GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kron 32 Vers 31: Het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
Jer 30 Vers 11: Want Ek is met jou, spreek die Here, om jou te verlos. Want Ek sal ‘n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tug met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Openb 3 Vers 19: Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. (Indien u dus swaarkry, en u is ‘n christen, wees bly!)
Deut 13 Vers 3; Dan moet jy nie luister na die woorde van die profeet of na die man wat as dromer optree nie; want die Here julle God beproef julle om te weet of julle werklik die Here julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
Job 2 Vers 10: Maar Job antwoord: Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? by dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Job 23 Vers 10: Want Hy weet hoe my handel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Job 33 Vers 19: Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,
Vers 20: Sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.
Vers 2 1: Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
Vers 22: Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.
Vers 29: Kyk dit alles doen God twee keer ja, drie keer met ‘n mens,
Vers 30: Om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
Job 34 Vers 11: Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ‘n man se wandel laat Hy hom ondervind.
Job 36 Vers 10: Dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
Vers 11: As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid. (Dan sal jy nie getugtig word nie.)
Vers 12: Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
Vers 13: Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
Vers 15: Hy red die ellendige deur sy ellende, en open hulle oor deur verdrukking.
Job 37 Vers 13: Die bliksems word gebruik of tot tugroede, of tot nut van Sy aarde, of tot weldadigheid laat Hy dit Sy doel vind.
Job 38 Vers 15: En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
Job 42 Vers 16: En Job het daarna honderd-en-veertig jaar lank gelewe; en hy het sy kinders en kindskinders gesien, vier geslagte.
Psalm 11 Vers 5: Die Here toets die regverdige; (En tugtig die onregverdige) maar Sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Psalm 17 Vers 3: U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.
Psalm 26 Vers 2: Toets my, Here, en beproef my, keur my niere en my hart;
Psalm 34 Vers 20: Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit die almal red die Here hom.
Psalm 39 Vers 12: Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur ‘n mot; ja, elke mens soos ‘n asemtog!
Vers 14: Wend U oog van my af, dat ek vrolik kan word voor ek heengaan en daar nie meer is nie.
Psalm 81 Vers 8: Ek het jou getoets by die waters van Meriba.
Psalm 105 Vers 17: Hy het ‘n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.
Vers 18: Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,
Vers 19: Tot op die tyd dat Sy woord uitgekom het, die woord van die Here hom beproef verklaar het.
Psalm 118 Vers 18: Die Here het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
Psalm 119 Vers 71: Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek U insettinge sou leer.
Psalm 139 Vers 23: Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;
Vers 24: En kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg.
Spr 1 Vers 2: Om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan.
Spr 3 Vers 11: My seun, verag die tug van die Here nie, en laat Sy kastyding nie jou weersin wek nie,
Vers 12: Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie Hy behae het.
Spr 4 Vers 13: Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
Spr 8 Vers 33: Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie.
Spr 10 Vers 17; ‘n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem, maar hy wat die teregwysing verontagsaam, raak verdwaald.
Spr 12 Vers 14: Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van ‘n mens se hande kom op hom terug.
Spr 15 Vers 5: Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op teregwysing ag gee, word wys.
Vers 10: ‘n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
Vers 32: Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
Vers 33: Die vrees van die Here is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan die eer vooraf.
Spr 16 Vers 2: Al die weë van ‘n man is suiwer in sy oë, maar die Here toets die geeste.
Spr 17 Vers 3: Die smeltkroes is vir die silwer, en die oond vir die goud, maar die Here toets die harte.
Spr 19 Vers 5: ‘n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens verstrooi, sal nie vrykom nie.
Spr 19 Vers 20: Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
Spr 20 Vers 27: Die gees van die mens is ‘n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste.
Pred 8 Vers 11: Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen.
Jes 26 Vers 16: Here, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe U tugtiging hulle getref het.
Jer 2 Vers 19: Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat My vrees nie by jou is nie, spreek die Here.
Jer 5 Vers 3: U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem.
Jer 10 Vers 24: Tugtig my, Here, maar met mate; nie in U toorn, dat U my nie te klein maak nie.
Jer 17 Vers 10: Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handeling.
Jer 20 Vers 12: Maar, Here van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien - laat my U wraak sien op hulle. Want aan U het ek my regsaak toevertrou.
Klaagl 3 Vers 9: Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.
Vers 25: Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.
Vers 26: Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.
Vers 27: Dit is goed vir ‘n man dat hy die juk in sy jeug dra
Vers 28: Laat hom eensaam sit en swyg, as Hy hom dit opgelê het.
Vers 30: Laat hy die wang gee vir die wat hom slaan, laat hy genoeg kry van smaad.
Vers 3 1: Want die Here sal nie vir ewig verstoot nie.
Vers 33: Want nie van harte verdruk of bedroef Hy die mensekinders nie.
Vers 38: Gaan uit die mond van die Allerhoogste nie kwaad sowel as goed nie?
Vers 59: U sien, Here, my verdrukking verskaf my tog reg.
Heb 12 Vers 5: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie, en beswyk nie (selfmoord) as jy deur Hom bestraf word nie.
Vers 6: Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
Vers 7: As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die Vader nie tugtig nie?
Vers 8: Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
Jak 1 Vers 12: Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Vers 13: Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Vers 14: Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Vers 15: Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. (Moet dus nie val vir versoeking nie!!!)
Job 5 Vers 17: Kyk, gelukkig is die man wat (vir wie) God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
Vers 18: Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar Sy hande maak gesond.
Spr 6 Vers 23: Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe.
Spr 11 Vers 31: As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking