Sondag 21 Maart 2010

Begrawe of veras? en beendere


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

1 Sam 25 Vers 1: En Samuel het gesterwe, en die hele Israel het saamgekom en oor hom gerouklaag en hom begrawe in sy huis in Rama.
Josua 24 Vers 30: En hulle het Josua begrawe op sy erfdeel.
Vers 33: En hulle het Eliasar begrawe op die heuwel van sy seun Pinehas.
Deut 34 Vers 6: En God het Moses, in die dal in die land Moab, teenoor Bet-peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie.
(Die siel is in die bloed geleë. Sien waar is die siel geleë. Volgens die Bybel is die siel onvernietigbaar. Daarom sal bv. die valse profeet lewendig in die poel van vuur gewerp word, en almal wat nie opgeskrywe is in die boek van die lewe nie, saam met hom, en hulle sal vir ewig gepynig word. Die siel kan dus deur vuur gepynig word. Indien jy dus nie doodseker is dat jou siel onmiddellik jou liggaam verlaat nadat jy dood is nie, gaan jy veroorsaak dat jou siel nou al in ‘n vuur gepynig word met verassing by jou dood. Die lewende siel, wat selfs die kleinste gogga ook besit, moenie verwar word met jou Gees nie. Dit is die Gees van God wat dadelik by jou dood terugkeer na God, nie jou siel nie.)
Dan 12 Vers 2: En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe, en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik. (Dit lyk dus of die siel partykeer in die liggaam agterbly.)
Joh 5 Vers 28: Moenie julle hieroor verwonder nie, want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor.
Jes 26 Vers 19: U dode sal herlewe, My lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon!
1 Sam 31 Vers 12: Toe het al die dapper manne hulle gereed gemaak en die hele nag deur getrek; en hulle het die lyk van Saul en die lyke van sy seuns van die muur van Bet-san afgehaal en by Jabes gekom en hulle daar verbrand. (Om die vleis van die bene af te kry)
Vers 13: En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas.
11 Sam 21 Vers 12: Toe het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan van die burgers van Jabes in Gillead gaan haal.
Vers 13: Hulle het ook die bene van die wat opgehang is versamel. (Sien 11 Sam 21 Vers 6.)
Vers 14: En al die bene in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe.
11 Kon 23 Vers 18: Daarop sê hy: Laat hom met rus, laat niemand sy bene verroer nie. En hulle het sy bene met die bene van die profeet wat uit Samaria gekom het, met rus gelaat. (Hoekom hom met rus laat? was sy siel in sy bene?)
Openb 1 Vers 7: Kyk, Hy kom met die wolke en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het.
(Diegene wat Hom gekruisig het is 2000 jaar gelede oorlede, maar selfs hulle sal Jesus sien met die wederkoms. Hulle is dus nog op aarde.)
Eseg 37 Vers 1: En die Here het my uitgebring deur die gees, en my neergesit in die laagte; dit was vol bene.
Vers 2: Daar het ‘n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor.
Vers 3: Toe sê hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word?
Vers 4: Daarop sê hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die Here!
Vers 5: So spreek die Here Here tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees (Nie siel nie) in julle in, sodat julle lewendig kan word.
Vers 6: En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die Here is. (En jy wat jou bene tot poeier verbrand het?)
Vers 7: Ek het toe geprofeteer, en kyk, daar was ‘n geruis, ‘n beroering! en die bene het nader gekom, elkeen na sy been.
Vers 8: Toe kyk ek, en daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en ‘n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
Vers 9: En hy sê vir my: Profeteer, en sê aan die gees: So spreek die Here Here: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word!
Vers 10: Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan - ‘n ontsaglike groot leër!
Vers 11: Toe sê hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel.
Vers 12: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak, en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! en Ek sal julle bring in die land van Israel. (Met die wederkoms)
Vers 13: En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom.
Vers 14: En Ek sal My Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in julle land; en julle sal weet dat Ek die Here, dit gespreek en gedoen het.
Exo 13 Vers 19: En Moses het die gebeente van Josef met hom saamgeneem, want hy het die kinders van Israel plegtig laat sweer en gesê: God sal eindelik op julle ag gee. Bring dan my gebeente saam met julle hiervandaan op.
11 Kon 13 Vers 20; en Elisa het gesterwe en hulle het hom begrawe.
Vers 21: En terwyl hulle besig was om ‘n man te begrawe, sien hulle meteens ‘n bende Arameërs, en hulle gooi die man in Elisa se graf. Toe die man se liggaam in aanraking kom met Elisa se gebeente, het hy lewendig geword, en opgestaan op sy voete.
Mark 6 Vers 29: En toe Johannes se dissipels hoor van sy dood, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en dit in ‘n graf neergelê.
Amos 2 Vers 1: Omdat Moab die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het, daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Moab en dit sal die paleise van Kerijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe.
Vers 3: En al die vorste saam met die regeerder doodmaak.
Vers 4: Omdat hulle die wet van die Here verwerp het,
Vers 5: Sal Ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.
Matt 27 Vers 52: En die grafte het oopgegaan, en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. (Dit was met Jesus se opstanding, nie die wegraping wat ons raak nie.)
Vers 53: En na die opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die Heilige stad ingekom en aan baie verskyn.
Joh 6 Vers 39: En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat almal wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Vers 40: En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Vers 44: Niemand kan na My toe kom, as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. (Bene blyk verskriklik belangrik te wees, en met verassing word dit verbrand tot as.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: