Sondag 21 Maart 2010

Wie gaan nie Hemel toe nie? DIE BYBEL IN ONDERWERPE


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Efe 5 Vers 5: Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
Fil 3 Vers 18: Want baie - van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê - wandel as vyande van die kruis van Christus.
Vers 19: Hulle einde is die verderf; hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.
Openb 21 Vers 7: Hy wat oorwin sal alles beërwe en Ek sal vir hom ‘n God wees en hy sal vir My ‘n seun wees.
Vers 8: Maar die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars sal dit nie beërwe nie. Hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel. Dit is die tweede dood.
Joh 8 Vers 43: Waarom ken julle My spraak nie? omdat julle na My woord nie kan luister nie.
Vers 44: Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. In hom is daar geen waarheid nie. Hy is ‘n leuenaar, en die vader daarvan.
Vers 47: Die wat uit God is, luister na die Woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
Dan 12 Vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar slegs die verstandiges sal verstaan.
Matt 13 Vers 11: Toe sê Jesus: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Joh 10 Vers 26: Maar julle glo nie, want julle is nie van My skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
Vers 27: My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
Vers 28: En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit My hand ruk nie.
Efe 5 Vers 3: Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.
Matt 7 Vers 21: Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Vers 22: Baie sal in daardie dag vir my sê: Here Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?
Vers 23: En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Jak 1 Vers 26: As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Jak 2 Vers 14: Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? die geloof kan hom tog nie red nie?
1 Joh 5 Vers 12: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Vers 13: Dit het ek aan julle geskrywe wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Rom 6 Vers 12: Laat die sonde dan in julle sterfllike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoordaam sou wees nie.
Vers 13: En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Vers 14: Want die sonde sal oor julle nie heers nie, want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Vers 16: Weet julle nie dat aan wie julle julleself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie - of van die sonde tot die dood, of van die gehoorsaamheid tot die geregtigheid?
Matt 7 Vers 17: So dra elke goeie boom goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
Vers 19: Elke boom wat slegte vrugte dra, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Gal 5 Vers 19: En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, (egbreek) hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
Vers 20: Afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
Vers 21: Afguns, moord, dronkenskap, brassery, en dergerlike dinge, dat die wat sulke dinge doen, nie die koninkryk van God sal beërwe nie.
Heb 12 Vers 14: Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.
Matt 5 Vers 20: Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die Skrifgeleerdes (Predikante) en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Vers 22: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die groot raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Matt 12 Vers 36: Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet julle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Vers 37: Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Joh 3 Vers 36: Hy wat die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
Rom 6: Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.
Vers 1: Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
Vers 2: Nee, stellig nie! ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Vers 4: Omdat Christus vir ons gesterf het, moet ons in ‘n nuwe lewe wandel.
Vers 6: Ons ou liggaam is gekruisig saam met Jesus, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak is, en nie meer die sonde sou dien nie.
Vers 12: Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
Rom 8 Vers 13: Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Heb 6 Vers 4: Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak het, en die Heilige Gees deelagtig geword het,
Vers 5: En die goeie Woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
Vers 6: En afvallig geword het - om die weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
Heb 10 Vers 26: Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie.
Vers 27: Maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel.
11 Pet 2 Vers 20: Want as hulle, nadat hulle van die kennis van die Here en saligmaker, Jesus Christus, die besmetting van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
Vers 21: Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
Vers 22: Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
1 Joh 1 Vers 6: As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
Vers 7: Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Mal 2 Vers 24: Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen - sal hy lewe? aan al sy geregtigheid wat hy gedoen het sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sondes wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
Vers 26: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan. Deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
Eseg 33 Vers 11: Sê vir hulle: Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom moet bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle verkeerde weë! waarom tog wil julle sterwe!
Vers 12: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.
Vers 13: As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtigheid nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe.
Eseg 33 Vers 18: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.
1 Joh 5 Vers 11: Dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is Sy Seun.
Vers 12: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Vers 18: Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie. Maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die bose het geen vat op hom nie.
Vers 19: Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die bose lê.
Mark 3 Vers 28: En Jesus sê: Voorwaar Ek sê vir julle: Al die sondes sal die mensekinders vergewe word, en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het.
Vers 29: Maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel.
1 Joh 5 Vers 16: As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee - vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
Vers 17: Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie.
1 Kor 6 Vers 9: Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
Vers 10: Moenie dwaal nie! geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Vers 11; En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
1 Pet 4 Vers 18: En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
11 Thess 1 Vers 7: En aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemele met Sy magtige engele.
Vers 8: In vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie, en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Vers 9: Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die Aangesig van die Here. (Dit help dus nie om net in Jesus te glo nie, jy moet die wet onderhou!)
Jes 13 Vers 9: Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Spr 2 Vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem en My gebooie by jou bewaar,
Vers 16: Om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei,
Vers 17: Wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet,
Vers 18: Want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
Vers 19: Almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie.
Spr 5 Vers 3: Want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie.
Vers 4: Maar op die end is sy bitter soos wildeals, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.
Vers 5: Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.
Vers 6: Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
Spr 7 Vers 2 1: Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
Vers 22: Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot.
Vers 23: Totdat die pyl sy lewer splits; soos ‘n voël haastig na die vangnet vlieg - sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
Vers 25: Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
Vers 26: Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
Vers 27: Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
Spr 8 Vers 16: Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! en die verstandlose, aan hom sê sy:
Vers 17: Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
Vers 18: Maar hy weet nie dat daar skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.
Openb 21 Vers 27: En daar sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam. (Jesus).
Spr 1 Vers 10: My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie.
Vers 18: So loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulself voor.
Vers 19: So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak; dit ontneem sy besitter die lewe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: