Sondag 21 Maart 2010

Die eindtyd. Wanneer sal dit gebeur?

Wanneer is dit die eindtyd? (Old King James Bybel)


GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
(Interresant) - Miga 5 Vers 4: En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur (IRAK)in ons land kom en Hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense. (Dus agt volke. Is dit dalk die G7 lande plus Ukraine?)
Vers 5: En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer Hy in ons land kom, en ons grondgebied betree.
Openb 1 vers 1: Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur ‘n engel aan Johannes te kenne gegee het.
Openb 1 vers 3: Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Openb 1 vers 7: Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurgesteek het;en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
Openb 1 vers 11: Ek is die Alfa en die Omega, die eerste en die laaste, en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes.
Jes 42 vers 9: Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek. Voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.
Jes 46 Vers 9: Ek is God en daar is niemand soos Ek nie.
Vers 10: Wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie.
Dan 2 vers 28: Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnesar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur.
Dan 8 vers 19: Kyk, Ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur.
Psalm 90 vers 4: Want duisend jaar is in U oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak.
Psa 57 vers 5: Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei.
2 Pet 3 vers 8: Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
Hos 6 vers 2: Hy sal ons na twee dae lewend maak, (Na die jaar 2000, dit is nou enige dag) op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor Sy aangesig kan lewe. (Die duisend jaar van vrede, waar Jesus self as Koning oor die hele aarde sal regeer.)

DIE BEGIN VAN DIE LAASTE SEWE JAAR:
Dan 9 vers 27: En hy (Israel) sal een week lank (sewe jaar) met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week (na 3.5 jaar) sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; (Moslems sal Jerusalem oorneem) en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde (vir nog 3.5 jaar); en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word. (Die antichris met sy vals profeet sal in die poel van vuur gegooi word.)
Dan 12 vers 11: En van die tyd dat die voortdurende offer afgeskaf (Dit is vandat Israel oorgeneem word) en die ontsettende gruwel opgerig word, (Die antichris sal in die tempel sit en sê ons moet hom aanbid.) sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (3.5 Jaar, dan die wederkoms.)
Dan 7 vers 25: En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word vir 3.5 jaar.
Dan 12 vers 7: ‘n Tyd, tye en ‘n halwe tyd (3.5 jaar) en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Jesus kom dus 3.5 jaar nadat Israel oorgeneem word.)
Dan 8 vers 14: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die Heiligdom in sy regte staat herstel word. (Vrede op aarde.)
Dan 10 vers 14: Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae tebeurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms. (Onthou, die Bybel is meer as 2000 jaar gelede geskryf. Ons lewe nou in daardie verre toekoms! 2009.)
Openb 2 vers 25: Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom.
Vers 26: En aan hom wat oorwin, en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee.
Openb 3 vers 3: Onthou wat jy hoor en bewaar dit. As jy nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie. (Ons wat Openbaring ken sal dus weet wanneer Jesus weer kom. )
Openb 10 vers 6: En Hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;
Vers 7: Maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer Hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan Sy diensknegte, die profete.(Die wederkoms.)
Dan 7 vers 27: Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die Heiliges van die Allerhoogste. Hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. (En Hy, Jesus, sal heers oor al die koninkryke van die aarde.)
Dan 8 vers 17: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
Matt 24 vers 23: As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! - moet dit nie glo nie.
Vers 24: Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Vers 25: Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
Luk 21 vers 20: En wanneer julle sien dat Jerusalem deur leërs omsingel is, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is.
Luk 21 vers 26: En mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word.
Openb 6 Vers 17: Want die groot dag van Sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?
Openb 8 vers 7: En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi, en 'n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand. (Ook die koring en mielies - hongersnood.)
Vers 8: En die tweede engel het geblaas, en iets soos 'n groot berg (Asteroied) wat brand met vuur, is in die see gegooi. En 'n derde van die see het bloed geword.
Vers 9: En 'n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en 'n derde van die skepe het vergaan.
Vers 10: En die derde engel het geblaas, en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, (Asteroied) het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine.
Vers 11: En die naam van die ster word genoem Alsem; en 'n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
Openb 9 Vers 1: En toe die vyfde engel blaas, sien ek ‘n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.
Vers 2: En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put, soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
Vers 3: Uit die rook sal daar sprinkane uitkom op die aarde, en hulle sal kan steek soos skerpioene.
Vers 4: Hulle sal slegs die mense steek wat nie die merk van God op hul voorhoofde het nie. (Dus almal wat die merk van die dier op hul voorhoof of regterhand het.)
Vers 5: Hulle sal nie kan doodmaak nie, maar vir vyf maande lank die mense pynig soos ‘n skerpioensteek.
Vers 6: In die dae sal die mense die dood soek, maar dit nie vind nie, verlang om te sterwe, maar die dood sal vir hulle wegvlug.
Vers 7: Die voorkoms van die sprinkane sal wees soos ‘n gepantserde perd met krone op hulle koppe wat lyk soos goud, en gesigte soos mense, vrouehare, slagtande, en sterte soos skerpioene.
Vers 9: En hulle het borsharnaste gehad soos van yster.
Vers 10: En hulle mag sal wees om die mense vyf maande lank skade aan te doen.
Vers 11: Die sprinkane se koning is die engel van die afgrond, sy naam in Hebreeus is Abaddon en in Grieks Apollion.
Luk 21 vers 27: En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid.
Vers 28: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is.
Vers 29: Let op die vyeboom en al die bome.
Vers 30: Net soos hulle bot, weet julle vanself dat die Somer al naby is.
Vers 31: So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. (SIEN GEBEUR – Die Vader het geweet ons gaan dit SIEN op TV. Voorheen het ons net daarvan gehoor. Aardbewings, oorloë en gerugte van oorloë, pessiektes, tekens uit die hemel soos tornado’s en verspoelings, vuurspuwende berge, ens.)
Vers 34: Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie.
Vers 35: Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die aarde woon. (Indien jy nie weet wanneer nie.)
Openb 3 vers 11: Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
Openb 3 vers 12: Wie oorwin, Ek sal op hom die naam van My God skrywe, en die naam van die stad van My God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel neerdaal. (Ons sal selfs na die 1000 jaar van vrede saam met Jesus regeer op die nuwe aarde. Die stad van God daal eers na die 1000 jaar van vrede af na die nuwe Planeet.)
Vers 21: Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My op My troon te sit, soos Ek ook oorwin het, en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het.
Openb 5 vers 9: U is geslag (Jesus) en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie. (Ja, selfs die swartes, maar hulle sal nie meer swart wees daar bo nie.)
Vers 10: En het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers. (Vir ‘n 1000 jaar.)
Openb 6 vers 12: En daar sal ‘n groot aardbewing wees, die Son sal lyk soos ‘n harige sak en die Maan soos bloed. (Atoombomme, vuurspuwende berge,) En sterre (Brandende stukke van planete) sal op die aarde val, en al die eilande (Deur vloedgolwe en aardbewings) en berge sal uit hul plek versit word.
Vers 15: En die konings van die aarde, en die rykes en die magtiges en die slawe en al die mense sal wegkruip in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge sê: Val op ons en verberg ons van die Aangesig van God en Jesus, want die groot dag van Sy toorn het gekom, wie kan bestaan?
Openb 11 vers 2: Want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad (Jerusalem) twee en veertig maande lank vertrap. (3.5 jaar)
Vers 18: En die nasies was vertoornd, en U toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan U diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat U Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
Dan 11 vers 43: Die antichris sal mag hê oor baie skatte van Goud en Silwer terwyl die libiërs en Kusiete (Swartmense) hom volg.
Openb 12 vers 1: En dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie.
Vers 2: En baie wat in die stof van die aarde slaap sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en vir sommige wie ewig afgryslik.
Vers 3: En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig.
Vers 4: En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe. Baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder. (God het toe al geweet dat ons met behulp van die komper die kennis sal vermeerder.)
Joël 1 vers 10: Die veld sal verwoes wees, die akkerbome, die koring, die mos en die olie.
Vers 11: Die oes op die land sal verlore wees.
Vers 12: Al die bome van die land sal verdor. (Onthou, vir drie en ‘n halfjaar sal dit nie reën nie, en dan nog die atoombomme. Die grootste riviere oor die Aarde het alreeds begin opdroog.)
Vers 17: Die voorraadkamers sal verwoes wees.
Vers 18: Daar sal geen weiveld vir die troppe vee wees nie.
Vers 19: Want ‘n vuur sal die weivelde verteer, en die bome aan die brand steek. (Soos nou al regoor die Aarde op TV)
Vers 20: Die waterstrome sal opdroog.
Openb 11 vers 2: Dit is aan die heidene gegee om die heilige stad (Jerusalem) twee-en-veertig maande lank te vertrap. (Drie en ‘n half jaar.)
Openb 11 vers 18: Nou sal die tyd kom om die dode te oordeel, en om loon te gee aan Sy diensknegte, die profete, die Heiliges, en aan die wat Sy naam vrees, en om die verderwers van die aarde te verderf. (Armageddon, waar Jesus self die geveg gaan voer in die dal van Meggido, die slag van Armageddon, naby Jerusalem, teen die oorblywende antichriste.)
Luk 21 vers 9: En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie, want die dinge moet eers plaasvind, maar dit is nog nie dadelik die einde nie.
Luk 21 vers 10 tot 19: Die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander. Daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees, en hongersnode en pessiektes, en daar sal verskriklike dinge en tekens van die hemel kom. Maar voor hierdie dinge sal die antichriste die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in gevangenisse en julle aankla ter wille van My naam. Moenie voor die tyd aan julle verdediging dink nie, want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie. Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van My Naam. (Dit sal gebeur wanneer die 666, die merk van die dier, verplig word. Lees Die merk van die dier 666 en die wegraping.)
Sag 14:2 Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. (Nog ‘n bewys dit gaan gou gebeur – tans is net die helfte van Jerusalem Israeliete, die ander helfte is Palestyne.)
Bybelvoorspellings speel tans voor ons af: Daar word tans in die
Withuis en G20 besprekings gehou oor een wêreld regering, een
Wêreld geldstelsel. Robots word nou vervaardig wat vir hulself kan
dink, en kan sien en praat.
Openb 13:15 En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se
beeld te gee, sodat die dier se beeld (Hy gaan selfs soos
die antichris lyk) ook sal praat en maak
dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid
nie.
Vers 16: En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die
rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk
op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;

Vers 17: Sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe
hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van
sy naam het. (Die nuwe kredietkaart op jou regterhand of voorhoof.)
Luk 21 vers 8: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder My Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie.
Vers 11: En daar sal groot aardbewings wees op verskillende plekke en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom.
Vers 12: Maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in sinagoges en gevangenisse en julle voor konings en goewerneurs bring ter wille van My Naam.
Vers 14: Neem julle dan in julle harte voor om nie vooraf oor julle verdediging te dink nie.
Vers 15: Want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of verstaan nie.
Vers 16: Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. (Omdat ons nie die merk van die dier, die nuwe kredietkaart, 666 op ons hande of voorhoof sal aanvaar nie.)
Vers 17: En julle sal gehaat wees deur almal ter will van My Naam.
Vers 18: En geen haar van julle hoof sal ooit verlore gaan nie. (Die nuwe verheerlikte liggaam wat ons gaan ontvang sal perfek wees.)
Vers 10: Deur julle volharding moet julle jul lewe in besit kry. (Moenie die merk aanvaar, of die antichris aanbid nie.)
1 Joh 5 vers 11: Dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is Sy Seun.
Vers 12: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Vers 18: Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie. Maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die bose het geen vat op hom nie.
Vers 19: Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die bose lê.
Openb 11 vers 15: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword, en van sy Christus. En Hy sal as Koning heers tot in ewigheid.
Luk 12 vers 29: Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie.
Vers 30: Want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
Vers 31: Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Vers 36: En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom.
Vers 37: Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom.
Luk 12 vers 54: Wanneer julle ‘n wolk in die Weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.
Vers 55: En wanneer julle die Suidewind sien waai, sê julle: Dit gaan gloeiend warm wees! en dit gebeur.
Vers 56: Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie?
Matt 24 vers 29: En dadelik na die verdrukking van daardie dae, sal die Son verduister word, en die Maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Matt 24 vers 30: En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, (‘n KRUIS) en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Vers 32: En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word, en sy blare uitbot, weet julle dat die Somer naby is.
Vers 33: So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge SIEN, dat dit naby is, voor die deur. (Ons is die laaste generasie. Ons kan dit SIEN op TV. Dit is die bewys dat die wederkoms voor die deur is.)
Vers 34: Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag (Wat dit KAN SIEN op TV, nie daarvan hoor nie) sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.
Openb 16 vers 15: Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak.
1 Thess 5 vers 2: Want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
Vers 3: Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - Dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood van ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Vers 4: Maar julle, broeders, is nie in die duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
Openb 13 vers 5 & 6: En aan die dier (Of antichris) is mag gegee vir twee en veertig maande (drie en ‘n halwe jaar. Om te regeer op aarde en die christene te toets.)
Openb 13 Vers 7: Hy sal oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin. (Hy gaan Israel inneem en alle Christene oor die aarde vervolg en doodmaak.) Aan hom sal mag gegee word oor elke stam en taal en nasie.
Vers 8: En almal op aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie. (Almal wat die 666 - merk van die dier aanvaar.)
Jes 13 Vers 5: Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, (‘n Ander planeet) die Here en die werktuie van Sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
Vers 9: Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woeteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Vers 12: En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
Vers 13: Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die Here van die leërskare en vanweë die dag van Sy toorngloed.
Openb 19 Vers 14: En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
Vers 15: Hy trap die parskuip van die grimmigheid van God. (Armageddon.)
Vers 18: En die voëls sal versamel om die vlees van konings en soldate te eet.
Vers 19: En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die wit perd sit, en teen Sy leër.
Vers 20: En die antichris sal gevange geneem word saam met sy valse profeet, wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. En lewend sal hulle in die vuurpoel gewerp word wat met swawel brand. (Daar is dus ‘n Hel. ‘n Poel van vuur.)
Vers 21: En al die voëls sal versadig word van hulle vlees.
Openb 14 vers 15: Slaan u sekel in en maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
Vers 16: En die aarde sal afgemaai word.
Vers 18: En ‘n engel wat mag het oor vuur sal uit die altaar kom.
Vers 19: En die wingerdstok van die aarde sal afgeoes word en in die parskuip van die grimmigheid van God gegooi word. (Dit is dus nie nog ‘n wegraping nie, God se grimmigheid. Veldbrande wat alreeds begin het, vuurspuwende berge en Atoombomme)
Vers 20: En bloed sal uit die parskuip kom, so diep soos die toom van ‘n perd, en dit sal 200 myl ver vloei. (By Armageddon.)
2 Thess 2 vers 8: En dan sal die ongeregtigheid geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak.
Sag 14 vers 2: Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. (Die helfte van hulle is vandag Jode, Juda, een van die 12 stamme van Israel, die ander helfte is Palestyne, Moslems. Dit is nog ‘n teken dat dit in ons tyd gaan gebeur.)
Vers 3: En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies, die dag van oorlog.
Vers 4: En op die dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die Oostekant.
Vers 5: Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U! (Almal wat weggeraap is, sal nou saam met Jesus terugkom.)
Vers 6: En op die dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees, maar teen die aand sal dit lig word.
Sag 14 vers 9: En die Here sal koning wees oor die hele aarde.
Vers 11: En Jerusalem sal in veiligheid woon.
Vers 12: En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
Vers 13: En in die dag sal ‘n groot verwarring onder hulle kom, sodat die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
Vers 14: En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word; Goud en Silwer en Klere - groot hoeveelhede. (Juda is dus nie die Jode nie. Miskien Amerika of Engeland?)
Vers 15: En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, kamele en die esels, en van al die diere wat in daardie laers is.
Vers 16: En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar vir jaar optrek om te aanbid voor Die Koning, die Here van die leërskare, en om die Huttefees te vier.
Vers 17: En wie uit die geslagte van die aarde (Almal, ons ook) nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die leërskare te aanbid nie, hulle sal geen reën kry nie.
Vers 18: En as die geslag van Egipte nie optrek, en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal die plaag hulle tref.
Vers 19: Dit sal die straf wees van al die nasies wat nie optrek om die Huttefees te vier nie.
Vers 21: En in die dag sal daar geen Kanaaniet (geen swarmens) in die huis van die Here van die leërskare meer wees nie. (Sien: Waar kom swartmense en kleurlinge vandaan)
Openb 19 vers 6: Haleluja ! Want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.
Openb 19 vers 7: Laat ons bly wees en ons verheug, en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom, en sy vrou het haar gereed gemaak.
Vers 9: Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. Dit is die waaragtige Woorde van God.
Openb 20 vers 4: En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee, en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hul voorhoof en op hul hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef, en as konings regeer saam met Christus, die duisend jaar lank.
Vers 5: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
Vers 6: Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Psalm 102 vers 20: Omdat Hy van Sy heilige hoogte neergesien het, die Here uit die hemel op die aarde gelet het,
Vers 21: Om die gekerm van die gevangene te hoor, (Diegene wat opgesluit sal wees omdat hulle nie die merk van die dier wil aanvaar nie) en om los te maak die kinders van die dood. (Die dooies op te wek en ‘n verheerlikte liggaam te gee.)
Vers 22: Sodat hulle in Sion die naam van die Here kan vermeld en Sy lof in Jerusalem. (Gedurende die 1000 jaar sal die Woord verkondig word uit Jerusalem regoor die Aarde.)
Matt 24 vers 3: En die dissipels vra vir Jesus: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?
Vers 4: En Jesus antwoord: Pas op dat niemand julle mislei nie.
Vers 5: Want baie sal onder My naam kom en sê: Ek is die Christus! En hulle sal baie mense mislei.
Vers 6: En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
Vers 7: Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (Soos vandag.)
Matt 24 vers 8: Maar al hierdie dinge is die begin van die smarte. (Dit is waar ons nou is.)
Vers 9: Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van My naam.
Vers 10: En dan sal baie tot struikel gebring word, en mekaar verraai en mekaar haat.
Vers 11: En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Vers 12: En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van meeste verkoel.
Vers 13: Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Matt 24 vers 14: En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. (Jesus gaan dus eers kom, en gedurende die duisend jaar van vrede sal die evangelie verkondig word aan al die nasies, en dan kom die einde van ons Aarde, en dan gaan ons na die nuwe hemel en die nuwe aarde, die begin van die ewigheid.)
Vers 26: En as hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn - moenie uitgaan nie. Kyk, Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie.
Vers 27: Want soos die weerlig uit die Ooste uitslaan en tot in die Weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Vers 31: En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. (Die wat weggeraap is sal in die hemel wees.)
Matt 25 vers 31: En wanneer die Seun van die mens in Sy heerlikheid kom, en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy heerlike troon sit. (Sien: Die nuwe Tempel vir Jesus wat nog gebou moet word.)
Vers 32: En voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei;
Vers 33: En Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand sit.
Vers 34: Dan sal die Koning vir die wat aan Sy regterhand is sê: Kom, julle geseëndes van My Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die aarde af.
Vers 35: Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
Vers 36: Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
Vers 37: Dan sal die regverdiges Hom vra: Here, wanneer het ons dit alles gedoen?
Vers 40: En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle: Vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Vers 41: Dan sal Hy ook vir die aan Sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
Vers 45: Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle: Vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
Vers 46: En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
Luk 17 vers 23: En die wederkoms sal so wees: As hulle vir julle sê: Kyk hier! of kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.
Vers 24: Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in Sy dag wees.
Openb 20 vers 7: En wanneer die 1000 jaar voleindig is sal Satan oopgesluit word.
Vers 8: Die nasies sal verlei word en versamel word om oorlog te voer teen die heilige stad van Jerusalem, en hulle getal sal wees soos die sand van die see.
Vers 9: En hulle sal opkom oor die breedte van die aarde en die heilige stad omsingel. En vuur sal van God uit die hemel neerdaal en hulle verbrand.
Vers 10: En Satan sal in die poel van vuur gewerp word waar die antichris en sy profeet reeds in is. En hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. (Omdat hulle biljoene mense verlei het. Die meeste mense dink satan is die big chief in die Hel, maar hy is nog nie daar nie.)
Jes 6 vers 11: Toe sê ek: Hoe lank Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ‘n wildernis.
Vers 12: En die Here die mense verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.
Vers 13: En as nog ‘n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom - as hulle omgekap word - ‘n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.
Jes 7 vers 14: Daarom sal die Here self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en Hom Immanuel noem.
Vers 15: Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is. (Dit is heel waarskynlik iemand anders as Jesus. Jesus het nie net dikmelk en heuning geëet nie. Johannes die doper het heuning en sprinkane geëet.)
Dan 12 vers 6: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Vers 7: En Hy het gesweer by die Ewiglewende: ‘n Tyd, tye, en ‘n halwe tyd, (Drie en‘n half jaar) en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Jesus kom dus 3.5 jaar nadat Israel oorgeneem word.)
Vers 9: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. (Dit is nou, in ons tyd!)
Vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. (Ek wil selfs sover gaan om te sê dat indien u hierdie openbaring uit Die Bybel deurgelees het, en nog nie verstaan nie, dan moet u oor uself begin wonder, en u bekeer.)
Vers 11: En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (Drie en ‘n half jaar. Die ontsettende gruwel is die antichris wat in die kerk sit en sê hy is god.)
Vers 12: Welgeluksalig is hy wat bly verwag, en duisend driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik. (3.7 Jaar. Dan sal daar eers weer vrede wees.)
Luk 23 vers 28: Maar Jesus sê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders.
Vers 29: Want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
Vers 30: Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! En vir die heuwels: Bedek ons! (Maar die regevrediges sal niks oorkom nie.)
Vers 31: Want as hulle dit doen aan die groen hout (Die vyand aan die jongmense) wat sal met die droë gebeur! (Die oumense.)
Han 2 vers 19: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
Vers 20: Die Son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Vers 21: En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (As jy weet wat is die Naam van jou God, en ook die wil van die Vader doen. Sien: Die Naam van ons God.)
Psalm 78 vers 68: Maar die Here het die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet. (Die land Israel.)
Psalm 87 vers 2: Die Here het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
Vers 5: En van Sion sal gesê word: Die Allerhoogste hou dit in stand.
Sag 14 vers 21: En in die dag sal daar geen Kanaaniet in die huis van die Here van die leërskare meer wees nie. (Geen swartman.)

Die laaste oordeel. (Na die 1000 jaar.)

Openb 20 vers 12: En die dode, klein en groot, (Die klein seën is dus uiters belangrik, ons het ons vaders se sondes tot aan die vierde geslag) sal voor God staan en die boeke sal geopen word. (Waarop ons sondes aangeteken is.) En ‘n ander boek, die boek van die lewe sal ook geopen word, en die dode sal geoordeel word, na wat in die boeke geskryf is, volgens hul werke. (Lees: Die Doop – groot of klein?)
Openb 20 vers 13: En die see sal die dode gee wat in die see is, en die dood en doderyk die dode wat daarin is, en al die dode sal geoordeel word elkeen volgens sy werke. (Nie net geloof nie.)
Vers 14: En die dood en die doderyk se mense is in die poel van vuur gewerp. ( Dit sê vir my dat indien ‘n ongelowige doodgaan, hy direk na die doderyk gaan, ‘n plek wat sekerlik nie lekker is om in te wees nie, maar die gelowiges wat doodgaan gaan direk na die Paradys, ‘n bewaarplek vir heiliges en gelowiges. Onthou, toe Jesus gesterf het op die kruis het Hy aan die gelowige langs Hom op die ander kruis gesê vandag nog sal jy saam met My in die Paradys wees! So ook het die ryk man van die bedelaar gevra: Gee my water! Maar die bedelaar het gesê daar is 'n diep kloof tussen ons wat niemand kan oorkom nie.)
Vers 15: En as dit gevind word dat iemand nie opgeskryf is in die boek van die lewe nie, sal hy in die poel van vuur gewerp word.
Joh 5 vers 22: Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee.
Vers 23: Sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
Joh 5 vers 24: Wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 5 vers 45: Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig - Moses op wie julle gehoop het.

Die nuwe hemel en die nuwe aarde.
(Na die 1000 jaar van vrede.)

Openb 20 vers 11: Die hemel en die aarde sal vergaan.
Openb 21 vers 1: En daar sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wees. Die eerste hemel en aarde sal daar nie meer wees nie, en daar sal ook nie ‘n see wees op die nuwe aarde nie.
Vers 2: En die Heilige stad, die nuwe Jerusalem, wat in die hemel gebou is, sal neerdaal uit die hemel. (1,500 Myl lank, breed en hoog.)
Heb 12 vers 22: Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die Lewende God, die Hemelse Jerusalem en tienduisende engele.
Heb 13 vers 14: Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
Openb 21 vers 3: Die Tabernakel van God kom nou na die mense, en God sal by hulle wees as hulle God.
Vers 4: Niemand sal meer huil nie, daar sal geen dood meer wees nie, geen geween of moeite nie. (Die heiliges wat nie die 666 aanvaar nie, sal hierdie nuwe Planeet beërwe.)
Vers 5: En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
Vers 7: Hy wat oorwin sal alles beërwe en Ek sal vir hom ‘n God wees en hy sal vir My ‘n seun wees. (Ons kan ook soos Jesus seuns van God word!)
Vers 8: Maar die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars, sal dit nie beërwe nie. Hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel. Dit is die tweede dood.
Openb 22 vers 4: En hulle sal Sy aangesig sien, en Sy naam sal op hulle voorhoofde wees.
Vers 5: En na die duisend jaar sal daar nie meer nag wees nie, en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig. En hulle sal as konings regeer tot in ewigheid. (Ook op die nuwe planeet en ander planete.)
Vers 7: Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie bewaar.
Vers 16: Ek, Jesus, het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeente te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
11 Pet 3 vers 17: Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
11 Kor 5 vers 1: Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele. (Op ‘n nuwe planeet.)
Vers 2: Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word.
Afrikaans: http://dieversteekteverse.blogspot.com
Vir Engelse mense: http://thehiddenverses.blogspot.com
Stuur hierdie artikel na almal op u Email adreslys, en maak vir u ‘n skat bymekaar in die Hemel. Die antichris gaan alles laat uitwis en al ons Bybels en kerke verbrand.)
Amo 8:11 Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat
Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie
en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die
here te hoor.

Vers 12: En hulle sal swerwe van see tot see en
rondslinger van Noord na Oos, om na die woord van die
Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie. (Die
antichris gaan ‘n wet uitbring wat sê: “Indien jy iemand
onderhou wat nie die merk van die “nuwe god,” die dier op
sy hand of voorhoof het nie, in jou huis of op ‘n ander
plek, en jy word uitgevind, dan word jou huis bo-op jou en
jou hele familie
aan die brand gesteek. Deur hierdie wet
gaan broer teen broer, pa teen seun, vriend teen beste
vriend, vrou teen man ens opstaan, en vertel waar jy
gevind kan word, jy en ek wat nie die merk aanvaar het
nie.)
Psa 74:4 U teëstanders het binne -in U vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
Psa 74:5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.
Psa 74:6 En nou - die houtsneewerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.
Psa 74:7 Hulle het U heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van U Naam ontheilig.
Psa 74:8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand. (Dit gaan weer gebeur.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: