Sondag 21 Maart 2010

Manna



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 2 Vers 17: Wie ‘n oor het laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin sal Ek gee om te eet van die verborge manna. (Dit sal weer kom.)
Num 11 Vers 7: Die manna was soos koljandersaad, en dit het gelyk na balsemgom.
Vers 8: Die volk het rondgeloop en dit versamel en in handmeule gemaal, of in vysels gestamp, en hulle het dit in potte gekook en daarvan roosterkoeke gemaak. En die smaak daarvan was soos oliekoeke.
Vers 9: En as die dou snags op die laer val, het die manna ook daarop geval.
Josua 5 Vers 12: En die dag nadat hulle van die opbrings van die land geëet het, het die manna opgehou, sodat die kinders van Israel verder geen manna gehad het nie; maar hulle het geëet van die opbrings van die land Kanaan.
Psalm 78 Vers 24: En Hy het manna op hulle laat reën om te eet, en koring van die hemel aan hulle gegee.
Vers 25: Mense het die brood van die engele geëet; Hy het hulle volop padkos gestuur.
Openb 12 Vers 6: En die vrou (die gelowiges van Israel) het na die woestyn gevlug waar sy ‘n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend - tweehonderd - en - sestig dae lank. (3.5 Jaar, dit sal wees net nadat Israel deur die antichris oorgeneem word.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: