Saterdag 20 Maart 2010

Baard, hare en vel, tatoëer, grysheid, oë en trotsheid



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Levit 19 Vers 27: Julle mag die rand van julle hoofhare nie rond wegskeer nie. Ook mag jy die rand van jou baard nie skend nie.
Vers 28: Julle mag ook ter wille van ‘n dooie geen snye in julle vlees maak nie, en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. (Mag nie tatoeer nie)
11 Sam 19 Vers 24: En Mefiboset het nie sy voete skoongemaak of sy baard versorg of sy klere gewas totdat die koning behoue teruggekom het nie. (Jou baard moet versorg word, die punte moet afgesny word.)
Deut 14 Vers 1: Julle is kinders van die Here julle God. Julle mag jul ter wille van ‘n dooie nie stukkend kerwe of ‘n kaalte tussen julle oë maak nie.
11 Sam 10 Vers 4: Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af, en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.
Vers 5: En toe hulle aan Dawid hiervan berig bring, stuur hy om hulle tegemoet te gaan, want die manne was baie skaam. En die koning het gesê: Bly in Jerigo totdat julle baard weer gegroei het; kom dan terug.
11 Sam 14 Vers 26: En as Absalom sy hoof laat skeer - hy het dit naamlik aan die einde van elke jaar laat skeer, omdat dit vir hom te swaar was, daarom het hy dit laat skeer.- dan het die hare van sy hoof tweehonderd sikkels geweeg.
11 Sam 19 Vers 24: En Mefiboset het nie sy voete skoongemaak of sy baard versorg of sy klere gewas totdat die koning behoue teruggekom het nie.
Spr 16 Vers 31: Grysheid is ‘n sierlike kroon; dit word gevind op die weg na geregtigheid. (Die Vader verleng jou dae.)
Spr 20 Vers 29: Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.
Spr 21 Vers 4: Hoogheid van oë en trotsheid van hart - die glans van die goddelose is sonde.
Spr 23 Vers 6: Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.
Jes 58 Vers 9: Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord.
Jer 9 Vers 26: Oor Egipte en Juda en Edom en oor die kinders van Ammon en Moab en oor almal wat die rand van hulle hare wegskeer, wat in die woestyn woon; want al die heidene is onbesnede, maar die hele huis van Israel is onbesnede van hart.
Eseg 44 Vers 20: En hulle moet hul hoof nie kaal skeer of die hare lank laat groei nie; behoorlik moet hulle hul hoofde skeer.
Hos 5 Vers 5: En die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom.
Amos 6 Vers 8: Ek het ‘n afsku van die trots van Jakob.
Sefanja 3 Vers 11: En jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op My heilige berg nie.
Jes 3 Vers 16: Verder het die Here gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
Vers 17: Daarom sal die Here die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die Here sal hul skaamte ontbloot.
Vers 18: In die dag sal die Here wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;
Vers 19: Die oorversiersels en die armbande en die sluiers;
Matt 3 Vers 4: En Johannes die doper het ‘n kleed gedra van kameelhare en ‘n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
1 Kor 11 Vers 14: Of leer ook die natuur self julle nie dat as ‘n man lang hare dra, dit vir hom ‘n oneer is nie?
Vers 15: Maar as ‘n vrou lang hare dra, dit vir haar ‘n eer is, omdat die lang hare vir haar gegee is as ‘n bedekking?
Jer 2 Vers 32: Kan ‘n jonkvrou haar versiersel vergeet, ‘n bruid haar pronkgordel?
1 Pet 3 Vers 3: Julle versiering moet nie uiterlik wees nie: Haarvlegtery en omhang van goud en aantrek van klere nie,
Vers 4: Maar nie verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van ‘n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
1 Pet 3 Vers 5: Want so het vroeër ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself versier, en hulle was aan hul eie mans onderdanig.
Spr 6 Vers 12: ‘n Deugniet, ‘n kwaaddoener is hy wat met ‘n valse mond rondloop.
Vers 13: Wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee.
Vers 14: In wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.
Vers 15: Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.
Vers 16: Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir Sy siel ‘n gruwel.
Vers 17: Trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: