Maandag 25 Oktober 2010

Was daar mense op aarde voor Adam en Eva? DIE BYBEL IN ONDERWERPE


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Eseg 26 Vers 19: As Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek; (In Noag se tyd.)
Vers 20: Dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.
Pred 1 Vers 9: Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie. (Ek dink die Aarde het dalk al duisende kere vergaan, en alles begin weer van voor af. Die Aarde is dalk die Hemelinge se "reality show"
Vers 10: Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.
Vers 11: Daar is geen nagedagtenis van die voorvaders nie; en ook van die nageslagte wat kom, sal daar geen nagedagtenis wees by die wat later sal wees nie.
Psa 104 Vers 30: U stuur U Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.
(Die aarde word nie geskape nie, hy was daar voorheen. Die aarde word hernu.) 
Miga 5 Vers 1: En jy, Betlehem efrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n heerser in Israel sal wees; (Jesus) en Sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid. (Elke keer word slegs die regverdiges op die einde uitverkies om die Koningkryk van die Hemele te beërwe - slegs die wat waardig geag word – die ander word vernietig, en die proses begin weer voor. In ‘n steenkoolmyn is iets soortgelyks aan ‘n vonkprop gevind 2 kilometer onder die aarde en het vasgesit binne in die steenkool, miljoene jaar oud!)
Psalm 68 Vers 34: Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef Sy stem, ‘n magtige stem. Jes 14 Vers 12: Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies! (Hier word gepraat van Satan. Satan het Satan geword toe hy die mense van die aarde verlei het, deur te sê hulle moet hom aanbid, en ook omdat hy hom bokant God wou stel. Hy is toe uit die hemel geskop. Dit was gedurende 'n siklus waarvan ons nie weet nie.)
Vers 13: En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God..
Eseg 28 Vers 14: Jy was ‘n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n Heilige berg; (aangestel oor ‘n heilige nasie) ‘n God was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.
Gen 3 Vers 1: En die slang sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
Vers 3: En Eva antwoord die slang: Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie, en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
Vers 5: Toe sê die slang: Julle sal gewis nie sterwe nie. Maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan.
(Satan was dus al reeds neergegooi op die Aarde toe die eerste mense, Adam en Eva, gemaak is. Oor watter mense het hy dan geheers, en deur watter mense is hy uit die hemel geskop? daar was dus mense voor Adam en Eva op die aarde.)
Openb 20 Vers 2: En Hy het die draak gegryp - die ou slang wat die duiwel en die Satan is - en Hy het hom gebind duisend jaar lank. (Die duisend jaar van vrede wat nog moet kom.)
Gen 4 Vers 1: En Adam en Eva (Volgens die Bybel die eerste mense op aarde) het twee seuns gehad, Kain en Abel
Vers 10: Toe Kain vir Abel doodmaak,
Vers 11: Word hy vervloek deur God.
Vers 14: Toe sê Kain aan God: ‘n Swerwer en vlugteling sal ek wees op aarde, en elkeen wat my kry sal my doodmaak.
(Daar was dan net Adam, Eva en Kain op die aarde. Wie sou hom dan doodmaak?)
Vers 17: En Kain het sy vrou beken. (Waar het hy haar gekry?)
Vers 25: En Adam het sy vrou weer beken, en Set is gebore.
Vers 26: En ook vir Set is ‘n seun gebore. (Waar het hy ‘n vrou gekry?)
Job 38 Vers 1-7: Toe die aarde geskep is, het die Seuns van God saam gejuig. (Kom hulle ook soos Jesus, die Seun van God, uit ‘n vorige lewe op aarde? Is hulle ook Koning oor die Konings op ander planete? volgens die Bybel is Adam ongeveer 6000 jaar gelede geskape. Waar kom die kopbene op aarde vandaan wat miljoene jaar oud is? En die dinausarrusse?)
Mal 2 Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. (Uit Adam) Neem julle dan in ag ter wille van julle gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. (Dit is hoekom Adam geskape is. Ons is 'n geslag van God.)
Dan 7 Vers 9: Ek het bly kyk totdat trone (Baie Konings in die Hemel) reggesit is en ‘n Oue van dae gaan sit het; Sy kleed was wit soos sneeu en die hare van Sy Hoof soos skoon wol; Sy Troon was vuurvlamme, die wiele daarvan ‘n brandende vuur;
Vers 10: ‘n Stroom van vuur het gevloei en voor Hom uit gegaan; duisend maal duisende het Hom gedien, (Hulle kom uit ‘n vorige lewe op aarde) en tienduisend maal tienduisende het voor Hom gestaan; die gereg het gaan sit en die boeke is geopen. (Hier word nie gepraat van God nie. Hierdie Oue van dae is so hooggeplaas in die Hemel, dat Hy aan Jesus die Koningskap oor die Aarde oorhandig het. Klink soos die Hemel se regering.)
Dan 7 Verse 13: En kyk, met die wolke van die hemel het een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom (Jesus) nader gebring voor Hom.
Vers 14: En aan Hom (Jesus) is gegee heerskappy en eer en koningskap; (Oor die aarde) en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; Sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en Sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
Gen 6 Vers 1: Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
Vers 2: Sien die Seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hul as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Vers 4: In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die Seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. (Dit is nog 'n siklus wat ons nie van weet nie.)

(Waarom het die Vader dan vir Adam gemaak tussen al hierdie ander mense?)
Mal 2 Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek.
(Daar is nou 'n hamer met sy steel wat vassit in soliede klip diep onder die grond gevind wat 1.4 MILJOEN jaar oud is. Daar is ook baie ander voorwerpr gevind wat niemand kan verklaar nie, behalwe Die Bybel verklaar dat dit voorwerpe uit 'n vorige lewens siklus op aarde is. Volgens die TV series Ancient Aliens was dit gode wat oor die miljoene jaar afgedaal het en die mense se op baie plekke reg oor die aarde dinge geleer het. Hierdie TV reeks veral series 16 episode 7 sal bewys dat daar mense op aarde was voor Adam, maar die reeks glo dat dit gode was.
Hulle het dinge ontdek wat ons vandag nie kan namaak nie.
Op hierdie siklus waar ons vandag is is mense gemaak:)
Genesis 1 Vers 26: En God het gesê: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Woensdag 29 September 2010

Wanneer en hoe is die wederkoms van Jesus? DIE BYBEL IN ONDERWERPE

GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Ek gee u toestemming om te copy of te paste, maak soveel afskrifte as moontlik en versprei dit aan almal wat WIL weet. Maak asseblief geen veranderings nie.
Die dag kom vinnig nader wanneer die antichris hierdie blog sal uitwis, en ons Bybels en kerke verbrand.
Ook beskikbaar in Engels op die Internet: http://thehiddenverses.blogspot.com
Jes 28 Vers 11: Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong ( ‘n ander taal) met hierdie volk (Israel en Juda) spreek. (Deur ons.)

WANNEER EN HOE IS DIE WEDERKOMS VAN JESUS?

Openb 1 vers 1: Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur ‘n engel aan Johannes te kenne gegee het.
Openb 1 vers 3: Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
Vers 4: Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van Jesus Christus, die owerste oor die konings van die aarde.
Vers 7: Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het.
Vers 11: Ek is die alfa en die omega, die eerste en die laaste. Skryf wat jy sien in ‘n boek.
Openb 2 vers 19: Skryf die dinge op wat jy gesien het, die wat is sowel as die wat gaan gebeur.
Jes 42 vers 9: Kyk, die vorige dinge het gekom, en nuwe dinge verkondig Ek. Voordat hulle uitspruit, laat Ek julle dit hoor.
Jes 46 Vers 9: Ek is God en daar is niemand soos Ek nie.
Vers 10: Wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie.
Dan 2 vers 28: Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnesar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur.
Dan 8 vers 19: Kyk, Ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur.
Openb 2 vers 7: Aan hom wat oorwin sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die Paradys van God is.
Deut 29 vers 29: Die verborge dinge is vir die Here onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.
Psalm 90 vers 4: Want duisend jaar is in U oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak.
Psalm 65 vers 12: U kroon die jaar van U goedheid, en U voetspore drup van vettigheid.)
Vers 13: Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulself met gejuig.
Vers 14: Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.
Psalm 67 vers 4: Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.
Vers 5: Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op die aarde. (Dit alles gedurende die 1000 jaar van vrede.)
2 Pet 3 vers 8: Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
Hos 6 vers 2: Hy sal ons na twee dae lewend maak, (Na die jaar 2000, ‘n paar jaar van nou af) op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor Sy Aangesig kan lewe. (Die duisend jaar van vrede, waar Jesus self as Koning oor die hele aarde sal regeer.Jesus was 33 jaar op aarde. die jaar 2000 plus 33 jaar - die wederkoms plus minus 2033)
Dan 9 vers 27: En Israel sal met baie lande ‘n ooreenkoms sluit van een week. (7 Gewone jare) en gedurende die eerste helfte van die 7 jaar sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou. (Wanneer Israel oorgeneem word deur die antichris, Moslems, begin die laaste 3.5 jaar voordat Jesus kom. Die antichris sal in die Tempel gaan sit, en sê hy is god, en almal moet hom aanbid, anders word jy doodgemaak.)
Dan 12 vers 11: En van die tyd dat die voortdurende offer afgeskaf (Dit is vandat Israel oorgeneem word) en die ontsettende gruwel opgerig word, (Die antichris in die tempel) sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (3.5 Jaar, dan die wederkoms.)
Dan 7 vers 25: En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word vir 3.5 jaar.
Dan 12 vers 7: ‘n Tyd, (1 jaar) tye (2 jaar) en ‘n halwe tyd (halwe jaar) (3.5 jaar) en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Jesus kom dus 3.5 jaar nadat Israel oorgeneem word.)
Dan 8 vers 14: Tweeduisend-driehonderd aande en môres, dan sal die Heiligdom in sy regte staat herstel word.
Dan 10 vers 14: Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae tebeurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms. (Onthou, die Bybel is meer as 2000 jaar gelede geskryf. Ons lewe nou in daardie verre toekoms!)
Openb 2 vers 25: Hou maar net vas wat julle het totdat Ek kom.
Vers 26: En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee. (Saam met Jesus regeer as ‘n koning op aarde.)
Openb 3 vers 3: Onthou wat jy hoor en bewaar dit. As jy nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie. (Ons wat Openbaring ken sal dus weet wanneer Jesus weer kom. )
Openb 10 vers 6: En Hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen tyd meer sal wees nie;
Vers 7: Maar in die dae van die stem van die sewende engel, (Sewende basuin, laaste plaag.) wanneer Hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan Sy diensknegte, die profete. (Die wederkoms van Jesus.)
Dan 7 vers 27: Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die Heiliges van die Allerhoogste. Hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees. (En Hy, Jesus sal wees Koning oor die Konings van die aarde.)
Dan 8 vers 17: Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde.
Matt 24 vers 23: As iemand dan vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! - moet dit nie glo nie.
Vers 24: Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
Vers 25: Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
Luk 21 vers 27: En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid.
Vers 28: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. (Die wegraping)
Vers 29: Let op die vyeboom en al die bome.
Vers 30: Net soos hulle bot, weet julle vanself dat die Somer al naby is.
Vers 31: So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur.
Vers 34: Maar pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en die dag julle nie skielik oorval nie.
Vers 35: Want soos ‘n strik sal hy kom oor almal wat op die aarde woon. (Indien jy nie weet wanneer nie.)
Openb 3 vers 11: Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.
Openb 3 vers 12: Wie oorwin, Ek sal op hom die naam van My God skrywe, en die naam van die stad van My God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel neerdaal. (Ons sal selfs na die 1000 jaar van vrede saam met Jesus regeer op die nuwe Planeet. Die stad van God daal eers na die 1000 jaar van vrede af na die nuwe Planeet.)
Openb 3 vers 15: Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm.
Openb 3 vers 16: Omdat jy lou is sal Ek jou uit My mond spuug!
Vers 17: Want jy sê : Ek is ryk en het aan niks gebrek nie, en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
Vers 18: Ek raai jou aan om van My te koop, sodat jy kan ryk word.
Openb 3 vers 19: Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. (Indien u dus swaarkry, en u is ‘n Christen, wees bly! Hy het dan nog nie moed opgegee met jou nie! Jy word of gestraf of getoets.)
Vers 20: Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe, en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
Vers 21: Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het. (Weereens ‘n belofte om saam met Jesus as koning te kan regeer vir ewig.)
Openb 5 vers 9: U is geslag (Jesus) en het ons vir God met U bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie.
Vers 10: En het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
Openb 6 vers 12: En daar sal ‘n groot aardbewing wees, die Son sal lyk soos ‘n harige sak en die Maan soos bloed. En sterre (Brandende stukke van planete) sal op die aarde val, en al die eilande (Deur vloedgolwe) en berge (Aardewings) sal uit hul plek versit word.
Vers 15: En die konings van die aarde, en die rykes en die magtiges en die slawe en al die mense sal wegkruip in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge sê: Val op ons en verberg ons van die Aangesig van God en Jesus, want die groot dag van Sy toorn het gekom, wie kan bestaan?
Dan 11 vers 43: Die antichris sal mag hê oor baie skatte van Goud en Silwer terwyl die libiërs en Kusiete (Swartmense) hom volg.
Openb 12 vers 1: En dit sal ‘n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk bestaan het tot op die tyd nie.
Vers 2: En baie wat in die stof van die aarde slaap sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en vir sommige vir ewig afgryslik.
Vers 3: En die verstandiges sal glinster soos die glans van die uitspansel, en die wat baie tot regverdigheid lei, soos die sterre vir ewig.
Vers 4: En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe. Baie sal dit deursoek, en die kennis sal vermeerder. (God het toe al geweet dat ons met behulp van die komper die kennis sal vermeerder.)
Joël 1 vers 10: Die veld sal verwoes wees, die akkerbome, die koring, die mos en die olie.
Vers 11: Die oes op die land sal verlore wees.
Vers 12: Al die bome van die land sal verdor. (Onthou, vir drie en ‘n half jaar sal dit nie reën nie, en dan nog die atoombomme.)
Vers 17: Die voorraad kamers sal verwoes wees.
Vers 18: Daar sal geen weiveld vir die troppe vee wees nie.
Vers 19: Want ‘n vuur sal die weivelde verteer, en die bome aan die brand steek. (Die Son sal sewe maal sy hitte gee op die dag van die wederkoms.)
Vers 20: Die waterstrome sal opdroog.
Openb 11 vers 2: Dit is aan die heidene gegee om die heilige stad (Jerusalem) twee-en-veertig maande lank te vertrap. (Drie en ‘n half jaar.)
Openb 11 vers 18: Nou sal die tyd kom om die dode te oordeel, en om loon te gee aan Sy diensknegte, die profete, die Heiliges, en aan die wat Sy Naam vrees, en om die verderwers van die aarde te verderf. (Armageddon, waar Jesus self die geveg gaan voer in die dal van Meggido, die slag van Armageddon, naby Jerusalem, teen die oorblywende antichriste.)
Luk 12 vers 47 en 48: En daardie dienskneg wat die wil van sy Heer geken het en nie klaargemaak of volgens Sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word, maar hy wat nie geweet het nie, en wat gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word.
Luk 21 vers 9: En wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie skrik nie, want die dinge moet eers plaasvind, maar dit is nog nie dadelik die einde nie.
Luk 21 vers 10 tot 19: Die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander. Daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees, en hongersnode en pessiektes, en daar sal verskriklike dinge en tekens van die hemel kom. Maar voor hierdie dinge sal die antichriste die hande aan julle slaan en julle vervolg en oorlewer in gevangenisse en julle aankla ter wille van My naam. Moenie voor die tyd aan julle verdediging dink nie, want Ek sal aan julle woorde en wysheid gee wat al julle teëstanders nie sal kan teëspreek of weerstaan nie. Maar julle sal oorgelewer word ook deur ouers en broers en bloedverwante en vriende, en hulle sal van julle doodmaak. En julle sal gehaat wees deur almal ter wille van My Naam. (Dit sal gebeur wanneer die 666, die merk van die dier verplig word.)
1 Joh 5 vers 11: Dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is Sy Seun.
Vers 12: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Vers 18: Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie. Maar hy wat uit God gebore is. bewaar homself, en die bose het geen vat op hom nie.
Vers 19: Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die bose lê.
Openb 11 vers 15: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword, en van sy Christus. En Hy sal as Koning heers tot in ewigheid.
Luk 12 vers 29: Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie.
Vers 30: Want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
Vers 3 1: Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Vers 33: Verkoop julle besittings, en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
Vers 34: Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Vers 36: En julle moet wees soos mense wat op hulle heer wag wanneer hy van die bruilof terugkom.
Vers 37: Gelukkig is daardie diensknegte vir wie die heer wakker sal vind as hy kom. (Gereed om na die bruilofsmaal te gaan, geen sondes.)
Vers 39: Maar weet dit: As die huisheer geweet het in watter uur die dief sou kom, sou hy gewaak het, en nie in sy huis laat inbreek nie.
Vers 40: Julle moet dan ook gereed wees, omdat die Seun van die mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie. (Wegraping.)
Vers 42: En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?
Vers 43: Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, so besig sal vind.
Vers 45: Maar as daardie dienskneg die diensknegte en diensmaagde begin slaan, en begin eet en drink en dronk word,
Luk 12 vers 46: Dan sal die heer van daardie dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie.
Matt 24 vers 50: Dan sal die heer van die dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie, en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie.
Matt 25 vers 1: Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet.
Vers 8: En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
Matt 25 vers 10: En onderwyl hulle gaan om olie te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met Hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.
Luk 12 vers 54: Wanneer julle ‘n wolk in die Weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.
Vers 55: En wanneer julle die Suidewind sien waai, sê julle: Dit gaan gloeiend warm wees! en dit gebeur.
Vers 56: Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan beoordeel nie? (Ons sal weet wanneer is die wederkoms, maar niemand weet wanneer is die wegraping nie, net God.)
Matt 24 vers 29: En dadelik na die verdrukking van daardie dae, sal die Son verduister word, en die Maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Matt 24 vers 30: En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, (‘n kruis) en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Vers 32: En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word, en sy blare uitbot, weet julle dat die Somer naby is.
Vers 33: So weet julle ook, wanneer julle al hierdie dinge sien, dat dit naby is, voor die deur.
Openb 16 vers 15: Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak.
1 Thess 5 vers 2: Want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
Vers 3: Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid - Dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood van ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Vers 4: Maar julle, broeders, is nie in die duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
Openb 13 vers 5 & 6: En aan die dier (Of antichris) is mag gegee vir drie en ‘n halwe jaar. (Om te regeer op aarde en die christene te toets wat na die wegraping oorgebly het.)
Openb 13 Vers 7: Hy sal oorlog voer teen die heiliges en hulle oorwin. (Hy gaan Israel inneem en alle christene oor die aarde vervolg en doodmaak.) Aan hom sal mag gegee word oor elke stam en taal en nasie.
Vers 8: En almal op aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie in die boek van die lewe opgeskryf is nie. (Almal wat die 666 - merk van die dier aanvaar.)
Jes 13 Vers 5: Hulle kom uit ‘n vêr land, van die einde van die hemel af, (‘n Ander planeet) die Here en die werktuie van Sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
Openb 19 Vers 14: En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, (Vlieënde voorwerpe) bekleed met wit en rein fyn linne.
Vers 15: Hy trap die parskuip van die grimmigheid van God. (Armageddon.)
Vers 18: En die voëls sal versamel om die vlees van konings en soldate te eet.
Vers 19: En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die wit perd sit, en teen Sy (Jesus se) leër.
Vers 20: En die antichris sal gevange geneem word saam met sy valse profeet, wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. En lewend sal hulle in die vuurpoel gewerp word wat met swawel brand. (Daar is dus ‘n Hel. ‘n Poel van vuur.)
Vers 21: En al die voëls sal versadig word van hulle vlees.
Openb 14 vers 15: Slaan u sekel in en maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
Vers 16: En die aarde sal afgemaai word.
Vers 18: En ‘n engel wat mag het oor vuur sal uit die altaar kom.
Vers 19: En die wingerdstok van die aarde sal afgeoes word en in die parskuip van die grimmigheid van God gegooi word. (Dit is dus nie nog ‘n wegraping nie, God se grimmigheid. Atoombomme )
Vers 20: En bloed sal uit die parskuip kom, so diep soos die toom van ‘n perd, en dit sal 200 myl vêr vloei.
2 Thess 2 vers 8: En dan sal die ongeregtigheid geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak.
Sag 14 vers 2: Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. (omdat hulle Moslems is)
Vers 3: En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies, die dag van oorlog.
Vers 4: En op die dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die Oostekant.
Vers 5: Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U! (Almal wat weggeraap is, sal nou saam met Jesus terugkom.)
Vers 6: En op die dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees, maar teen die aand sal dit lig word.
Sag 14 vers 9: En die Here sal koning wees oor die hele aarde.
Vers 11: En Jerusalem sal in veiligheid woon.
Vers 12: En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
Vers 13: En in die dag sal ‘n groot verwarring onder hulle kom, sodat die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
Vers 14: En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word; Goud en Silwer en Klere - groot hoeveelhede.
Vers 15: En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, kamele en die esels, en van al die diere wat in daardie laers is.
Vers 16: En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar vir jaar optrek om te aanbid voor Die Koning, die Here van die leërskare, en om die Huttefees te vier.
Vers 17: En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die leërskare te aanbid nie, hulle sal geen reën kry nie.
Vers 18: En as die geslag van Egipte nie optrek, en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal die plaag hulle tref.
Vers 19: Dit sal die straf wees van al die nasies wat nie optrek om die Huttefees te vier nie.
Vers 21: En in die dag sal daar geen Kanaaniet (geen swarmens) in die huis van die Here van die leërskare meer wees nie. (Die Leviete sal die offers waarneem. Hulle het in die verlede swartmense gebruik.)
Openb 19 vers 6: Haleluja ! Want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.
Openb 19 vers 7: Laat ons bly wees en ons verheug, en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom, en sy vrou het haar gereed gemaak.
Vers 9: Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. Dit is die waaragtige Woorde van God.
Openb 20 vers 4: En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee, en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hul voorhoof en op hul hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef, en as konings regeer saam met Christus, die duisend jaar lank.
Vers 5: En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.
Vers 6: Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Psalm 102 vers 20: Omdat Hy van Sy heilige hoogte neergesien het, die Here uit die hemel op die aarde gelet het,
Vers 21: Om die gekerm van die gevangene te hoor, (Diegene wat opgesluit sal wees omdat hulle nie die merk van die dier wil aanvaar nie) en om los te maak die kinders van die dood. (Ons grafte oopmaak en ons opwek)
Vers 22: Sodat hulle in Sion die naam van die Here kan vermeld en Sy lof in Jerusalem.
Matt 24 vers 3: En die dissipels vra vir Jesus: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?
Vers 4: En Jesus antwoord: Pas op dat niemand julle mislei nie.
Vers 5: Want baie sal onder My naam kom en sê: Ek is die Christus! En hulle sal baie mense mislei.
Vers 6: En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie.
Vers 7: Want die een nasie sal teen die ander opstaan, en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. (Soos vandag)
Matt 24 vers 8: Maar al hierdie dinge is die begin van die smarte.
Vers 9: Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van My naam.
Vers 10: En dan sal baie tot struikel gebring word, en mekaar verraai en mekaar haat. (666 sal op ons geforseer word.)
Vers 11: En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Vers 12: En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van meeste verkoel.
Vers 13: Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.
Matt 24 vers 14: En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. (Jesus gaan dus eers kom, en gedurende die duisend jaar van vrede sal die evangelie verkondig word aan al die nasies, en dan kom die einde, eintlik die nuwe begin, die nuwe hemel en die nuwe aarde sonder 'n see.)
Vers 26: En as hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn - moenie uitgaan nie. Kyk, Hy is in die binnekamer - moet dit nie glo nie.
Vers 27: Want soos die weerlig uit die Ooste uitslaan en tot in die Weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.
Vers 31: En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.
Matt 25 vers 31: En wanneer die Seun van die mens in Sy heerlikheid kom, en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy heerlike troon sit. (Op Aarde.)
Vers 32: En voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; (Gedurende die 1000 jaar)
Vers 33: En Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand sit.
Vers 34: Dan sal die Koning vir die wat aan Sy regterhand is sê: Kom, julle geseëndes van My Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die aarde af.
Vers 35: Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
Vers 36: Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
Vers 37: Dan sal die regverdiges Hom vra: Here, wanneer het ons dit alles gedoen?
Vers 40: En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle: Vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
Vers 41: Dan sal Hy ook vir die aan Sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
Vers 45: Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle: Vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
Vers 46: En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
Luk 17 vers 23: En die wederkoms sal so wees: As hulle vir julle sê: Kyk hier! of kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.
Vers 24: Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in Sy dag wees.
Openb 20 vers 7: En wanneer die 1000 jaar voleindig is sal Satan oopgesluit word.
Vers 8: Die nasies sal verlei word en versamel word om oorlog te voer teen die heilige stad van Jerusalem, en hulle getal sal wees soos die sand van die see.
Vers 9: En hulle sal opkom oor die breedte van die aarde en die heilige stad omsingel. En vuur sal van God uit die hemel neerdaal en hulle verbrand.
Vers 10: En Satan sal in die poel van vuur gewerp word (Die meeste mense dink Satan is die hoof van die Hel, maar hy is nog nie daar nie.) waar die antichris en sy profeet reeds in is. En hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. (Omdat hulle biljoene mense verlei het.)
Jes 6 vers 11: Toe sê ek: Hoe lank Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot ‘n wildernis.
Vers 12: En die Here die mense verwyder het en die verlatenheid groot is in die land.
Vers 13: En as nog ‘n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom - as hulle omgekap word - ‘n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.
Jes 7 vers 14: Daarom sal die Here self aan julle ‘n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar en Hom Immanuel noem.
Vers 15: Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is. (Dit moet nog kom. Dit is nie Jesus nie. Ek vermoed hy gaan die christene wat gevlug het regoor die wereld bymekaarmaak. Jesus het nie dikmelk en heuning geeet nie.)
Dan 12 vers 6: Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Vers 7: En Hy het gesweer by die Ewiglewende: ‘n Tyd, tye, en ‘n halwe tyd, (Drie en ‘n half jaar. 'n Jaar, twee jaar, en 'n half jaar) en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. (Jesus kom dus 3.5 jaar nadat Israel oorgeneem word deur die Moslems.)
Vers 9: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. (Dit is nou, in ons tyd!)
Vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. (Ek wil selfs sover gaan om te sê dat indien u hierdie boek deurgelees het, en nog nie verstaan nie, dan moet u oor uself begin wonder, en u bekeer.)
Vers 11: En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, (Die antichris wat in die Tempel van God sit en sê hy is god.)sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop. (Drie en ‘n half jaar.)
Vers 12: Welgeluksalig is hy wat bly verwag, en duisend driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik. (3.7 Jaar. Vrede op aarde,) Dan 3 vers 28: Maar Jesus sê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders.
Vers 29: Want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
Vers 30: Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! En vir die heuwels: Bedek ons!
Vers 31: Want as hulle dit doen aan die groen hout (Die vyand aan die jongmense) wat sal met die droë gebeur! (Die oumense.)
Han 2 vers 19: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, bloed en vuur en rookdamp.
Vers 20: Die Son sal verander in duisternis en die Maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Vers 21: En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. (Ken u Sy Naam? Sien: Die Naam van ons God.)
Psalm 78 vers 68: Maar die Here het die stam van Juda uitverkies, die berg Sion wat Hy liefhet. (Die land Israel)
Psalm 87 vers 2: Die Here het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob. (Uitverkies bo al die lande in die wêreld.)
Vers 5: En van Sion sal gesê word: Die Allerhoogste hou dit in stand.
Sag 14 vers 21: En in die dag sal daar geen Kanaaniet in die huis van die Here van die leërskare meer wees nie. (Geen swartman.
) Openb 11 vers 3: En Ek sal twee profete gee wat in sakke bekleed sal wees, en hulle sal eenduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank profeteer. (Drie en ‘n half jaar voordat Jesus kom.)
Vers 5: As iemand hulle wil beskadig sal vuur diegene verteer. As iemand hulle wil beskadig moet hy op dieselfde wyse gedood word.
Openb 11 vers 6: Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hul profesie geen reën sal val nie. (Vir drie en ‘n half jaar! ‘n Droogte en hongersnood soos nog nooit tevore nie!) En hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander, en om die aarde te tref met allerhande plaë so dikwels as hulle wil.
Vers 7: Na die drie en ‘n half jaar sal hulle gedood word.
Vers 8: En hul lyke sal lê op straat in die groot stad waar Jesus gekruisig is.
Vers 9: En mense sal hul lyke drie en ‘n halwe dag sien lê en nie toelaat dat hul lyke in die graf gelê word nie.
Vers 11: En na drie en ‘n halwe dag sal hul lewend word en op hul voete gaan staan.
Vers 12: En hulle het ‘n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in ‘n wolk, (Space ship) en hul vyande het hulle aanskou. (Hierdie wonderwerk sal nog gebeur! Binne in Jerusalem!)
Isaiah 19:2 And I will set the Egyptians against the Egyptians: and they shall fight every one against his brother, and every one against his neighbor; city against city, and kingdom against kingdom.
Verse 5: And the Nile will dry up.
Verse 8: And they that spread nets upon the waters shall languish.

In Psa 83 we read of a time just ahead when a confederation of middle eastern nations will join in an alliance in an attempt to wipe out Israel.
Psa 83:5 For they have consulted together with one consent: they are confederate against thee:
Verse 6: The tabernacles of Edom, (Turkey) and the Ishmaelites: (Arabians) of Moab, (Jordan) and the Hagarenes. (Syria)
Verse 7: Gebal, (Libanon) and Ammon, (Also Jordan) and Amalek; (Turkey) The Philistines (Palestinians) with the inhabitants of Tyre; (Lebanon. Almal Moslems.)
Verse 8: Assur (Asher,) also is joined with them; they are helping the children of Lot.




WAT MOET ONS KERK TOE AANTREK?

1 Kron 16 Vers 29: Aanbid die Here in Heilige gewaad.
Psalm 96 Vers 9: Aanbid die Here in Heilige gewaad; beef voor Sy aangesig, o ganse aarde!
1 Tim 2 Vers 9: So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
Openb 3 Vers 5: Wie oorwin sal beklee word met wit klere en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Sondag 21 Maart 2010

Voorwoord en Global Warming


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

4 JULIE 1990.
Die ou vertaling is gebruik omdat die nuwe Bybels verander is om die huidige regering te pas.
Jes 29 vers 11: So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van ‘n verseëlde boek wat hulle aan iemand gee wat kan lees, maar hy kan nie, want dit is verseël.
Mark 10 vers 15: Voorwaar Ek sê vir julle: Elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Matt 18 vers 3: En Jesus sê: Voorwaar Ek sê vir julle: As julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! (Lees en verstaan dus asb die Bybel soos ‘n kind, dan sal u volkome verstaan.)
1 Kor 3 Vers 18: Laat niemand homself mislei nie; as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word. (Moenie betekenisse agter die Woord van God soek nie, lees en verstaan dit soos dit is.)
1 Tim 6 vers 3: As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die Godsaligheid is nie,
Vers 4: Die is verwaand en verstaan niks nie, maar met ‘n sieklike sug na twisvrae en woordestryd waaruit ontstaan afguns, twis, lasteringe, bose agterdog.
Vers 5: Nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die Godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.
Efe 4 vers 18: Mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart.
Hos 14 vers 10: Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die Here is reg; En die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
Eseg 20 vers 49: Toe sê ek: Ag, Here Here, hulle sê vir my: Spreek Hy nie altyd in gelykenisse nie?
Matt 13 vers 11: Toe sê Jesus: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Vers 13: Daarom spreek ek tot hulle in gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
1 Kor 1 vers 14: Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; Want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie.
11 Kor 4 vers 3; Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan.
Vers 4: Naamlik die ongelowiges in wie die God van hierdie Wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Jes 42 vers 23: Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?
Spr 22 vers 19: Dat jou vertroue op die Here mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja vir jou.
Job 32 vers 8: Maar dit is die Gees in die mens en die Asem van die Almagtige wat julle verstandig maak.
Vers 9: Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
Job 12 vers 11: Moet die oor nie die woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
Spr 3 vers 32: Want die verkeerde is vir die Here ‘n gruwel, maar Sy verborgenheid is met die opregtes.
(Daar is honderde soorte gelowe, en almal dink hulle is reg. O, u behoort aan een van die grootste kerke? Almal kan tog nie verkeerd wees nie? Miskien word u ontnugter. Ek vra u om self die Woord te ondersoek, en self te besluit. Alles wat hierin staan kom uit die Bybel. Ek self behoort nog my hele lewe aan een van die susterkerke, maar nadat ek self die Bybel ondersoek het, was ek geskok. Vir vyf-en-veertig jaar is ek verkeerd geleer.
Die drie susterskerke NG, NH en Gereformeerd asook die Rooms-Katoliek, en baie ander kerke glo net wat hulle wil in die Bybel, die ander is kamstig beeldspraak. Dit staan so in die Bybel dat jy moet lees en verstaan soos ‘n kind, anders sal jy nie verstaan nie. Bogenoemde kerke glo bv nie aan die merk van die dier (666) op die hand of die voorhoof, of die wegraping van die christene uit die verdrukking wat voorlê, of die duisend jaar van vrede, waar Jesus self sal regeer oor die Aarde vir ‘n duisend jaar nie, ook nie dat ons na die wederkoms op die aarde saam met Jesus sal bly vir ‘n duisend jaar nie, en nog baie ander belangrike dinge. Die NG glo bv ons lewe nou in die 1000 jaar van vrede. Indien dit vrede is, wil ek nie die teenoorgestelde beleef nie. Dit is maar net ‘n paar van die dinge wat in die Bybel staan, waaraan baie kerke nie glo nie. Hulle steek ook die Naam van ons God vir ons weg, terwyl die Bybel se dat almal wat My Naam aanroep sal gered word. Hy gaan jou nie hoor as jy God God of Here Here roep nie, Daar is honderde afgode in die wereld. Dit is verstommend. Kan elke mens dus maar glo net wat hy wil, en hoop hy word gered? Nee, duisend maal nee! Ondersoek self die Bybel, en leef volgens Sy wet en Woord. Slegs dan sal u gered word. Hierdie kans word u nou gegun. U het geen verskoning nie.)
Psalm 74 vers 9: Ons sien nie ons tekens nie, daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.
2 Pet 1 vers 19: En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos ‘n lamp wat in die donker skyn.
Dan 10 vers 21: Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die Boek van die waarheid.
Spr 14 vers 12: Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood. (Die susterskerke - volgens hulle kan jy maar die 666 aanvaar want Jesus het vir jou gesterf.)
(Let asb daarop dat elke woord in die Bybel nie hier voorkom nie, en dat die doel hiervan slegs is om die Bybel aan die gewone christen bekend te maak in verstaanbare taal. Dit vervang nie u Bybel nie!)
Dan 12 vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar slegs die verstandiges sal verstaan.
1 Kor 1 vers 26: Want let op julle roeping, broeders, julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie.
Vers 27: Maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam, en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam.
Dan 9 vers 6: En ons het nie geluister na U knegte, die profete, wat in U Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.
Dan 12 vers 4: Naby die eindtyd sal die kennis vermeerder en mense sal die waarheid soek.

(Mag die Vader u seën sodat u kan verstaan, omdat slegs die wie se name opgeskryf is in die Boek van die Lewe sal verstaan.) Johann Pistorius.


DROOGTE, HONGERSNOOD EN WATER SKAARSTE WAT KOM
(GLOBAL WARMING)

Jes 3 Vers 1: Want kyk, die Here sal uit Jerusalem en Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water. (Hongersnood soos nog nooit voorheen nie. Dit moet verskriklik wees, want daar was al 'n hongersnood waar ouers hul kinders opgeëet het. Hierdie een gaan erger wees!)
Vers 24:Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, (Geen water om in te was) en in plaas van ‘n gordel ‘n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ‘n pronkgewaad ‘n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.
Jes 5 Vers 6: En Ek sal dit ‘n wildernis maak: Dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.
Vers 10: Want tien morg wingerd sal een enkele bat oplewer, en ‘n homer saad sal ‘n efa opbring. Jes 9 Vers 18: Deur die grimmigheid van die Here van die leërskare staan die land in vlamme, en het die volk geword soos ‘n prooi van die vuur. Die een spaar die ander nie.
Vers 19: En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm.
Jes 10 Vers 16: Daarom sal die Here onder sy vettes ‘n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy ‘n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.
Vers 17: En dit sal sy dorings en sy distels verbrand en verteer op een dag. (Die Son gaan sewe maal warmer wees.)
Vers 18: Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer ‘n kranke wegkwyn.
Jes 10 Vers 19: En die oorblyfsel van die bome van sy bos sal min in getal wees, en ‘n seuntjie sal hulle kan opskrywe.
Jes 13 Vers 8: En hulle is verskrik, kry krampe en weë, hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan: Hulle gesigte is vlammende gesigte.
Jes 13 Vers 19: So dan sal Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.
Vers 20: Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herder sal hul vee daar laat lê en rus nie.
Jes 14 Vers 30: En die eersgeborenes van die armes sal wei, en die behoeftiges sal veilig lê en rus; maar jou wortel sal ek deur honger laat sterwe, en jou oorblyfsel sal ook so doodgemaak word
.
Vers 31: Huil, o poort! skreeu, o stad! bewe, o ganse land van die Filistyne! want uit die noorde kom rook, en daar is geen afswerwer onder sy skare nie.
Jes 15 Vers 1: Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! waarlik, in die nag is KirMoab verwoes, vernietig!
Vers 6: Want die waters van Nimrim word ‘n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.
Jes 16 Vers 10: En die vreugde en gejuig weggeneem is uit die vrugteboord, en in die wingerde nie gejubel of gejuig word nie; die druiwetrapper trap geen wyn in die parskuipe nie; Ek het die vreugdegeroep laat ophou.
Jes 17 Vers 4: En in die dag sal die heerlikheid van Jakob (Israel, die 12 uitverkore volke) gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer. (Hongersnood.)
Jes 19 Vers 5: En die waters sal uit die groot waterplas verdwyn, en die rivier sal uitdroog en droog lê (Die Nyl.)
Vers 6: En die strome sal stink; die strome van Egipte sal swak word en uitdroog, riet en biessies sal verwelk.
Vers 7: Die weivelde by die Nyle, by die mond van die Nyl, en elke saailand van die Nyl sal verdor, verwaai, en nie meer wees nie.
Vers 8: En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette oor die waters uitsprei, sal verkwyn.
Vers 9: En die bewerkers van uitgekamde vlas staan beskaamd, en die wewers van wit stowwe.
Vers 10: En sy steunpilare word verbrysel, almal wat vir loon werk, sielsbedroef.
Jes 24 Vers 4: Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag. (Van dors en hitte.)
Vers 6: Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Vers 7: Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.
Vers 8: Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op. Weg is die vreugde van die siter.
Jes 24 Vers 9: Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.
Jes 24 Vers 10: Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.
Jes 24 Vers 11: Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban. (Die hele aarde)
Jes 30 Vers 26: En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die Here die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.
Jes 33 Vers 12: Dan word die volke ‘n kalkbrandery, afgekapte doringbosse wat met vuur verbrand word.
Jes 35 Vers 7: En die gloeiende grond sal ‘n waterplas word, (In die 1000 jaar van vrede)
Jes 44 Vers 10: ‘n Jaar en ‘n paar dae - en julle sal sidder, sorgelose dogters! want dit is gedaan met die druiweoes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie.
Jes 47 Vers 14: Kyk, hulle het geword soos stoppels, vuur het hulle verbrand; hulle kan hulself nie red uit die mag van die vlam nie.
Lev 26 Vers 18: En as julle dan nog nie na My luister nie,
Levit 26 Vers 19: En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
Vers 20: En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
Vers 26: As Ek vir julle die staf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versadig word nie. (Ons is nou al op hierdie stadium. Hoeveel vettes is tussen ons?)
Vers 27: As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My verset,
Vers 28: Sal Ek My in grimmigheid teen julle verset, en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.
Vers 29: En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
Jer 2 Vers 16: Ook skeer die kinders van Nof en Tagpanhes jou die hoofskedel kaal.(Atoom bestraling?)
Jer 14 Vers 4: Weens die land wat verslae is, omdat daar geen reën op die aarde is nie, (3.5 jaar geen reën nie.) kom die landbouers in die skande, hulle bedek hulle hoof.
Vers 5: Want selfs die wildsbok in die veld lam en gooi haar lam weg, omdat daar geen jong gras is nie.
Vers 6: En wilde esels staan op die kaal heuwels, hulle snuif die wind op soos die jakkalse; hulle oë versmag, omdat daar geen gras is nie. (Die twee profete in sakke bekleed sal die laaste 3.5 jaar die reën terughou.)
Jer 16 Vers 2: Jy mag vir jou geen vrou neem nie, en jy mag geen seuns of dogters hê in hierdie plek nie.
Vers 3: Want so sê die Here van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:
Vers 4: Aan dodelike siektes sal hulle sterwe, hulle sal nie beklaag of begrawe word nie, hulle sal mis op die grond wees, en hulle sal deur die swaard en die hongersnood verteer word, en hulle lyke sal dien as voedsel vir die voëls van diê hemel en die wilde diere van die aarde.
Jer 49 Vers 27: En Ek sal ‘n vuur aansteek in die muur van Damaskus, en dit sal die paleise van Benhadad verteer.
Jer 50 Vers 32: Dan sal die vermetele struikel en val, en daar sal niemand wees wat hom optel nie; en ek sal ‘n vuur aansteek in sy stede, en dit sal sy hele omgewing verteer.
Vers 38: Droogte oor sy waters, dat hulle kan uitdroog! want dit is ‘n land van gesnede beelde, en deur die skrikgestaltes is hulle waansinnig.
Vers 39: ‘n Mens sal daar in ewigheid nie meer bly nie, en dit sal nie bewoon word van geslag tot geslag nie.
Jer 51 Vers 36: Daarom, so sê die Here: Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
Deut 32 Vers 24: As hulle uitgeput is van honger en verteer deur koorsgloed en dodelike siekte, sal Ek die tand van wilde diere teen hulle loslaat met die gif van stofkruipers.
Hos 8 Vers 14: Omdat Israel sy maker vergeet en paleise (mooi groot huise) gebou het, en Juda ‘n menigte versterkte stede, daarom sal ek ‘n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.
Hos 9 Vers 2: Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.
Hos 13 Vers 15: Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom ‘n oostewind, ‘n wind van die Here, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Die sal ‘n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof. (Hulle gaan water koop met goud en silwer voorwerpe.)
Hos 19 Vers 16: Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.
Eseg 20 Vers 47: En sê aan die bos van die suidland: Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die suidland af tot die noorde toe;
Vers 48: En alle vlees sal sien dat Ek, die Here, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.
Joel 1 Vers 10: Die veld is verwoes, die akkerland treur, die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.
Vers 11: Die oes op die land is verlore.
Vers 12: Die wingerdstok het verdor, die vyeboom verwelk, ook die palm en die appelboom. AI die bome van die land het verdor.
Vers 17: Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.
Vers 18: Hoe sug die vee! die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.
Joël 1 Vers 19: Tot U, o Here, roep ek, want ‘n vuur het die weiveld van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
Vers 20: Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog.
Joel 13 Vers 7: Ek sal ‘n vuur slinger in die muur van Gasa, en dit sal sy paleise verteer.
Vers 8: En Ek sal die inwoners van Asdod uitroei en die wat die septer dra uit Askelon. Ek sal My hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom.
Vers 10: Ek sal ‘n vuur slinger in die muur van Tirus, en dit sal sy paleise verteer.
Vers 12: Ek sal ‘n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
Vers 13: Oor die kinders van Ammon, omdat hulle die swanger vroue van Gilead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei,
Vers 14: Daarom sal ek ‘n vuur aansteek in die muur van Rabba, en dit sal sy paleise verteer, met krygsgeskreeu op die dag van stryd, in ‘n storm op die dag van die orkaan.
Amos 1 Vers 4; Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in die huis van Hasael en dit sal die paleise van Benhadad verteer.
Amos 2 Vers 1: Omdat Moab die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het, daarom sal ek ‘n vuur slinger in Moab en dit sal die paleise van Kerijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe.
Vers 3: En al die vorste saam met die regeerder doodmaak.
Vers 4: Omdat hulle die wet van die Here verwerp het. (Jy mag nie iemand laat veras nie. Jy moet hom begrawe.),
Vers 5: Sal ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.
Amos 8 Vers 13: In die dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk
Obadja 1 Vers 15: Want die dag van die Here is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word. Jou daad sal op jou hoof neerkom.
Vers 18: Dan sal die huis van Jakob ‘n vuur wees, en die huis van Josef ‘n vlam, maar die huis van Esau ‘n stoppel; en die sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die Here het dit gespreek.
Mal 4 Vers 1: Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die Here, sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
Openb 7 Vers 1: Daar sal geen wind waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
Openb 11 Vers 3: En Ek sal twee profete gee wat in sakke bekleed sal wees, en hulle sal eenduisend-tweehonderd-en-sestig dae lank profeteer. (Drie en ‘n half jaar. Die laaste 3.5 jaar voordat Jesus kom))
Openb 11 Vers 6: Hulle het mag om die hemel te sluit, sodat daar in die dae van hul profesie geen reën sal val nie. (Vir drie en ‘n half jaar! ‘n droogte en hongersnood soos nog nooit tevore nie!) en hulle het mag oor die waters, om dit in bloed te verander, en om die aarde te tref met allerhande plaë so dikwels as hulle wil.
Openb 16 Vers 8: Vierde plaag: Die son sal die mense met ‘n groot hitte skroei.
Vers 12: Sesde plaag: Die groot Eufraat rivier sal opdroog, en dit sal ook die pad wees vir die konings van die ooste om gedurende die 1000 jaar van vrede op te trek na Jerusalem.
Jes 5 Vers 11: Wee hulle wat vroeg in die môre klaarmaak om sterk drank na te jaag, wat in die nag laat opbly terwyl die wyn hulle verhit.
Vers 12: En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die Here gee hulle geen ag nie, en die werk van Sy hande sien hulle nie.
Vers 13: Daarom gaan My volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Is daar lewe op ander planete? DIE BYBEL IN ONDERWERPE


GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 1,Vers 6: En op ‘n dag, toe die Seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die satan ook onder hulle gekom. (Waar is al die ander Seuns van God? dit is bekend dat God in die hemel woon. Sal God in die lug woon waar niks is nie? of sou Hy vir Hom ‘n planeet maak waarop Hy sal woon? besluit self. Indien u besluit God woon nie in die lug waar niks is nie, dan is daar lewe op ander planete. Duisende mense, onder wie predikante, en hooggeplaastes, het al met hul eie oë vliënde pierings waargeneem, wat nie van ons aarde is nie. Waar woon die engele? waar woon die hemelse leërskare?)
Openb 7 Vers 9: Na hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; (Daar is 'n Troon, klere en palmbome.)
Vers 10: En hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam.
(Palmbome kan nie in die lug groei nie. Waar God is, is dus ook palmtakke. Die hemel, waar God is, het dus ook grond, waar plante in kan groei. God woon op ‘n planeet.)
Job 38 Vers 7: Toe die môresterre saam gejubel en al die Seuns van God gejuig het?
Jes 13 Vers 5: Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van Sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes. (Ander planeet.)
Jes 40 Vers 22: Hy sit bo die kring van die aarde, en die bewoners daarvan is soos sprinkane; Hy span die hemele uit soos ‘n dun doek en sprei dit uit soos ‘n tent om in te woon. (Daar woon dus mense in die Hemel.)
Jes 45 Vers 18: Want so sê die Here, wat die hemele geskape het - wat die aarde geformeer en dit gemaak het - Hy het dit bevestig: Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word. (Die hemele om bewoon te word.)
Jes 51 Vers 3: Want die Here vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en Sy wildernis soos die tuin van die Here;
(Erens in die hemel is dus ‘n tuin van die Here, wat bestaan uit bome, grond en blomme. Dit kan net op ‘n planeet wees.)
11 Sam 22 Vers 7: Toe ek benoud was, het ek die Here aangeroep; uit Sy paleis het Hy my stem gehoor.
Psalm 11 Vers 4: Die Here is in Sy Heilige paleis. Die troon van die Here is in die hemel. (Daar is dus ook ‘n paleis.)
Sag 5 Vers 9: En hulle het die efa weggevoer tussen die aarde en die hemel. (Na ‘n ander planeet.)
Joh 8 Vers 23: En Jesus sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo; julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. (Daar is ander wêrelde.)
Joh 14 Vers 2: In die huis van My Vader is daar baie wonings. Ek gaan om vir julle plek te berei. (Wonings kan nie uit lug bestaan nie.)
1 Kor 15 Vers 48: Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. (Daar is mense in die hemel.)
Deut 30 Vers 4: Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die Here jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.
Eseg 1 Vers 1: Toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was,
Vers 4: En daar het ‘n stormwind uit die noorde gekom, ‘n groot wolk met onophoudelike vuur; en ‘n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter. ( ‘n Vlieënde piering.)
Vers 5: En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom. (Die Here het met ‘n vlieënde voorwerp saam met Sy engele gekom. Daar is dus ook vlieënde voorwerpe in die hemel. Dit is ook ‘n bewys dat vlieënde pierings bestaan. )
Eseg 11 Vers 22: Toe het die gerubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was. (Daar is dus ook voertuie in die hemel.)
Vers 23: En die heerlikheid van die Here het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.
Hand 1 Vers 9: En ‘n wolk het Jesus voor hulle oë weggeneem.
Hand 8 Vers 39: En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie.
1 Kor 15 Vers 40: En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as die van die aardse. (Ons liggame kan nie in die ruimte oorleef nie, behalwe met ruimtepakke.)
Openb 12 Vers 12: Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. (Hier sê God self vir ons daar woon iemand in die hemele.)
Jes 14 Vers 13: En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die noorde. (Hierdie berg is dus in die hemel.)
Vers 14: Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Gen 6 Vers 1: Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
Vers 2: Sien die Seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hul as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Vers 4: In die dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die Seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en die vir hulle kinders gebaar het. (Dit op sigself is genoeg bewys daar is lewe op ander planete. Die verheerlikte liggaam kan nie met ons liggaam meng nie, want reuse word dan gebore.)
Psa 68 Vers 18: Die waens (voertuie en vliegtuie) van God is tienduisende, duisend maal duisende.
11 Kor 12 vers 2: Ek weet van ‘n man in Christus, veertien jaar gelede, of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. (Derde planeet, maar daar is duisende meer.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Wie gaan nie Hemel toe nie? DIE BYBEL IN ONDERWERPE


GAAN NA OUER PLASING AAN ONDERKANT VAN BLADSY

Efe 5 Vers 5: Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
Fil 3 Vers 18: Want baie - van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê - wandel as vyande van die kruis van Christus.
Vers 19: Hulle einde is die verderf; hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.
Openb 21 Vers 7: Hy wat oorwin sal alles beërwe en Ek sal vir hom ‘n God wees en hy sal vir My ‘n seun wees.
Vers 8: Maar die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars sal dit nie beërwe nie. Hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel. Dit is die tweede dood.
Joh 8 Vers 43: Waarom ken julle My spraak nie? omdat julle na My woord nie kan luister nie.
Vers 44: Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. In hom is daar geen waarheid nie. Hy is ‘n leuenaar, en die vader daarvan.
Vers 47: Die wat uit God is, luister na die Woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
Dan 12 Vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar slegs die verstandiges sal verstaan.
Matt 13 Vers 11: Toe sê Jesus: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Joh 10 Vers 26: Maar julle glo nie, want julle is nie van My skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
Vers 27: My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
Vers 28: En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit My hand ruk nie.
Efe 5 Vers 3: Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam.
Matt 7 Vers 21: Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Vers 22: Baie sal in daardie dag vir my sê: Here Here, het ons nie in U Naam geprofeteer en in U Naam duiwels uitgedrywe en in U Naam baie kragte gedoen nie?
Vers 23: En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Jak 1 Vers 26: As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Jak 2 Vers 14: Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? die geloof kan hom tog nie red nie?
1 Joh 5 Vers 12: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Vers 13: Dit het ek aan julle geskrywe wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Rom 6 Vers 12: Laat die sonde dan in julle sterfllike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoordaam sou wees nie.
Vers 13: En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Vers 14: Want die sonde sal oor julle nie heers nie, want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Vers 16: Weet julle nie dat aan wie julle julleself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie - of van die sonde tot die dood, of van die gehoorsaamheid tot die geregtigheid?
Matt 7 Vers 17: So dra elke goeie boom goeie vrugte, maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
Vers 19: Elke boom wat slegte vrugte dra, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Gal 5 Vers 19: En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, (egbreek) hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
Vers 20: Afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
Vers 21: Afguns, moord, dronkenskap, brassery, en dergerlike dinge, dat die wat sulke dinge doen, nie die koninkryk van God sal beërwe nie.
Heb 12 Vers 14: Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.
Matt 5 Vers 20: Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die Skrifgeleerdes (Predikante) en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.
Vers 22: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die groot raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Matt 12 Vers 36: Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet julle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Vers 37: Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Joh 3 Vers 36: Hy wat die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.
Rom 6: Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.
Vers 1: Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
Vers 2: Nee, stellig nie! ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Vers 4: Omdat Christus vir ons gesterf het, moet ons in ‘n nuwe lewe wandel.
Vers 6: Ons ou liggaam is gekruisig saam met Jesus, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak is, en nie meer die sonde sou dien nie.
Vers 12: Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
Rom 8 Vers 13: Want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
Heb 6 Vers 4: Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak het, en die Heilige Gees deelagtig geword het,
Vers 5: En die goeie Woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
Vers 6: En afvallig geword het - om die weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.
Heb 10 Vers 26: Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie.
Vers 27: Maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel.
11 Pet 2 Vers 20: Want as hulle, nadat hulle van die kennis van die Here en saligmaker, Jesus Christus, die besmetting van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
Vers 21: Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.
Vers 22: Maar oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: Die hond het omgedraai na sy eie uitbraaksel, en die gewaste sog om in die modder te rol.
1 Joh 1 Vers 6: As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
Vers 7: Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.
Mal 2 Vers 24: Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen - sal hy lewe? aan al sy geregtigheid wat hy gedoen het sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sondes wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.
Vers 26: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan. Deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
Eseg 33 Vers 11: Sê vir hulle: Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom moet bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van julle verkeerde weë! waarom tog wil julle sterwe!
Vers 12: Die geregtigheid van die regverdige sal hom nie red op die dag van sy oortreding nie; en aangaande die goddeloosheid van die goddelose, hy sal daardeur nie struikel op die dag as hy hom van sy goddeloosheid bekeer nie; en die regverdige sal deur sy geregtigheid nie kan lewe op die dag as hy sondig nie.
Vers 13: As Ek aan die regverdige sê dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtigheid nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe.
Eseg 33 Vers 18: As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sal hy ten gevolge daarvan sterwe.
1 Joh 5 Vers 11: Dat God ons die ewige lewe gegee het, en die lewe is Sy Seun.
Vers 12: Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
Vers 18: Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie. Maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die bose het geen vat op hom nie.
Vers 19: Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die bose lê.
Mark 3 Vers 28: En Jesus sê: Voorwaar Ek sê vir julle: Al die sondes sal die mensekinders vergewe word, en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het.
Vers 29: Maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel.
1 Joh 5 Vers 16: As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee - vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
Vers 17: Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie.
1 Kor 6 Vers 9: Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
Vers 10: Moenie dwaal nie! geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Vers 11; En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
1 Pet 4 Vers 18: En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?
11 Thess 1 Vers 7: En aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemele met Sy magtige engele.
Vers 8: In vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie, en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Vers 9: Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die Aangesig van die Here. (Dit help dus nie om net in Jesus te glo nie, jy moet die wet onderhou!)
Jes 13 Vers 9: Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Spr 2 Vers 1: My seun, as jy My woorde aanneem en My gebooie by jou bewaar,
Vers 16: Om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei,
Vers 17: Wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet,
Vers 18: Want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
Vers 19: Almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie.
Spr 5 Vers 3: Want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie.
Vers 4: Maar op die end is sy bitter soos wildeals, soos ‘n swaard aan weerskante skerp.
Vers 5: Haar voete daal na die dood toe af, haar treë streef na die doderyk toe.
Vers 6: Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
Spr 7 Vers 2 1: Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
Vers 22: Hy loop skielik agter haar aan soos ‘n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot.
Vers 23: Totdat die pyl sy lewer splits; soos ‘n voël haastig na die vangnet vlieg - sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
Vers 25: Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
Vers 26: Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
Vers 27: Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
Spr 8 Vers 16: Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! en die verstandlose, aan hom sê sy:
Vers 17: Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
Vers 18: Maar hy weet nie dat daar skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.
Openb 21 Vers 27: En daar sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie, maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe van die Lam. (Jesus).
Spr 1 Vers 10: My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie.
Vers 18: So loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulself voor.
Vers 19: So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak; dit ontneem sy besitter die lewe. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )