Vrydag 27 Mei 2022

DIE WEGRAPING. DIE BYBEL IN ONDERWERPE.


>
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
(Daar kom ‘n dag, in die nabye toekoms, dat Jesus al die regverdiges kom haal, en ons hemel toe sal neem na waar Hy is om vir ‘n paar jaar die verwoesting op aarde te ontvlug. Die wegraping sal 3.5 jaar plaasvind nadat die ooreenkoms van sewe jaar tussen Israel en baie nasies geteken word. Diedselfde tyd sal die 3.5 jaar verdrukking begin.)
Mark 13 vers 27: En dan sal Hy Sy Engele uitstuur, en Hy sal Sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die Hemel.
1 Thess 4 vers 16: Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met die geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
Vers 17: Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. (Weer saam met Hom terugkeer aarde toe. Dit is nie die wederkoms nie. Jesus neem ons die lug in.)
Vers 18: Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.
(Want: Waar is Jesus?, onthou Hy gaan ons neem na waar Hy is!)
Kol 3 vers 1: As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
Vers 4: Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
Psalm 71 Vers 20: U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
1 Pet 1 Vers 13: Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter, en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. (Nie wederkoms nie.)
1 Thess 5 vers 2: Want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
Vers 3: Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood van ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Vers 4: Maar julle, broeders, is nie in die duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
Vers 5: Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
Vers 9: Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus.
Luk 17 vers 26: En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens;
Vers 27: Hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die Ark gegaan het, en die Sonvloed gekom en almal vernietig het.
Vers 28: Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: Hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
Vers 29: Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
Vers 30: Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word. (Let wel, geopenbaar word, nie die wederkoms nie.)
Vers 31: In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie. (Hier is ‘n duidelike bewys van die wegraping. Met Jesus se wederkoms kom Hy vir 'n 1000 jaar op die aarde heers. Met die wegraping gaan daar nie eers tyd wees om om te draai nie.)
Vers 32: Dink aan die vrou van Lot!
Vers 33: Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou. (As jy Jesus sien kom, en hoor Hom roep, en jy word bang en vlug, sal jy nie weggeraap word nie, en sal doodemaak word deur die pessiektes, oorloë en plae wat die aarde gaan tref, asook die merk van die dier. As jy vrywillig stilstaan, dan het jy ‘n kans indien jy ‘n Christen is. Jy sal in ‘n oomblik ‘n nuwe verheerlikte liggaam ontvang, en die dood nie smaak nie. Jou ou liggaam sal agter bly, net waar jy was op daardie oomblik.)
Vers 34: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem word, die ander verlaat word. (Die een wat opgeskryf is in die Boek van die Lewe, sal weggeraap word, die ander een agtergelaat word. Dit sal ook regoor die Aarde op dieselfde tyd gebeur, want sommiges sal slaap, en sommiges sal werk.)
Vers 35: Twee vroue sal saam maal; die een aangeneem, die ander verlaat word.
Vers 36: Twee sal op die land wees, een aangeneem, een verlaat word.
Vers 37: En hulle antwoord en sê vir Jesus: Waar, Here? en Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. (Dus waar jy jou ookal bevind, jou ou liggaam sal op daardie plek agterbly.)
Amos 8 vers 11: Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie, en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor. (Al die Christene is weggeneem na die hemel, en daar is niemand oor wat die Woord ken nie.)
Vers 12: En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van Noord na Oos, om na die Woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
Lukas 21 vers 35: Want soos ‘n strik sal Hy kom oor almal wat op die hele aarde woon.
Vers 36: Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan. (Die Seun van die mens is in die hemel.)
Joh 16 vers 16: ‘n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie, en weer ‘n klein tydjie, en julle sal My sien, omdat Ek na die Vader gaan.
Matt 24 vers 36: Maar van die dag en die uur weet niemand nie, ook die Engele van die hemel nie, maar net My Vader alleen. (Volgens Die Bybel kom Jesus presies op die laaste dag van die sewe jaar vredes ooreenkoms tussen Israel en baie nasies. Ons weet dus op watter dag. Die wegraping volgens Die Bybel gebeur ongeveer 3.5 jaar na die ooreenkoms van sewe jaar. Ons ken nie die dag nie.
Vers 40: Dan sal daar twee op die land wees; die een word aangeneem en die ander word verlaat.
Vers 41: Twee vroue by die meul maal; die een word aangeneem en die ander verlaat.
Matt 24 vers 42: Waak dan, omdat julle nie weet in watter uur julle Here kom nie.
Matt 25 vers 13: Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.
Matt 24 vers 43: Maar weet dit: As die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak het en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.
Vers 44: Daarom moet julle ook gereed wees, (Hou op sonde doen) want die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
Openb 14 vers 15: En ‘n ander Engel het uit die Tempel gekom, en met ‘n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir u gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. (Let op, die Here sit op ‘n wolk, Hy kom nog nie om die koningskap te aanvaar nie.)
Joh 14 vers 2: En Jesus sê: In die huis van My Vader is daar baie wonings. Ek gaan om vir julle plek te berei. (Jesus se koninkryk gaan op die aarde wees vir 1000 jaar, Hoekom dan vir ons plek berei in die hemel? Dit is ‘n duidelike bewys van die wegraping. Ons sal vir ‘n rukkie daar wees, en weer saam met Hom terugkeer om oorlog te maak.)
Vers 3: En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer, en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. (In die hemel.)
Vers 4: En waar Ek heengaan, weet julle, en die weg ken julle.
Joh 7 vers 33: Nog ‘n klein tydjie is Ek by julle, en Ek gaan na Hom wat My gestuur het.
Fil 3 vers 20: Want ons burgerskap is in die hemele, vanwaar ons ook as verlosser verwag die Here Jesus Christus.
Vers 21: Wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan Sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
Openb 3 vers 10: Omdat jy die woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in (Van die uur - Engelse Bybel) die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Die merk van die dier gaan op ons af geforseer word. Dit is hoe almal gaan geproef word.)
Openb 3 vers 21: Aan hom wat oorwin sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het.
Openb 7 vers 9: Na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande. (Met Jesus se wederkoms kom Hy as koning op die aarde heers vir 1000 jaar. Hierdie versie sê ons gaan voor die Troon wees, dus vir ‘n rukkie in die hemel.)
Vers 10: En hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die Troon sit, en aan die Lam. (Hulle sal dus in die hemel wees, voor God, en Jesus.)
Vers 11: En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die Troon op hul aangesig neergeval en God aanbid.
Vers 13: Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
Vers 14: En ek sê vir Hom: My Heer, U weet dit. En Hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Vers 15: Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in Sy Tempel; en Hy wat op die troon sit, sal Sy tent oor hulle oopspan.
Vers 16: Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die Son of enige hitte op hulle val nie. (Die verheerlikte liggaam werk miskien nie net met kos nie. Dit is vir ons iets wonderliks. Sien: Hoe lyk Jesus in die index. Ons sal dieselfde liggaam hê.)
Vers 17: Want die Lam (Jesus) wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
Openb 8 vers 6: (En daarna sal die sewe Engele met die sewe basuine kom om die aarde te vergeld.) (Die wegraping sal dus plus minus na 3.5 jaar gebeur nadat die ooreenkoms met baie lande vir sewe jaar gesluit word met Israel, dan is daar nog 3.5 jaar van verwoesting oor voordat Jesus en ons terugkom Aarde toe.)
Openb 15 vers 2: En ek het gesien iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld, en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God. (In die hemel.)
Vers 5: En na hierdie dinge het ek gesien, en kyk,
Vers 6: Die sewe engele met die sewe plae het uit die Tempel uitgekom.(Die wegraping vind dus plaas voor die laaste sewe plae wat die aarde gaan tref.)
Openb 16 Vers 12: Sesde plaag: Die groot Eufraat rivier sal opdroog, en dit sal ook die pad wees vir die konings van die ooste om gedurende die 1000 jaar van vrede op te trek na Jerusalem.
Openb 16 Vers 14: Die konings van die aarde sal versamel om oorlog te voer teen Jerusalem.
(Die wegraping vind dus ook plaas voor die derde wêreldoorlog!!!)
Openb 20 vers 4: En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (Die duisend jaar van vrede, op die aarde. Met Jesus se wederkoms sal ons saam met Hom terugkom aarde toe.)
Openb 20 vers 5: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
Vers 6: Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Psalm 37 vers 34: Wag op die Here en hou Sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien (Uit die hemel) op die uitroeiing van die goddelose mense.
Spr 1 vers 33: Maar die wat na My luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil.
Pred 8 vers 5: Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.
Jes 40 vers 31: Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; Hulle vaar op met vleuels soos die Arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie. (Die verheerlikte liggaam wat jy sal kry met die wegraping.)
Dan 12 vers 3: En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel en die wat baie na regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos. (Die verskriklike sterk en mooi nuwe liggaam wat ons sal kry.)
Jes 25 vers 8: Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee, en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek.
Luk 20 vers 35: Maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie, en word nie in die huwelik uitgegee nie. (Die wat weggeraap word.)
Vers 36: Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die Engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is.
Jes 57 vers 1: (Wanneer die wegraping gebeur:) Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid. (Die boosheid op Aarde, ons gaan Hemel toe.)
Vers 2: Hy gaan die vrede in; hulle sal rus op hulle bedde - hy wat sy reguit pad loop. (In die wonings wat Jesus vir ons berei het in die Hemel.)
Mark 13 vers 33: Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
Vers 35: Waak dan, want julle weet nie wanneer die eienaar van die huis kom nie, in die aand of middernag of met die haangekraai of vroeg in die môre nie.
Vers 36: Dat Hy nie miskien skielik kom, en julle aan die slaap vind nie. (Vol sonde, en nie gereed om saam te gaan nie.)
Vers 37: En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Waak!
Joh 5 vers 24: Wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Vers 25: Daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat gehoor het, sal lewe.
Openb 20 vers 5: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
Joh 5 vers 28: Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor. (Onthou, Hy kom met basuin geklank.)
Vers 29: En sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Joh 17 vers 24: En Jesus bid: Vader, Ek wil dat waar Ek is, (In die hemel) hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle My heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het. (Jesus wil vir ons wys waar Hy bly. Alles daar gaan vir ons soos wonderwerke lyk.)
1 Thes 1 vers 10: En Sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus, wat ons van die toekomstige toorn verlos. (Wegraap hemel toe sodat ons die toorn van God oor die mense nie hoef te beleef nie. Dit gaan verskriklik wees, hulle gaan mekaar selfs opeet, en hulle eie bloed drink.)
Jes 3 vers 1: Want kyk, die Here sal uit Jerusalem en Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water.
Vers 2: Die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;
Vers 3: Die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.
Vers 4: En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.
Vers 5: En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.
Vers 6: As ‘n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het ‘n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees –
Vers 7: Dan sal hy in die dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie; en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie ‘n owerste van die volk nie.
Jes 3 vers 10: Sê aan die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hul eet.
Vers 11: Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.
Psalm 46 vers 3: Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
Vers 4: Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid!
Dan 12 vers 1: En in die tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; En dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.
Dan 12 vers 2: En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe, en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Dan 12 vers 3: En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel en die wat baie na regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig en altoos.
Vers 4: En jy, Daniël, hou die woorde geheim, en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder. (Dit is nou die tyd van die einde. Nou kan ons verstaan. Ons kennis het vermeerder met behulp van die komper.)
Dan 12 vers 6: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Vers 7: En Hy het gesweer by die Ewiglewende: ‘n Tyd, tye, en ‘n halwe tyd, (Drie en ‘n halfjaar) en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Die wegraping is dus enige oomblik vandat Israel oorgeneem word deur die Moslems en weggevoer word na ander lande.)
Vers 9: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
Vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. (Ek hoop u ook.)
Vers 11: En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, (Jerusalem binnegeval word)sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (Drie en ‘n halfjaar. Dit is die wederkoms, en ons sal saam met Jesus terugkom aarde toe. Die ontsettende gruwel is die antichris wat sal sit in die tempel in Jerusalem, en sal sê hy is god.)
Vers 12: Welgeluksalig is hy wat bly verwag, en duisend-driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik. (Die wat nie weggeraap is nie) (3.7 Jaar. Dan eers sal daar vrede op aarde wees. Hierdie versie is vir die mense wat agterbly, en die wegraping mis.)
Hos 13 vers 14: Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestelensies? doderyk, waar is jou verderf?
Jes 25 vers 8: Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee, en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek. Psalm 82 vers 25: Jy hoef nie bang te wees vir ‘n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
Vers 26: Want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
Matt 26 vers 29: Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader. (In die hemel.)
Joh 6 vers 54: Hy wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. (Dit is die Nagmaal. Onthou, die ander dode gaan eers opgewek word aan die einde van die duisend jaar van vrede, vir die oordeel.)
1 Kor 15 vers 22: Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle almal in Christus lewend gemaak word;
Vers 23: Maar elkeen in sy eie orde: As eersteling Christus, (Jesus is eerste weggeraap na die hemel) daarna die wat aan Christus behoort by Sy koms,
Vers 24: Daarna kom die einde, (Aan die einde van die 1000 jaar van vrede) wanneer Hy die koninkryk aan God die vader oorgee as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
Vers 25: Want Hy moet as koning heers totdat Hy al Sy vyande onder Sy voete gestel het. (Op Aarde.)
Joh 6 vers 39: En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat almal wat Hy My gegee het, ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Vers 40: En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Vers 44: Niemand kan na My toe kom, as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Vers 45: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. (Hemel toe. Dit help dus nie om net te hoor nie. Jy moet leer en doen ook.)
1 Kor 15 vers 35: Maar iemand sal sê: Hoe word die dode opgewek, en met hoedanige liggaam kom hulle? (Hemel toe.)
Vers 36: Dwase mens! Wat jy saai word nie lewendig as dit nie gesterf het nie.
Vers 37: En wat jy saai - jy saai nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n blote korrel, byvoorbeeld van koring of iets anders.
Vers 38: Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam.
Vers 39: Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, mense is anders as vee, en visse is anders as voëls.
Vers 40: En daar is hemelse liggame (Daar is dus mense op ander planete) en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse.
Vers 44: ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam en ‘n geestelike liggaam.
Vers 46: Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
Vers 49: En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. (Nie 'n geestelike liggaam nie.)
Vers 50: Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. (Dit is logies, anders moet ons almal ruimtepakke dra.)
Vers 51: Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word.
Vers 52: In ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.
Vers 53: Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike met onsterflikheid.
Jes 26 vers 19: U dode sal herlewe, My lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want U dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
Mark 14 vers 62: En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die Regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel. (Ons sal Jesus in die hemel sien sit).
Sag 14 vers 3: En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies, die dag van oorlog. (Met die wederkoms, 3.5 jaar na die wegraping.)
Vers 4: En op die dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die Oostekant.
Vers 5: Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U! (Almal wat weggeraap is, sal nou saam met Jesus terugkom.)
1 Joh 3 Vers 2: Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is. (Let wel, nie die wederkoms nie. Mense sal nie met die wederkoms aan Hom gelyk wees nie. Ons sal ook nie werklik ooit aan Hom gelyk kan wees nie, behalwe vir die verheerlikte liggaam.)
Openb 17 Vers 14: Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin - want Hy is die Here van die Here en die Koning van die konings - en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou. (Ons wat weggeraap is sal nou saam met Hom terugkom aarde toe.)
Amos 8 Vers 9: En in die dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
Openb 19 Vers 15: En uit Sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer.
Sag 3 Vers 3: En Josua was bekleed met vuil klere terwyl hy voor die engel staan.
Vers 4: Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. (Die klere waarmee hy begrawe is) Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere. (Ons sal dus die klere aanhou waarmee ons op daardie oomblik bekleed is.)
11 Kor 5 Vers 3: As ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie. (Almal wat kaal slaap gaan kaal in die hemel aankom. Lees soos 'n kind!!)
Openb 16 Vers 15: Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
Luk 14 Vers 14: En jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.
Jes 13 Vers 5: Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, (Ander planeet) die Here en die werktuie van Sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
Isa 33:17 Thine eyes shall see the king in his beauty: they shall
behold the land that is very far off. (Another planet - Jesus will
return with His heavenly army from a far land, at the end of the
heaven.) (Afrikaans is verkeerd vertaal.)

Joh 14:2 In my Father's house are many mansions: if it were not so, I would have told you. I go to prepare a place for you.
Openb 12 Vers 6: En die vrou (Die Byble se woord vir gelowiges) het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend tweehonderd en sestig dae lank. (3.5 jaar. DIE TYD WAT DIE ANTICHRIS DIE AARDE GAAN REGEER.)
Vers 12: Daarom wees verheug o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.
Vers 14: Maar die twee vlerke van die groot arend (Spaceship) is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, (Op 'n ander planeet) na haar plek kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word 'n tyd, tye, en 'n halwe tyd. (3.5 jaar. Die duiwel is op aarde. Uit sy gesig in die Hemel)
(Dit wil voorkom of die wegraping 3.5 jaar na die ooreenkoms van sewe jaar met Israel sal plaasvind.)
Dan 12 Vers 1: En in die tyd sal Migael, die groot vors wat oor die kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie; maar in die tyd sal jou volk gered word, elkeen wat in die boek (van die lewe) opgeskrywe staan. (miljoene mense.)
Amos 8 Vers 11: Kyk daar kom dae, spreek die Here Here, dat ek 'n honger in die land sal stuurom die Woord van die Here te hoor.
Vers 12: En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van Noord na Oos, om na die Woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie. (AL DIE CHRISTENE IS WEGGERAAP EN NIEMAND WAT OORBLY KEN DIE BYBEL NIE.)

Openb 2 Vers 17: Aan hom wat oorwin sal Ek gee om te eet van die verborge Manna. (Die manna gaan weer vir ons gegee word in die woestyn op 'n ander planeet)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )