Saterdag 20 Maart 2010

Mag ons ryk wees?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
1 Kron 29 Vers 28: En koning Dawid het in goeie ouderdom gesterwe, afgeleef, vol rykdom en eer.
11 Kron 9 Vers 13: En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was seshonderdses-en-sestig talente goud.
Vers 14: Behalwe wat ingekom het van die koopmans en handelaars. Ook het al die konings van Arabia en die goewerneurs van die land vir Salomo goud en silwer ingebring.
Vers 17: Verder het die koning ‘n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oortrek.
11 Kron 32 Vers 27: En Jehiskia het buitengewoon baie rykdom en eer besit.
Vers 29: Want God het vir hom baie goed gegee.
Neh 9 Vers 25: En hulle het versterkte stede en ‘n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge en weelderig gelewe deur U grote goedheid.
Job 1 Vers 10: En satan antwoord die Here: Het U nie self hom en sy huis, en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
Job 42 Vers 12: En die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertienduisend stuks kleinvee en sesduisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.
Psalm 112 Vers 1: Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat ‘n groot welbehae in Sy gebooie het.
Vers 2: Sy nageslag sal geweldig wees op aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word.
Vers 3: Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
Spr 14 Vers 24: Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
Spr 15 Vers 6: In die huis van die regverdige is ‘n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
Spr 23 Vers 4: Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.
Vers 5: Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? maar weg is dit, want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend hemel toe!
Spr 24 Vers 3: Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig.
Vers 4: En deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
Spr 28 Vers 20: ‘n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie. (Dus verdienste bekom op ‘n oneerlike manier.)
Pred 5 Vers 11: Die oorversadiging van die ryke laat hom nie toe om te slaap nie.
Vers 14: Soos hy uit die skoot van sy moeder uitgegaan het, gaan hy naak weer heen soos hy gekom het; en hy sal vir sy moeitevolle arbeid niks wegdra wat hy met hom kan saamneem nie.
Vers 18: Ook vir elke mens vir wie God rykdom en skatte gegee het, en wat Hy in staat stel om daarvan te eet en sy deel te neem en hom te verheug by sy moeitevolle arbeid, is dit ‘n gawe van God.
Pred 6 Vers 3: As ‘n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy siel nie genoeg kry van die goeie en hy ook nie ‘n begrafnis het nie, dan sê ek: ‘n Misgeboorte is beter as hy.
Vers 7: AI die moeitevolle arbeid van ‘n mens is vir sy mond, en tog word die begeerte nie bevredig nie.
Pred 7 Vers 1: ‘n Goeie naam is beter as goeie olie, en die sterfdag beter as die geboortedag.
Jes 45 Vers 3: En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die Here is wat jou by jou naam roep, die God van Israel.
Maar:
Jes 56 Vers 11: En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.
Vers 12: Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!
Jer 17 Vers 11: ‘n Voël wat eiers uitbroei, sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf, maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy ‘n dwaas wees. (Altzheimer?)
Jer 22 Vers 13: Wee hom wat sy huis bou met ongeregtigheid en sy dakkamers met onreg; wat sy naaste laat werk vir niks en hom sy loon nie gee nie.
Vers 15: Het jou vader nie geëet en gedrink en reg en geregtigheid gedoen nie? toe het dit goed met hom gegaan.
Vers 16: Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan.
Vers 17: Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.
Pred 2 Vers 24: Dit is nie ‘n gawe wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God.
Vers 25: Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?
Vers 26: Want aan ‘n mens wat welgevallig is voor Sy aangesig, gee Hy wysheid en kennis en vreugde, maar aan die sondaar lê Hy die taak op om bymekaar te maak en te versamel, om dit te gee aan een wat welgevallig is voor die Aangesig van God.
Luk 6 Vers 24: Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
Vers 25: Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
Luk 12 Vers 19: En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik. (Aftree)
Vers 20: Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereed gemaak het, wie s ‘n sal dit wees?
Vers 21: So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
1 Tim 6 Vers 9: Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skandelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
Vers 10: Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
Vers 11: Maar jy, man van god, vlug van hierdie dinge weg, en jaag na die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid.
1 Tim 6 Vers 17: Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
Vers 18: Dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam.
Vers 19: En vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.
Jak 1 Vers 10: Maar laat die ryke in sy geringheid roem, want soos ‘n blom van die gras sal hy verbygaan.
Vers 11: Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.
Jak 5 Vers 1: Kom nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.
Vers 2: Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel.
Vers 3: Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.
Vers 4: Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.
Vers 5: Julle het op die aarde ‘n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op ‘n slagdag.
Vers 6: Veroordeel, vermoor het julle die regverdige; hy versit hom nie teen julle nie.
1 Joh 3 Vers 17: Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?
Vers 18: Laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
Vers 19: En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel.
Jes 5 Vers 8: Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.
Vers 9: In my ore het die Here van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal ‘n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.
Jes 10 Vers 3: Maar wat sal julle doen op die dag van besoeking en by die verwoesting wat van ver af sal kom? na wie sal julle vlug om hulp, en waar julle rykdom wegbêre?
Psalm 39 Vers 7: Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.
Spr 10 Vers 4: Hy word arm wat met ‘n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
Vers 5: Hy wat in die somer wegbêre, is ‘n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is ‘n seun wat skande maak.
Matt 6 Vers 19: Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
Vers 20: Maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en diewe nie inbreek en steel nie.
Vers 21: Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Matt 19 Vers 23: En Jesus sê vir Sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat ‘n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. (Omrede die 666 wat nog moet kom.)
Vers 24: En verder sê Ek vir julle: Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan.
Mark 10 Vers 23: En Jesus sê: Hoe beswaarlik sal hulle wat goed besit in die koninkryk van God ingaan!
luk 12 Vers 33: Verkoop julle besittings, en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie.
Vers 34: Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Spr 10 Vers 2: Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
Vers 3: Die Here laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
Psalm 97 Vers 11: Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.
Psalm 106 Vers 3: Welgeluksalig is hy wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
Psalm 111 Vers 10: Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand.
Spr 22 Vers 4: Die loon van nederigheid is die vrees van die Here, is rykdom en eer en die lewe.
Spr 24 Vers 14; Erken dat die wysheid so is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
Openb 3 Vers 16: Omdat jy lou is sal Ek jou uit My mond spuug!
Vers 17: Want jy sê : Ek is ryk en het aan niks gebrek nie, en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.
Vers 18: Ek raai jou aan om van My te koop, sodat jy kan ryk word.
Psalm 49 Vers 17: Wees nie bevrees as ‘n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
Vers 18: Want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
Vers 20: Tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.
Vers 21: Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.
Spr 3 Vers 13: Gelukkig is die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry.
Vers 14: Want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as goud;
Vers 15: Dit is kosteliker as korale, en al jou kleinnode kan daar nie mee vergelyk word nie.
Vers 16: In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: