Sondag 21 Maart 2010

Mag 'n mens skei? en wanneer moet jy trou?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Kor 7 vers 10: En aan die getroudes beveel ek: Nie ek nie, maar die Here, dat die vrou nie van die man moet skei nie, en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen, en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
Vers 12: Maar vir die ander sê ek - nie die Here nie: As enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie.
Vers 13: En as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, dieselfde.
Vers 14: Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
1 Kor 7 vers 15: Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei; in sulke gevalle is die broer of suster nie gebonde nie.
Gen 2 vers 24: Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
Krygsgevange vroue:
Deut 21 vers 13: En daarna kan jy by haar ingaan en met haar trou.
Vers 14: En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar nie vir geld verkoop of hard behandel nie, omdat jy haar onteer het.
Deut 24 vers 1: As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe, en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
Vers 2: En sy uittrek en ‘n ander man s‘n word,
Vers 3: En die laaste man haar haat, en ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as die laaste man sterwe, wat haar vir hom as vrou geneem het,
Vers 4: Dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die Aangesig van die Here.
1 Kron 8 vers 8: En Saharaim het in die veld van Moab, nadat hy sy vroue Husim en Baara verstoot het, die vader van kinders geword.
Exo 22 vers 16: As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie verlei, en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Vers 17: As haar vader weier om haar aan hom te gee, moet hy nog steeds die volle huweliksprys vir jongmeisies aan haar vader gee.
Deut 22 vers 13: As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat,
Vers 14: En haar slegte dinge nagee en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
Vers 15: Dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
Vers 16: En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;
Vers 17: En kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie - maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
Vers 18: Dan moet die oudstes van die stad die man neem en hom tugtig.
Vers 19: En hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot vir solank as hy lewe nie.
Vers 20: Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie –
Vers 21: Dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skandaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Deut 22 vers 22: As ‘n man betrap word terwyl hy met ‘n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee sterwe.
Deut 22 vers 23: As ‘n dogter, ‘n jongmeisie, aan ‘n man verloof is, en iemand kry haar in die stad en hou met haar gemeenskap,
Vers 24: Dan moet julle hulle twee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het.
Vers 25: Maar as die man die verloofde dogter in die veld kry en die man haar aangryp en met haar gemeenskap het, moet die man alleen sterwe;
Vers 26: Maar aan die dogter moet jy niks doen nie: Daar is in die dogter geen sonde wat die dood verdien nie. Want soos wanneer ‘n man teen sy naaste opstaan en hom doodslaan, so is hierdie geval.
Vers 27: Want hy het haar in die veld gekry; die verloofde dogter het geskreeu, maar daar was niemand om haar te help nie.
Vers 28: As ‘n man ‘n dogter, ‘n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,
Vers 29: Dan moet die man wat met die meisie gemeenskap gehad het, die vader van die meisie vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot so lank as hy lewe nie. (Wat die Woord sê is: Indien jy haar goed genoeg vind om by haar in te gaan, MOET jy met haar trou, en jy mag nie skei nie.)
Vers 30: ‘n Man mag die vrou van sy vader nie neem nie, en hy mag die kombers van sy vader nie oplig nie.
Pred 4 vers 9: Twee is beter as een, want hulle het ‘n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.
Vers 10: Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar ‘n maat is om hom op te tel.
Vers 11: Verder, as twee bymekaar lê, kry hulle warm; maar hoe kan een allenig warm word?
Vers 12: En as iemand die een aanval, kan altwee hom teëstand bied.
Matt 5 vers 31: En Jesus sê: Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
Vers 32: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg. (Haar sonde word dus vir jou opgeskryf) en elkeen wat die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk. (Jy mag dus nie met ‘n geskeide vrou trou nie.)
Matt 19 vers 3: Toe kom die Fariseërs na Jesus om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit ‘n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?
Vers 4: Jesus sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,
Vers 5: En gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat, en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees.
Vers 6: Sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
Vers 7: Hulle sê toe: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?
Vers 8: En Jesus sê: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van jul vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
Matt 19 vers 9: Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk. (En geen egbreker sal die Koningkryk beêrwe nie)
Matt 19 vers 12: Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
Efe 5 vers 31: Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word.
11 Sam 12 vers 1: Daarom het die Here Natan na Dawid gestuur.
Vers 10: En omdat jy dit gedoen het, sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, (Dawid was koning oor Jerusalem – hulle is nou nog permanent in oorlog gewikkel.) omrede dat jy My verag het, en die vrou van Uria, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
Vers 13: En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die Here! En Natan sê vir Dawid: So het die Here dan ook u sonde vergewe: U sal nie sterf nie.
Vers 14: Maar die kind wat vir u gebore is, sal sekerlik sterwe.
Jer 5 vers 7: Waarom sou Ek jou vergewe? Jou kinders het My verlaat en gesweer by wat geen God is nie. En toe Ek hulle versadig het, het hulle owerspel bedrywe en by hope versamel by die hoerhuis.
Vers 8: Soos vetgevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste.
Vers 9: Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die Here, of sou My Siel Hom nie wreek op ‘n nasie soos hierdie een nie?
Mal 2 vers 14: Die Here neem julle offer nie meer met welgevalle aan nie, en julle vra: Waarom? Omdat die Here getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
Vers 15: Het Hy dan nie een mens gemaak nie? hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees, en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.
Ma12 vers 16: Want Ek haat egskeiding, sê die Here. Neem jou dan in ag ter wille van jou Gees, en wees nie ontrou nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: