Vrydag 19 Maart 2010

Die laaste oordeel. (Na die 1000 jaar van vrede.)

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 20 vers 12: En die dode, klein en groot, (Die klein seën is dus uiters belangrik, ons het ons vaders se sondes tot aan die vierde geslag) sal voor God staan en die boeke sal geopen word. (Waarop ons sondes aangeteken is.) En ‘n ander boek, die boek van die lewe sal ook geopen word, en die dode sal geoordeel word, na wat in die boeke geskryf is, volgens hul werke.
Openb 20 vers 13: En die see sal die dode gee wat in die see is, en die dood en doderyk die dode wat daarin is, en al die dode sal geoordeel word elkeen volgens sy werke.
Vers 14: En die dood en die doderyk se mense is in die poel van vuur gewerp. (Let op die doderyk se mense gaan direk in die poel van vuur. Dit sê vir my dat indien ‘n ongelowige doodgaan, hy direk na die doderyk gaan, ‘n plek wat sekerlik nie lekker is om in te wees nie, maar die gelowiges wat doodgaan gaan direk na die Paradys, ‘n bewaarplek vir heiliges en gelowiges. Onthou, toe Jesus gesterf het op die kruis het Hy aan die gelowige langs Hom op die ander kruis gesê vandag nog sal jy saam met My in die Paradys wees!)
Vers 15: En as dit gevind word dat iemand nie opgeskryf is in die boek van die lewe nie, sal hy in die poel van vuur gewerp word.
Joh 5 vers 22: Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee.
Vers 23: Sodat almal die Seun kan eer net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.
Joh 5 vers 24: Wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 5 vers 45: Moenie dink dat Ek julle by die Vader sal beskuldig nie. Daar is een wat julle beskuldig - Moses op wie julle gehoop het. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: