Saterdag 20 Maart 2010

Die nuwe verbond met die wederkoms



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Heb 8 Vers 8: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring.
Vers 9: Nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie, want hulle het nie gebly by My verbond nie, en Ek het hulle verontagsaam, spreek die Here.
Vers 10: Want dit is die verbond wat Ek na die dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal My wette in hulle verstand gee en dit op hulle harte skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.
Vers 11: En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
Vers 12: Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.
Vers 13: As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: