Saterdag 20 Maart 2010

Seks voor die huwelik



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Deut 21 Vers 13: En daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou.
Gen 29 Vers 21: Na 7 jaar sê Jakob vir Laban: Gee tog my vrou, Ragel, want my dienstyd van 7 jaar is om, dat ek met haar gemeenskap kan hê.
Vers 23: Maar die aand het Laban sy dogter Lea na hom gebring. (Die verkeerde dogter) en hy het met haar gemeenskap gehad.
Vers 27: En Jakob het na een week met Ragel gemeenskap gehad, en nog 7 jaar vir haar gewerk. (Hy was toe nog nie getroud met Ragel nie.)
Deut 20 Vers 7: En wie is die man wat hom met ‘n vrou verloof en haar nie geneem het nie? hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie.
Exo 22 Vers 16: As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie verlei, en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Vers 17: As haar vader weier om haar aan hom te gee, moet hy nog steeds die volle huweliksprys vir jongmeisies aan haar vader gee.
1 Kor 7 Vers 36: Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
Vers 37: Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
Vers 38: Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed. Maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: