Sondag 21 Maart 2010

Mag vroue leraars word?


Of predikante?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 15 Vers 20: En Mirjam, die profetes, die suster van Aaron, het ‘n tamboeryn in haar hand geneem, en al die vroue het uitgegaan agter haar aan, met tamboeryne en in koordanse.
Num 6 Vers 2: As ‘n man of ‘n vrou ‘n besondere gelofte aflê, die gelofte van ‘n nasireër, om hom aan die Here te wy,.......
Rigt 4 Vers 4: En Debora, ‘n profetes, die vrou van Lappidot, het in die tyd Israel gerig.
Rigt 5 Vers 7: Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debora, opgestaan het; ek, ‘n moeder in Israel, opgestaan het.
11 Kon 22 Vers 14: Toe gaan die priester Hilkia en Ahikam en Agbor en Safan en Asaja na die profetes Hulda in Jerusalem.
Vers 15: En sy sê aan hulle: So spreek die Here, die God van Israel: Kyk, Ek bring ‘n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners omdat julle My verlaat en offerrook laat opgaan het.
Vers 19: Maar aan die koning van Juda: Omdat jou hart week is en jy jou voor die Aangesig van die Here verneder het, en omdat jy jou klere geskeur en voor My Aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek die Here.
Vers 20: Daarom, kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat ek oor hierdie plek bring nie.
Eseg 13 Vers 17: En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle.
Miga 6 Vers 4: Ja, Ek het jou uit Egipteland laat optrek, en jou uit die slawehuis losgekoop, en Ek het voor jou uitgestuur Moses, Aaron en Mirjam.
Luk 2 Vers 36: En daar was Anna, ‘n profetes –
Han 2 Vers 18: En ook op My diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van My Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
Hand 9 Vers 36: En in Joppe was daar ‘n sekere dissipelin met die naam van Tabita. Sy was oorvloedig in goeie werke en aalmoese wat sy gedoen het.
Rom 16 Vers 1; Ek beveel by julle aan ons suster Febe, wat ‘n dienares is van die gemeente in Kenchreë.
Vers 2: Dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die Heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê; want sy was vir baie ‘n beskermster en ook vir my.
Vers 12: Groet Trifena en Trifosa, vroue wat in die Here arbei. Groet Persis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.
Fi1 4 Vers 3: Ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, saam met my mede arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
1 Tim 2 Vers 9: So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
Vers 10: Maar soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
Vers 11: Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
1 Tim 2 Vers 12: Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
Vers 13: Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
Vers 14: En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
1 Kor 14 vers 34: Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.
Vers 35: Maar as hulle iets wil leer, laat hulle tuis hul eie mans vra, want dit is lelik vir vroue om in die gemeente te spreek.
Isa 3:12 As for my people, children are their oppressors, and women rule over them. O my people, they which lead thee cause thee to err, and destroy the way of thy paths.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: