Saterdag 20 Maart 2010

Goeie nuus vir blindes, dowes, kreupeles, lammes, ens



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
(Gedurende die 1000 jaar van vrede – oor ‘n paar jaar begin dit!)
Psalm 146 vers 8: Die Here open die oë van die blindes; die Here rig die wat geboë is, op. Die Here het die regverdiges lief.
Jes 29 vers 18: En in die dag sal die dowes skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.
Jes 35 vers 4: Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk! Wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met Goddelike vergelding; Hy Self sal kom en julle verlos.
Vers 5: Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word.
Vers 6: Dan sal die lamme spring soos ‘n takbok, en die tong van die stomme sal jubel. Want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: