Saterdag 20 Maart 2010

Aborsie



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Gen 2 Vers 7: En die Here God het die mens gevormeer uit die stof van die aarde, en in sy neus die asem van die lewe geblaas. SO het dan die mens ‘n lewende siel geword.
Eze37 Verse 5: Thus saith the Lord God unto these bones; behold, I WILL CAUSE BREATH TO ENTER INTO YOU, and ye shall live;
Verse 6: And I will lay sinews upon you, and will bring up flesh upon you, and cover you with skin, AND PUT BREATH IN YOU, and ye shall live; and ye shall know that I am the Lord.
Jer 16 Vers 18: Daarom sal Ek eers hulle ongeregtigheid en hulle sonde dubbel vergelde, omdat hulle My land ontheilig het met die lyke van hulle verfoeisels en My erfenis gevul het met hulle gruwels.
Exo 21 Vers 22: As twee mans met mekaar veg en aan ‘n verwagtende vrou stamp sodat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê. (Dit is dus nie moord nie.)
Vers 23: Maar is daar ‘n letsel, (Aan die vrou. Onthou die kind is reeds dood) dan moet jy gee lewe vir lewe.
Vers 24: Oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.
Vers 25: Brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek. (Ek verstaan hiermee dat ‘n baba eers lewe wanneer hy begin asemhaal.)

Maar wat sê Paulus in sy Apokriewe boek?
Apokriewe boek – Die Hel. (Nog ‘n boek wat deur ons predikante uit die Bybel weggelaat is.) Die Openbaringe van Paulus.

En ek het gekyk en ander mans en vroue gesien op 'n spit van vuur, en ondiere het hulle verskeur en hulle is nie toegelaat om te sê: Here, wees ons genadig nie.
82 En ek het gesien hoe die engel van die foltering (Kopties: Aftemeloukos) die wreedaardigste foltering op hulle lê en sê: Erken die Seun van God. Want dit is tevore aan julle gesê, maar toe die Woord van God aan julle gelees is, het julle nie geluister nie; daarom is die oordeel van God regverdig, want julle bose werke het van julle besit geneem en het hierdie foltering oor julle gebring.
83 Maar ek het gesug en geween en navraag gedoen en gesê: Wie is hierdie manne en vroue wat in die
vuur gewurg word en die straf betaal? En hy het my geantwoord: Hierdie is die vroue wat die skepping van God verontreining het toe hulle kinders uit die baarmoeder voortgebring het (aborsie) en hierdie is die mans wat by hulle gelê het.
84 Maar hulle kinders het by die Here God gepleit en by die engele wat oor die foltering aangestel is en gesê: Wreek ons by ons ouers, want hulle het die skepping van God besoedel. Hulle het die Naam van God gehad, maar het nie sy gebooie gehoorsaam nie. Hulle het ons as voedsel vir die honde gegee en om onder die pote van varke vertrap te word, en ander het hulle in die rivier gegooi (Die Koptiese
teks voeg by: en het ons nie toegelaat om op te groei as regverdige mense en so God te dien nie).
85 Maar daardie kinders is oorgegee aan die engele van Tartarus (Grieks: aan 'n engel) dat hulle hul moes bring na 'n ruim plek van genade, maar hulle vaders en moeders is in die ewige straf ingesleep. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: