliek, en baie ander kerke glo net wat hulle wil in die Bybel, die ander is kamstig beeldspraak. Dit staan so in die Bybel dat jy moet lees en verstaan soos ‘n kind, anders sal jy nie verstaan nie. Bogenoemde kerke glo bv nie aan die merk van die dier (666) op die hand of die voorhoof, of die wegraping van die christene uit die verdrukking wat voorlê, of die duisend jaar van vrede, waar Jesus self sal regeer oor die Aarde vir ‘n duisend jaar nie, ook nie dat ons na die wederkoms op die aarde saam met Jesus sal bly vir ‘n duisend jaar nie, en nog baie ander belangrike dinge. Die NG glo bv ons lewe nou in die 1000 jaar van vrede. Indien dit vrede is, wil ek nie die teenoorgestelde beleef nie. Dit is maar net ‘n paar van die dinge wat in die Bybel staan, waaraan baie kerke nie glo nie. Hulle steek ook die Naam van ons God vir ons weg, terwyl die Bybel se dat almal wat My Naam aanroep sal gered word. Hy gaan jou nie hoor as jy God God of Here Here roep nie, Daar is honderde afgode in die wereld. Dit is verstommend. Kan elke mens dus maar glo net wat hy wil, en hoop hy word gered? Nee, duisend maal nee! Ondersoek self die Bybel, en leef volgens Sy wet en Woord. Slegs dan sal u gered word. Hierdie kans word u nou gegun. U het geen verskoning nie.)
Psalm 74 vers 9: Ons sien nie ons tekens nie, daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
2 Pet 1 vers 19: En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos ‘n lamp wat in die donker skyn.
Dan 10 vers 21: Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die Boek van die waarheid.
Spr 14 vers 12: Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. (Die susterskerke - volgens hulle kan jy maar die 666 aanvaar want Jesus het vir jou gesterf.)
(Let asb daarop dat elke woord in die Bybel nie hier voorkom nie, en dat die doel hiervan slegs is om die Bybel aan die gewone christen bekend te maak in verstaanbare taal. Dit vervang nie u Bybel nie!)
Dan 12 vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar slegs die verstandiges sal verstaan.
1 Kor 1 vers 26: Want let op julle roeping, broeders, julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie.
Vers 27: Maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam, en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam.
Dan 9 vers 6: En ons het nie geluister na U knegte, die profete, wat in U Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.
Dan 12 vers 4: Naby die eindtyd sal die kennis vermeerder en mense sal die waarheid soek.

(Mag die Vader u seën sodat u kan verstaan, omdat slegs die wie se name opgeskryf is in die Boek van die Lewe sal verstaan.) Johann Pistorius.


DROOGTE, HONGERSNOOD EN WATER SKAARSTE WAT KOM
(GLOBAL WARMING)

Jes 3 Vers 1: Want kyk, die Here sal uit Jerusalem en Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water. (Hongersnood soos nog nooit voorheen nie. Dit moet verskriklik wees, want daar was al 'n hongersnood waar ouers hul kinders opgeëet het. Hierdie een gaan erger wees!)
Vers 24:Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, (Geen water om in te was) en in plaas van ‘n gordel ‘n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ‘n pronkgewaad ‘n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.
Jes 5 Vers 6: En Ek sal dit ‘n wildernis maak: Dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.
Vers 10: Want tien morg wingerd sal een enkele bat oplewer, en ‘n homer saad sal ‘n efa opbring. Jes 9 Vers 18: Deur die grimmigheid van die Here van die leërskare staan die land in vlamme, en het die volk geword soos ‘n prooi van die vuur. Die een spaar die ander nie.
Vers 19: En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm.
Jes 10 Vers 16: Daarom sal die Here onder sy vettes ‘n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy ‘n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.
Vers 17: En dit sal sy dorings en sy distels verbrand en verteer op een dag. (Die Son gaan sewe maal warmer wees.)
Vers 18: Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer ‘n kranke wegkwyn.
Jes 10 Vers 19: En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en ‘n seuntjie sal hulle kan opskrywe.
Jes 13 Vers 8: En hulle is verskrik, kry krampe en weë, hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan: Hulle gesigte is vlammende gesigte.
Jes 13 Vers 19: So dan sal Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.
Vers 20: Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herder sal hul vee daar laat lê en rus nie.
Jes 14 Vers 30: En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal ook so doodgemaak word
.
Vers 31: Huil, o poort! skreeu, o stad! bewe, o ganse land van die Filistyne! want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.
Jes 15 Vers 1: Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! waarlik, in die nag is KirMoab verwoes, vernietig!
Vers 6: Want die waters van Nimrim word ‘n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.
Jes 16 Vers 10: En die vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.
Jes 17 Vers 4: En in die dag sal die heerlikheid van Jakob (Israel, die 12 uitverkore volke) gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer. (Hongersnood.)
Jes 19 Vers 5: En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê (Die Nyl.)
Vers 6: En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog, riet en biessies sal verwelk.
Vers 7: Die weivelde by die Nyle, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai, en nie meer wees nie.
Vers 8: En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette oor die waters uitsprei, sal verkwyn.
Vers 9: En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
Vers 10: En sy steunpilare word verbrysel, almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
Jes 24 Vers 4: Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag. (Van dors en hitte.)
Vers 6: Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Vers 7: Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.
Vers 8: Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op. Weg is die vreugde van die siter.
Jes 24 Vers 9: Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
Jes 24 Vers 10: Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.
Jes 24 Vers 11: Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban. (Die hele aarde)
Jes 30 Vers 26: En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die Here die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.
Jes 33 Vers 12: Dan word die volke ‘n kalkbrandery, afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.
Jes 35 Vers 7: En die gloeiende grond sal ‘n waterplas word, (In die 1000 jaar van vrede)
Jes 44 Vers 10: ‘n Jaar en ‘n paar dae - en julle sal sidder, sorgelose dogters! want dit is gedaan met die druiweoes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.
Jes 47 Vers 14: Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie.
Lev 26 Vers 18: En as julle dan nog nie na My luister nie,
Levit 26 Vers 19: En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
Vers 20: En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
Vers 26: As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie. (Ons is nou al op hierdie stadium. Hoeveel vettes is tussen ons?)
Vers 27: As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My verset,
Vers 28: Sal Ek My in grimmigheid teen julle verset, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.
Vers 29: En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
Jer 2 Vers 16: Ook skeer die kinders van Nof en Tagpanhes jou die hoofskedel kaal.(Atoom bestraling?)
Jer 14 Vers 4: Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, (3.5 jaar geen reën nie.) kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.
Vers 5: Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie.
Vers 6: En wilde esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie. (Die twee profete in sakke bekleed sal die laaste 3.5 jaar die reën terughou.)
Jer 16 Vers 2: Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.
Vers 3: Want so sê die Here van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:
Vers 4: Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal mis op die grond wees, en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van diê hemel en die wilde diere van die aarde.
Jer 49 Vers 27: En Ek sal ‘n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van Benhadad verteer.
Jer 50 Vers 32: Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; en ek sal ‘n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.
Vers 38: Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! want dit is ‘n land van gesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.
Vers 39: ‘n Mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie.
Jer 51 Vers 36: Daarom, so sê die Here: Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
Deut 32 Vers 24: As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.
Hos 8 Vers 14: Omdat Israel sy maker vergeet en paleise (mooi groot huise) gebou het, en Juda ‘n menigte versterkte stede, daarom sal ek ‘n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.
Hos 9 Vers 2: Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.
Hos 13 Vers 15: Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom ‘n oostewind, ‘n wind van die Here, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Die sal ‘n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof. (Hulle gaan water koop met goud en silwer voorwerpe.)
Hos 19 Vers 16: Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
Eseg 20 Vers 47: En sê aan die bos van die suidland: Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die suidland af tot die noorde toe;
Vers 48: En alle vlees sal sien dat Ek, die Here, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.
Joel 1 Vers 10: Die veld is verwoes, die akkerland treur, die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.
Vers 11: Die oes op die land is verlore.
Vers 12: Die wingerdstok het verdor, die vyeboom verwelk, ook die palm en die appelboom. AI die bome van die land het verdor.
Vers 17: Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.
Vers 18: Hoe sug die vee! die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.
Joël 1 Vers 19: Tot U, o Here, roep ek, want ‘n vuur het die weiveld van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
Vers 20: Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog.
Joel 13 Vers 7: Ek sal ‘n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
Vers 8: En Ek sal die inwoners van Asdod uitroei en die wat die septer dra uit Askelon. Ek sal My hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom.
Vers 10: Ek sal ‘n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
Vers 12: Ek sal ‘n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
Vers 13: Oor die kinders van Ammon, omdat hulle die swanger vroue van Gilead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei,
Vers 14: Daarom sal ek ‘n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in ‘n storm op die dag van die orkaan.
Amos 1 Vers 4; Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in die huis van Hasael en dit sal die paleise van Benhadad verteer.
Amos 2 Vers 1: Omdat Moab die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het, daarom sal ek ‘n vuur slinger in Moab en dit sal die paleise van Kerijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe.
Vers 3: En al die vorste saam met die regeerder doodmaak.
Vers 4: Omdat hulle die wet van die Here verwerp het. (Jy mag nie iemand laat veras nie. Jy moet hom begrawe.),
Vers 5: Sal ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.
Amos 8 Vers 13: In die dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk
Obadja 1 Vers 15: Want die dag van die Here is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word. Jou daad sal op jou hoof neerkom.
Vers 18: Dan sal die huis van Jakob ‘n vuur wees, en die huis van Josef ‘n vlam, maar die huis van Esau ‘n stoppel; en die sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die Here het dit gespreek.
Mal 4 Vers 1: Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die Here, sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
Openb 7 Vers 1: Daar sal geen wind waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
Openb 11 Vers 3: En Ek sal twee profete gee wat in sakke bekleed sal wees, en hulle sal eenduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank profeteer. (Drie en ‘n half jaar. Die laaste 3.5 jaar voordat Jesus kom))
Openb 11 Vers 6: Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hul profesie geen reën sal val nie. (Vir drie en ‘n half jaar! ‘n droogte en hongersnood soos nog nooit tevore nie!) en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander, en om die aarde te tref met allerhande plaë so dikwels as hulle wil.
Openb 16 Vers 8: Vierde plaag: Die son sal die mense met ‘n groot hitte skroei.
Vers 12: Sesde plaag: Die groot Eufraat rivier sal opdroog, en dit sal ook die pad wees vir die konings van die ooste om gedurende die 1000 jaar van vrede op te trek na Jerusalem.
Jes 5 Vers 11: Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag laat opbly terwyl die wyn hulle verhit.
Vers 12: En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die Here gee hulle geen ag nie, en die werk van Sy hande sien hulle nie.
Vers 13: Daarom gaan My volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: