Sondag 21 Maart 2010

Opstanding van die dode



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 37 Vers 1: En die Here het my uitgebring deur die gees, en my neergesit in die laagte; dit was vol bene.
Vers 2: Daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.
Vers 3: Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word?
Vers 4: Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die Here!
Vers 5: So spreek die Here Here tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.
Vers 6: En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die Here is.
Vers 7: Ek het toe geprofeteer, en kyk, daar was ‘n geruis, ‘n beroering! en die bene het nader gekom, elkeen na sy been.
Vers 8: Toe kyk ek, en daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ‘n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
Vers 9: En Hy sê vir my: Profeteer, en sê aan die gees: So spreek die Here Here: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word!
Vers 10: Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan - ‘n ontsaglike groot leër!
Vers 11: Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel.
Vers 12: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak, en julle uit jul grafte laat opkom, o My volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
Vers 13: En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom.
Vers 14: En Ek sal My Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in julle land; en julle sal weet dat Ek die Here, dit gespreek en gedoen het.
Matt 8 Vers 11: Maar Ek sê vir julle dat baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob sal aansit in die Koningkryk van die hemele. (Met die wegraping)
Matt 22 Vers 28: En die Saduseërs vra vir Jesus: In die opstanding dan, van watter een van die sewe mans sal sy die vrou wees - want hulle almal het haar gehad?
Vers 29: Toe sê Jesus: Julle dwaal, omdat julle die skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
Vers 30: Want in die opstanding trou hulle nie, en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel. (Die vroue.)
Matt 27 Vers 52: En die grafte het oopgegaan, en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. (Dit was met Jesus se opstanding)
Vers 53: En na die opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die Heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
Joh 6 Vers 39: En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat almal wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Vers 40: En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Vers 44: Niemand kan na My toe kom, as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Vers 45: En hulle sal almal deur God geleer wees. (ALMAL WAT DIE BYBEL KEN.) Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. (Dit help dus nie om net te hoor nie. Jy moet leer en doen ook.)
Vers 54: Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. (Nagmaal gebruik.)
1 Kor 15 Vers 35: Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle?
Vers 36: Dwase mens! wat jy saai word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
Vers 37: En wat jy saai - jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of iets anders.
Vers 38: Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
Vers 39: Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, mense is anders as vee, en visse is anders as voëls.
Vers 40: En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse.
Vers 44: ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam en ‘n geestelike liggaam.
Vers 46: Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
Vers 49: En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. (Dit sal vlees, bene en spiere hê met die Gees van God binne in jou.)
Vers 50: Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koningkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
Vers 51: Kyk, Ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word. (Met die wegraping)
Vers 52: In ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
Vers 53: Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike met onsterflikheid. (Want die mens kan nie sonder ‘n ruimtepak in die hemel lewe nie. Daarom kry ons ‘n nuwe liggaam.)
Jes 26 Vers 19: U dode sal herlewe, My lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! want U dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
Psalm 68 Vers 23: Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;
Vers 24; Sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê. (Ons sal die Hemelse weermag wees waarmee Jesus die ongelowiges gaan verwoes op aarde!!)
Dan 12 Vers 13: En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.
Sag 3 Vers 1: Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die engel van die Here staan, en die satan aan sy regterhand staan om hom aan te kla.
Vers 2: Toe sê die Here aan satan: Mag die Here jou bestraf, o satan! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie? (Hier is ‘n voorbeeld wat gebeur as die Naam van ons God uit Sy eie boek verwyder is: "Toe sê die Here: Mag die Here jou bestraf". Wat beteken dit?)
Vers 3: En Josua was bekleed met vuil klere terwyl hy voor die engel staan.
Vers 4: Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. (Ons sal dus die klere aanhou waarmee ons op daardie oomblik bekleed is. Die mense wat kaal is op daardie oomblik sal kaal in die Hemel beland.)
11 Kor 5 Vers 3: As ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.
Openb 16 Vers 15: Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
Lukas 13 Vers 28: Daar sal geween wees, en gekners van tande, wanneer julle Abraham, Isak en Jakob en al die profete in die Koningkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: