Sondag 21 Maart 2010

Ongehude moeders



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Tim 5 Vers 8: Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.
1 Kor 7 Vers 32: En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag.
Vers 33: Maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
Vers 34: Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die Gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
Vers 36: Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
Deut 22 Vers 29: Dan moet die man wat met die meisie gemeenskap gehad het, die vader van die meisie vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot so lank as hy lewe nie.
1 Kor 7 Vers 15: Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei; in sulke gevalle is die broer of suster nie gebonde nie.
Gen 2 Vers 24: Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
Exo 22 Vers 16: As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie verlei, en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Vers 17: As haar vader weier om haar aan hom te gee, moet hy nog steeds die volle huweliksprys vir jongmeisies aan haar vader gee.
Deut 22 Vers 13: As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat,
Vers 14: En haar slegte dinge nagee en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
Vers 15: Dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
Vers 16: En die vader van die dogter moet aan doe oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;
Vers 17: En kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie - maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
Vers 18: Dan moet die oudstes van die stad die man neem en hom tugtig.
Vers 19: En hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot vir solank as hy lewe nie.
Vers 20: Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie –
Vers 21: Dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skandaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Efe 5 Vers 31: Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word.
Mal 2 Vers 14: Die Here neem julle offer nie meer met welgevalle aan nie, en julle vra: Waarom? Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? en waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
Mal 2 Vers 16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here. Neem jou dan in ag ter wille van jou gees, en wees nie ontrou nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: