Donderdag 23 Desember 2021

Die merk van die dier, 666 DIE BYBEL IN ONDERWERPE


DIE MERK VAN DIE DIER

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY

Matt 23 Vers 13: Maar wee julle, skrifgeleerdes (Predikante!) en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
Vers 15: Julle trek rond oor see en land, om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel.
(Die 666 wat nou al op meeste produkte voorkom. Let op die merke op blikkieskos, ens. Dit bestaan uit ‘n klomp strepies, maar die eerste, middelste en laaste is langer. Dit is die komper se drie sesse. Die merk van die dier, 666 wat later op ons hand of voorhoof verpligtend aangebring gaan word, waarsonder ons nie sal kan koop of verkoop nie, maar God verbied ons om die merk te vat. Hy stuur dit as 'n toets oor die hele aarde, en die wat die merk vat gaan nie die ewige lewe beerwe nie.)
Joh 16 Vers 2 Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys. (Dit kan net Moslems wees. Hulle vermeerder teen 8 kinders per ouerpaar, en ons teen 1.4. Daar is alreeds miljoene van hulle in elke groot land. Indien dit so aangaan sal hulle binnekort die meerderheid wees in al die lande oor die wêreld, maar Jesus sal ons voor die tyd red.)
Openb 13 vers 13: Hy laat selfs vuur uit die hemel neerdaal. (Die Bybel verwys hier na die valse profeet wat die antichris gaan bystaan.)
Vers 14: Hy laat die mense ‘n afgodsbeeld maak van die antichris.
Vers 15: ‘n Gees sal aan die afgodsbeeld gegee word sodat hy kan praat en maak dat almal gedood word wat die beeld nie aanbid nie. (Ons maak al vandag kompers wat kan praat. Antichriste sal met behulp van kameras sien as jy verbyloop sonder om voor die beeld te kniel, en jou doodmaak.)
Vers 16: En hy maak dat aan almal, klein en groot, rykes en armes, ‘n merk op hulle regterhand en op hul voorhoofde gegee word. (Dit sal min of meer wees soos ‘n kredietkaart wat op jou hand of voorhoof - permanent - aangebring word. Die merk sal begin met ‘n 6, in die middel is daar ‘n 6, en dit sal eindig met ‘n 6. Die enigste verskil is, nie die ses soos ons hom ken nie, maar die komper se ses, twee lang strepies.)
Vers 17: Sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk, of die naam van die antichris of die getal van sy naam het nie.
Vers 18: Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het: Die getal is 666. (Soos hierbo verduidelik).
Joh 5 vers 43: En Jesus sê: Ek het gekom in die Naam van My Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hom sal julle aanneem. (Die antichris).
Openb 14 Vers 7: En ‘n engel sal oor die aarde vlieg en sê: Aanbid Hom wat die hemel en aarde gemaak het. Want die uur van Sy oordeel het gekom.
Vers 9 tot 10: As iemand die dier en sy beeld aanbid, en die merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van Sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en Jesus.
Vers 11: En hulle sal dag en nag geen rus hê nie, hulle wat die antichris aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam (666) ontvang, tot in alle ewigheid. (Die Vader stuur hierdie toets oor almal oor die Aarde, om te sien wie regtig Sy mense is, en wie nie. As jy die merk aanvaar, aanvaar jy Satan.)
Vers 13: Salig is van hierdie oomblik af die dode wat in die Here sterwe. (Hulle gaan sommiges van ons doodmaak omdat ons nie die merk wil aanvaar nie.)
Openb 16 Vers 2: Kwaai en bose swere sal aan die mense kom wat die merk van die dier het, en sy beeld aanbid het.
Joh 9 vers 4: Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (Wanneer die antichris al die Christene oor die hele aarde sal vervolg en doodmaak, en al wat Bybel is of Bybel stories sal verbrand, en alles op die Internet sal uitvee wat oor God en Jesus gaan.)
Joh 16 vers 2: Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom ‘n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy ‘n diens aan God bewys. (Moslems)
Vers 4: Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het.
Openb 2 vers 10: Vrees vir niks wat jy sal ly nie, kyk, die duiwel gaan sommiges van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word en julle sal tien dae lank verdrukking hê. (Gemartel word?) Wees getrou tot die dood toe, (Hulle gaan dus sommiges van ons doodmaak.) en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.
Vers 11: Die wat oorwin sal deur die tweede dood geen skade ly nie.
Vers 17: Aan hom wat oorwin sal Ek gee om te eet van die verborge Manna.
Vers 18: Dit sê die Seun van God wat oë het soos ‘n vuurvlam, en Sy voete is soos blink koper.
Vers 19: Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur.
Vers 26: En aan hom wat oorwin en My werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee. (Saam met Jesus regeer as ‘n koning op aarde.)
Openb 3 vers 5: Wie oorwin sal beklee word met wit klere en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie. (‘n Naam kan dus uitgewis word, afhangende van hoe ons leef.)
Vers 11: Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
Vers 12: Wie oorwin, Ek sal op hom die Naam van My God skrywe, en die naam van die Stad van My God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel neerdaal. (Ons sal selfs na die 1000 jaar van vrede saam met Jesus regeer op die nuwe Planeet. Die stad van God daal eers na die 1000 jaar van vrede af na die nuwe planeet.)
Vers 21: Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. (Weereens ‘n belofte om saam met Jesus te kan regeer vir ewig.)
Exo 32 vers 33: Toe het die Here Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, hulle name sal Ek uitdelg uit My boek. (As u die merk aanvaar)
Openb 3 vers 10: Omdat jy die woord van My lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar van die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Die merk van die dier, 666, maar ons sal weggeraap word.)
Openb 5 vers 9: U is geslag (Jesus) en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie.
Vers 10: En het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
Openb 6 vers 8: ‘n Persoon met ‘n vaal perd, sy naam is die dood, en die doderyk sal hom volg (Die antichriste) en aan hulle (sy volgelinge) is mag gegee oor ‘n kwart van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes.
Vers 9: Die persone wat gedood is ter wille van die Woord van God, aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat hulle broeders wat nog gedood moet word voltallig is. (Dit is die mense wat doodgemaak word omdat hulle nie die merk van die dier, die 666 op hul hand of voorhoof wil aanbring nie, en ook omdat hulle nie die antichris wou aanbid nie. Onthou, hy gaan sê hy is god, en almal moet hom aanbid.)
Vers 11: En aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat hulle broers, wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sal wees.
Openb 7 vers 9: Na hierdie dinge sal daar ‘n groot menigte wees wat niemand kan tel nie, uit alle nasies en volke en tale voor die troon van Jesus (in die hemel) met palmtakke in hulle hande.
Vers 11: En al die engele het rondom die troon gestaan en voor die troon op hul aangesig neergeval en God aanbid.
Vers 14: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom. (En nie die merk van die dier aanvaar het, of hom aanbid het nie.)
Vers 15: Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in Sy tempel.
Vers 16: Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die Son of enige hitte op hulle val nie.
Vers 17: En God sal hulle trane van hulle oë afvee.
Openb 9 vers 3: Uit die rook sal daar sprinkane uitkom op die aarde, en hulle sal kan steek soos skerpioene.
Vers 4: Hulle sal slegs die mense steek wat nie die merk van God op hul voorhoofde het nie. (Dus almal wat die merk van die dier op hul voorhoof of regterhand het.)
Vers 5: Hulle sal nie kan doodmaak nie, maar vir vyf maande lank die mense pynig soos ‘n skerpioensteek.
Vers 6: In die dae sal die mense die dood soek, maar dit nie vind nie, verlang om te sterwe, maar die dood sal vir hulle wegvlug.
2 Thess 2 vers 3: Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van die sonde geopenbaar word, die seun van die verderf.
Vers 4: Die teëstander wat hom verhef bo God, sodat hy in die tempel (Van Jerusalem) van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Luk 21 vers 9: En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie, want die dinge moet eers plaasvind, maar dit is nog nie dadelik die einde nie.
Vers 10 tot 19: Die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander. Daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees, en hongersnode en pessiektes, en daar sal verskriklike dinge en tekens van die hemel kom. Maar voor hierdie dinge sal die antichriste die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in gevangenisse en julle aankla ter wille van My naam. Moenie voor die tyd aan julle verdediging dink nie, want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie. Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van My naam. (Daar sal ‘n wet uitkom wat sê enigiemand wat weet van iemand, of wat hom voed, wat nie die merk van die dier het nie, sal saam met die persoon wat hy beskerm doodgemaak word. Dan sal broer teen broer en vader en suster en moeder teen seun optree en ons oorlewer.)
Miga 7 vers 5: Vertrou geen metgesel nie, maak op geen vriend staat nie, let op die poorte van jou mond teenoor haar wat in jou skoot lê.
Vers 6: Want die seun minag die vader, die dogter staan op teen haar moeder, die skoondogter teen haar skoonmoeder, die man se vyande is sy huisgenote!
Sag 14 vers 2: Want Ek sal al die nasies versamel om teen Jerusalem oorlog te voer. Die stad sal ingeneem word, die huise geplunder en die vroue onteer word. Die helfte van die stad sal uitgaan as krygsgevangenes. (Slegs die Israeliete, want die ander helfte is Moslems)
Matt 24 vers 2 1: Want dan sal daar ‘n groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
Openb 19 Vers 19: En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die wit perd sit, en teen Sy leër.
Vers 20: En die antichris sal gevange geneem word saam met sy valse profeet, wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. En lewend sal hulle in die vuurpoel gewerp word wat met swawel brand. (Daar is dus ‘n Hel. Moenie mislei word nie. ‘n Poel van vuur.)
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )