Saterdag 20 Maart 2010

Moet ‘n vrou ‘n hoed dra in die kerk?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Kor 11 Vers 3: Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
Vers 4: Elke man wat bid en profeteer met iets op sy hoof, doen sy hoof oneer aan.
Vers 5: Maar elke vrou wat bid of profeteer met onbedekte hoof, doen haar hoof oneer aan; want dit is een en dieselfde asof haar hoof geskeer is.
Vers 6: Want as ‘n vrou se hoof nie bedek is nie, laat sy dan ook haar hare afsny; maar as dit vir ‘n vrou lelik is om haar hare af te sny of te skeer, laat sy haar hoof bedek.
Vers 7: Want ‘n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
Vers 8: Want die man is nie uit die vrou nie, maar die vrou uit die man.
Vers 9: Want die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.
Vers 10: Daarom moet die vrou ‘n aanduiding van gesag op die hoof hê ter wille van die engele. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: