Vrydag 19 Maart 2010

Word moord vergewe?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Kon 15 Vers 4: Maar ter wille van Dawid het die Here Sy God vir hom ‘n lamp in Jerusalem gegee, deur sy seun na hom te verwek en Jerusalem in stand te hou.
Vers 5: Omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die Here, sonder om af te wyk van alles wat hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe dat hy Uria, die Hetiet, vermoor het. (Dawid se nageslag was nog steeds geseën, want Jesus is uit sy nageslag gebore.)
Exo 2 Vers 11: En in die dae, toe Moses al groot was, het hy na sy broers uitgegaan, en hulle harde arbeid aangesien. En hy het gesien hoe ‘n Egiptiese man ‘n Hebreeuse man, een uit sy broers, slaan.
Vers 12: En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe. (As ons kyk hoe die Here Moses daarna geseën het, en hom aangestel het oor sy hele volk, om die volk uit Egipte te lei, dan sou ek sê God het hom heeltemal vergewe. Ek sou selfs so ver gaan om te sê dat indien ‘n christen ‘n antichris, of iemand doodmaak wat afgode aanbid soos bv toordokters en voorvadergeeste, dit geen sonde is nie. Inteendeel, God beveel ons om hierdie mense dood te maak en uit te roei. (Sien afgode).
Psalm 32 Vers 5: My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en u het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. (Dit was nadat Dawid moord gepleeg het.Hy is toe vreeslik gestraf daarvoor.)
Psalm 38 Vers 4: (Dawid) Daar is geen heel plek in my vlees vanweë U grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
Vers 6: My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
Vers 7: Ek is krom, heeltemal geboë, die hele dag gaan ek in rou.
Vers 8: Want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
Vers 11: My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie:
Vers 12; Die wat my liefhet, en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan.
Psalm 39 Vers 11: Neem U plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van U hand. (Dit het Dawid oorgekom omdat hy moord en owerspel gepleeg het.)
Han 26 Vers 10: En Paulus (‘n Dissipel van Jesus) sê: Dit het ek ook in Jerusalem gedoen: En ek het baie van die heiliges in gevangenisse opgesluit, nadat ek van die owerpriesters volmag verkry het, en so dikwels as hulle omgebring is, het ek my toestemming gegee. (Daarna het hy homself bekeer en dissipel geword.)
Vers 11: En in al die sinagoges het ek hulle dikwels gestraf en gedwing om te laster. (En Paulus was daarna deur God uitverkies om ‘n dissipel te word.)
Exo 21 Vers 12: Hy wat ‘n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word. Behalwe as dit per ongeluk geskied.
Vers 14: As iemand met lis handel en doodmaak, moet hy sterf.
Vers 22: As twee mans met mekaar veg en aan ‘n verwagtende vrou stamp sodat haar vrug afgaan, moet hy boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê.
Vers 23: Maar is daar ‘n letsel (aan die vrou) moet jy gee lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
Exo 22 Vers 2: As ‘n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie.
Gen 9 Vers 6: Hy wat die bloed van n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na Sy beeld gemaak.
Exo 21 Vers 20: As iemand sy slaaf met ‘n stok slaan sodat hy sterwe, moet hy gewreek word, maar as die slaaf na een of twee dae nog lewe, moet dit nie gewreek word nie, want hy is sy eiendom.
Num 35 Vers 16: Maar as hy hom slaan met ‘n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
Vers 17: En as hy hom slaan met ‘n klip in die hand - waardeur iemand kan sterwe - en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar, en moet gedood word.
Vers 18: Of as hy hom slaan met ‘n houtvoorwerp in die hand - waardeur iemand kan sterwe - en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar en moet gedood word.
Vers 30: As iemand ‘n mens doodslaan, moet die moordenaar op verklaring van getuies gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand tot die dood te veroordeel nie.
Vers 31: Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van ‘n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: