Klein jakkalsies in die geloof wat sommiges laat struikel. Verskillende kerke.
GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 14 Vers 1: En neem hom aan wat swak is in die geloof, nie om oor sy gevoelens te oordeel nie.
Vers 2: Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente.
Vers 3: Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet nie oordeel nie, want God het hom aangeneem.
Vers 5: Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy gemoed ten volle oortuig wees. (Mense wat glo Saterdag is eintlik Sondag. So lank jy net elke sewende dag rus! Moenie daaroor baklei nie!)
Vers 6; Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here, en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.
Vers 8; Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here en as ons sterf, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe of sterwe, ons behoort aan die Here.
Rom 14 Vers 10; Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? of jy ook, waarom verag jy jou broeder? want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.
Vers 12: So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.
Vers 13; laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dit liewer, om nie die broeder ‘n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.
Vers 15: Maar as jou broeder deur voedsel gegrief word, moenie deur jou voedsel hom te gronde rig vir wie Christus gesterf het nie.
Vers 17: Want die Koninkryk van God is nie spys of drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.
Rom 14 Vers 20: Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
Rom 16 Vers 17: En ek vermaan julle, broeders, hou hulle in die oog wat tweedrag en aanstoot veroorsaak teen die leer wat julle geleer het, en vermy hulle.
Vers 18: Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
1 Kor 12 Vers 4: Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees.
Vers 5: En daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here.
Vers 6: En daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
Vers 7: Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
Vers 8: Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees.
Vers 9: Aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees.
Vers 10: Aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
Vers 11: Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
1 Kor 12 Vers 13: Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam; ons is almal van een Gees deurdronge.
Vers 19: As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?
Vers 20: Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.
1 Tim 1 Vers 4: En hulle nie besig hou met fabels en eindelose geslagsregisters nie, wat net twisvrae bevorder meer as stigting van God wat in die geloof is.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking