Donderdag 29 Desember 2022

Die nuwe Hemel en die Nuwe Aarde. DIE BYBEL IN ONDERWERPE.

Die nuwe hemel en die nuwe aarde. (Eers kom die 1000 jaar van vrede op aarde met Jesus se wederkoms. Daarna gaan ons na die nuwe hemel en nuwe Aarde..)


LEES HIERDIE BOEK VAN VOOR AF DEUR ANDERS SAL U NIE VERSTAAN NIE. GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY..


Openb 20 vers 11: Die hemel en die aarde sal vergaan.
Openb 21 vers 1: En daar sal ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wees. Die eerste hemel en aarde sal daar nie meer wees nie, en daar sal ook nie ‘n see wees op die nuwe aarde nie. (Heeltemal 'n nuwe planeet. Ons sal daarheen geneem word.)
Vers 2: En die Heilige stad, die nuwe Jerusalem, wat in die hemel gebou is, sal neerdaal uit die hemel.
Heb 12 vers 22: Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die Lewende God, die Hemelse Jerusalem en tienduisende engele.
Heb 13 vers 14: Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
Openb 21 vers 3: Die Tabernakel van God kom nou na die mense, en God sal by hulle wees as hulle God.
Vers 4: Niemand sal meer huil nie, daar sal geen dood meer wees nie, geen geween of moeite nie. (Die heiliges wat nie die 666 aanvaar nie, sal hierdie nuwe aarde beërwe.)
Vers 5: En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.
Vers 7: Hy wat oorwin sal alles beërwe en Ek sal vir hom ‘n God wees en hy sal vir My ‘n seun wees. (Wat 'n verskriklike voorreg om die seun van God genoem te word!!!)
Vers 8: Maar die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars, sal dit nie beërwe nie. Hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel. Dit is die tweede dood.
Openb 22 vers 4: En hulle sal Sy aangesig sien, en Sy naam sal op hulle voorhoofde wees.
Vers 5: En na die duisend jaar (Op die nuwe planeet) sal daar nie meer nag wees nie, en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig. En hulle sal as konings regeer tot in ewigheid.
Vers 7: Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie bewaar.
Vers 16: Ek, Jesus, het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeente te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester.
Matt 25 vers 34: Dan sal die Koning, aan die wat aan Sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van My Vader, beërf die koninkryk van My Vader.
Vers 35: Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee. Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee. Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee. Ek was naak, en julle het My geklee. Ek was siek, en julle het My besoek. Ek was in die gevangenis, en julle het na My gekom.
Vers 37: Dan sal die regverdiges Hom vra: Wanneer het ons al hierdie dinge vir U gedoen, Here?.
Vers 40: En die Koning sal antwoord: Vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Vers 41: Dan sal Hy ook vir die aan Sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
11 Pet 3 vers 17: Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
11 Kor 5 vers 1: Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
Vers 2: Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word.

Die nuwe Jerusalem - stad van God op die nuwe aarde

Openb 21 Vers 11: En die heerlikheid van God sal daarin wees.
Vers 12: Dit sal 12 poorte hê wat bewaak word deur 12 engele, en die 12 stamme van israël se name sal daarop wees. Drie poorte aan al 4 kante.
Vers 14: Twaalf fondamente met die name van die 12 apostels.
Vers 16: Die stad sal 1500 myl lank, 1500 myl breed, 1 500 myl hoog wees.
Vers 18: Die stad sal wees van suiwer goud. Vers 19: Die eerste fondament van jaspis, die volgende van saffier, dan chalcedoon, dan smarag, dan sardoniks, dan sardius, dan chrisoliet, dan beril, dan topaas, dan chrisopraas, dan hiasint, en die twaalfde ametis.
Vers 24: En die nasies, van die wat gered word, sal in die lig daarvan wandel.
Vers 25: Nag sal daar nie meer wees nie, en sy poorte sal nooit gesluit word nie.
Vers 27: En daar sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam. (Jesus).
Openb 22 Vers 1: Daar sal ‘n rivier uitvloei uit die troon van God en Jesus. Die rivier van die lewe.
Vers 2: Weerskante van die rivier die boom van die lewe, (Soos in Adam en Eva se tyd) wat elke maand vrugte dra, en sy blare sal die nasies genees.
Vers 4: En ons sal Sy Aangesig sien, en Sy Naam sal op ons voorhoofde wees.
Vers 5: En ons sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
Vers 6: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig. Die Here het Sy engel gestuur om ons te toon wat gou moet gebeur.
Vers 7: Salig is hy wat die woorde van hierdie profesie bewaar.
Vers 8: En dit is ek, Johannes, wat dit gesien en gehoor het.
Vers 10: En die engel het aan my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.
Vers 11: Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen, en laat die regverdige nog regverdiger word, en die heilige nog heiliger.
Vers 12: Ek kom gou, en My loon is by My;, om elkeen te vergeld soos sy werke was.
Vers 14: Salig is hy wat die gebooie onderhou, sodat hy kan reg hê op die boom van die lewe, en ingaan deur die poorte in die stad.
Vers 15: Geen sondaar sal in die stad kan ingaan nie, geen towenaars, hoereerders, moordenaars, afgodedienaars of iemand wat leuens liefhet nie.
Vers 16: Ek, Jesus het My engel gestuur om hierdie dinge aan julle bekend te maak.
Vers 17: En God en Jesus en die Heilige Gees sê kom! en laat hom wat hoor sê kom! en laat hom wat dors het kom, en laat hom wat wil, die water van die lewe neem - verniet!
(Ns: Ons lewe nou in die tyd wat Jesus gaan kom. In die meeste van ons se leeftyd! in die jaar 2000 is 6000 jaar verstreke vanaf die tyd van Adam. God doen alles in sewes. Die 1000 jaar van vrede sal dus ook die sewende (dag) wees.)
11 Petrus 3 Vers 8: Dat een dag by die Here soos ‘n duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
Hosea 6 Vers 1: Die Here het ons verskeur, en sal ons genees, Hy het geslaan, en sal ons verbind.
Hosea 6 Vers 2: Hy sal ons na twee dae (Na 2000 jaar) lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor Sy Aangesig kan lewe. (Die 1000 jaar van vrede. Dit is nou 1990. Oor ‘n paar jaar is die eerste twee dae (die jaar 2000) verby. Daarna kom Jesus. Ons lewe nou al bykans 2000 jaar met die gedagte: Ag, Jesus het vir my gesterf, daarom sal ek hemel toe gaan. As ek sondig, dan vra ek maar net weer om vergifnis. Dit is verkeerd !! vanaf die oomblik wat u wedergebore word, of in ander woorde glo dat Jesus vir u gekruisig is, en die Heilige Gees in u kom woon, is dit u as persoon se verantwoordelikheid om nie bewustelik te sondig nie.)
1 Joh 1 Vers 7: Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar, en die Bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.
1 Kor 15 Vers 58: Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
(Begin vandag u nuwe lewe vir ewig!! lewe volgens die skrif, en groei geestelik. Die hoofdoel is nou om u lewe te verbeter. Indien u dus aanhou met sondes soos owerspel, hoerery, diefstal, moord, leuens ens., of u aanvaar die merk van die antichris (666) oor ‘n paar jaar van nou, gaan u verseker nie die koninkryk beërwe nie. U sal nie gereed bevind word nie. Hou dus nou op met sondig en maak reg met God. Daar is nog tyd!)
Lukas 12 Vers 37: Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die Heer wakker sal vind as Hy kom.
Joël 2 Vers 12: Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart.
Vers 13: En skeur julle hart, (want hy is verhard) en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig.
Hosea 6 Vers 6: Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerhande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
Handelinge 17 Vers 11: En hierdie mense was edelmoedig. Hulle het die Woord met alle welwillendheid ontvang, en elke dag die skrifte ondersoek of hierdie dinge so was. (Dit is al wat ek van u vra. Glo asseblief niemand nie, lees self wat sê die Bybel.)
Jakobus 1 Vers 27: Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: Om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.
Jak 2 Vers 20: Maar wil jy weet of die geloof sonder die werke dood is?
Vers 21: Is Abraham, ons vader, nie deur sy werke geregverdig toe hy Isak, sy seun op die altaar geoffer het nie?
Vers 22: Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke?
11 Petrus 3 Vers 17: Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
(As u vandag tot sterwe kom, is u seker u gaan gered word? en sou God daar vir u vra: Waarom moet Ek jou in My hemel toelaat, wat sal u antwoord?
Mag die Here u seën, en mag u sterk word in die geloof sodat ons mekaar kan ontmoet by Jesus! ) Ten laaste wil ek u vra om hierdie skrif self te ondersoek, en moenie toelaat dat enigiemand u beinvloed nie.
Ek vra hiermee dat u u klein deeltjie moet doen, en dit is om aan al die mense in u e mail adres te vra om te gaan kyk na hierdie twee adresse:
https://thehiddenverses.blogspot.com vir Engelse mense
https://dieversteekteverse.blogspot.com vir Afrikaanse mense. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: https://wwwsearchblogspot.com (BLOG SEARCH ENGINE) en dan die boek. )