Sondag 21 Maart 2010

Het jy ‘n beskermengel?


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Psalm 91 Vers 1: Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.
Vers 4: Hy sal jou dek met Sy vlerke, en onder Sy vleuels sal jy skuil; Sy trou is ‘n skild en pantser.
Vers 5: Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie.
Vers 6: Vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!
Psalm 91 Vers 7: Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand - na jou sal dit nie aankom nie.
Vers 8: Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.
Vers 9: Want U, o Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou toevlug gemaak.
Vers 10: Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;
Vers 11: Want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.
Vers 12: Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.
Vers 13: Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.
Vers 14: Omdat hy My liefhet, spreek God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy My Naam ken. (Wat is ons God se Naam? Vra jou predikant. Hulle steek dit vir ons weg.)
Vers 15: Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.
Vers 16: Met lengte van dae sal ek hom versadig, en Ek sal hom My heil laat sien.
Jes 30 Vers 21: En jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
Jes 50 Vers 8: Hy is naby wat my reg verskaf. Wie wil met my ‘n regsaak begin? - laat ons saam optree! wie is my teëparty? Laat hom nader kom na my toe.
Vers 9: Kyk, die Here Here help my: Wie is dit wat my kan veroordeel? kyk, hulle sal almal verslyt soos ‘n klee; die mot sal hulle eet.
Jes 50 Vers 10: Wie is daar onder julle wat die Here vrees, wat na die stem van Sy kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? laat hy vertrou op die Naam van die Here en steun op sy God!
Matt 18 Vers 10: Pas op dat julle nie een van hierdie kindertjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die Aangesig sien van My Vader wat in die hemele is.
Joh 5 Vers 30: Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek;
Rom 11 Vers 4: Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor baal nie gebuig het nie. (Hoe het God geweet wie is die manne? Daar was meer as 100,000. Ons word dus almal dopgehou deur iemand of iets of ‘n engel. Elke daad van ons sal later bekend wees by God, op die oordeelsdag. Of dit nou ‘n goeie of slegte daad was, alle dade.)
Pred 5 Vers 7: As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land - verwonder jou nie oor die saak nie, want ‘n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle. (Praat hier van hemelse wesens.)
Vers 25: Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
Vers 26: Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
Job 5 Vers 19: In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
Vers 20: In hongersnood verlos Hy jou van die dood, en in die oorlog uit die mag van die swaard.
Vers 21; As die tong gesel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
Vers 22: Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die veld hoef jy nie te vrees nie.
Vers 23: Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
Vers 24: En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
Vers 25; Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is, en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
Vers 26: Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ‘n koringgerf ingebring word op sy tyd.
Vers 27: Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit. Hoor dit, en neem jy dit ter harte.
Spr 15 Vers 3: Op elke plek is die oë van die Here, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
Spr 15 Vers 11: Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
Luk 12 Vers 2: En daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie; en verborge wat nie bekend sal word nie.
Vers 3: Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die lig gehoor word. En wat julle in die oor gepraat het, in die binnekamers, sal op die dakke verkondig word.
Jer 23 Vers 24: Sou iemand hom in skuilplekke kon wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die Here. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie?
Nahum 1 Vers 3: Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.
Nahum 1 Vers 7: Die Here is goed; ‘n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
Sag 4 Vers 10: Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe - die oë van die Here wat die ganse aarde deurloop - met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbabel.
Matt 6 Vers 17: Maar as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is, en in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
11 Kron 16 Vers 9: Want die Here - Sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is.
Psalm 17 Vers 12: As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! - sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? en Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete en Hy vergeld die mens na sy werk.
Pred 10 Vers 20: Vloek die koning selfs in jou gedagtes nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.
Deut 32 Vers 30: Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tienduisend op die vlug jaag, was dit nie dat die Here hulle oorgelewer het nie.
Psalm 50 Vers 15: En roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
1 Kon 8 Vers 18: Het die Here aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir My naam ‘n huis te bou - daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was.
Psalm 33 Vers 18: Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy goedertierenheid wag.
Vers 19: Om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Psalm 34 Vers 8: Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Matt 26 Vers 53: Of dink jy dat Ek nie nou My Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?
Spr 20 Vers 27: Die gees van die mens is ‘n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste. (Dit is dus die Heilige Gees in ons wat elke daad, goed of sleg, sal openbaar.) Isa 30:20 And though the Lord give you the bread of adversity, and the water of affliction, yet shall not thy teachers be removed into a corner any more,
but thine eyes shall see thy teachers: (Die engele wat ons beskerm is by ons, maar onsigbaar.)
Isa 30:21 And thine ears shall hear a word behind thee, saying, This is the way, walk ye in it, when ye turn to the right hand, and when ye turn to the left.


AFTREDE
Luk 12 Vers 19: En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. (Aftree)
Vers 20: Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereed gemaak het, wie s ‘n sal dit wees?
Vers 21: So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
(Die woord aftree kom nie in die Bybel voor nie. Ons is veronderstel om lewenslank te werk terwyl ons kan.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: