Saterdag 20 Maart 2010

Gaan ons trou na die opstanding? en eet? en seksuele omgang hê?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Matt 22 Vers 28: En die Saduseërs vra vir Jesus: In die opstanding dan, van watter een van die sewe mans sal sy die vrou wees - want hulle almal het haar gehad?
Vers 29: Toe sê Jesus: Julle dwaal, omdat julle die skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.
Vers 30: Want in die opstanding trou hulle nie, en word ook nie in die huwelik uitgegee nie, maar is soos engele van God in die hemel.
Luk 20 Vers 35: Maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie, en word nie in die huwelik uitgegee nie. (Mans en vroue.)
Vers 36: Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is Kinders van God, omdat hulle Kinders van die opstanding is.
Psalm 50 Vers 9: Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie.
Vers 10: Want al die wilde diere van die bos is Myne, die vee op berge by die duisende.
Vers 12: As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is Myne en sy volheid.
Vers 13: Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?
Vers 14: Offer dank aan God en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
Jes 43 Vers 24: Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede.
Exo 31 Vers 17: Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en hom verkwik.
Gen 18 Vers 1: Daarna het die Here aan Abraham verskyn. daar was drie manne.
Vers 8: En hulle het dikmelk, soetmelk en kalfsvleis saam met hom geëet.
Gen 19 Vers 1: En Lot het die twee engele gevra om die nag oor te bly en hulle voete te was. En hy het ‘n maaltyd voorberei en hulle het geëet. (Engele was dus hul voete, en kan eet.)
Vers 4: Hulle het nog nie gaan slaap nie...(Hulle kan dus ook slaap.)
Gen 6 Vers 1: Toe die mense op aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is,
Vers 2: Sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Vers 4: In die dae was die reuse op aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan, en die vir hulle kinders gebaar het. (Hulle kan dus ook seksueel aktief wees.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: