Saterdag 20 Maart 2010

Kom Jesus voordat al die volke van hom weet?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 10 Vers 17: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is uit die Woord van God.
Vers 18: Het hulle miskien nie gehoor nie? ja seker! oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
Vers 19: Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie Verstaan nie? ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op die wat geen volk is nie, en ek sal julle toorn opwek teen ‘n onverstandige volk.
Vers 20: En Jesaja durf selfs sê: Ek het my laat vind deur die wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
Vers 21: Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ‘n ongehoorsame en teësprekende volk.
Kol 1 Vers 5: Vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die Woord van die Waarheid van die evangelie,
Vers 6: Wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug.
Vers 23: As julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het, en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.

Na die wederkoms:

Jes 12 Vers 3: En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
Vers 4: En julle sal in die dag sê: Dank die Here, roep Sy naam aan, maak Sy dade onder die volke bekend, verkondig dat Sy naam hoog is!
Vers 5: Psalmsing tot eer van die Here, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.
Vers 6: Juig en jubel, o inwoners van Sion! want die Heilige van Israel is groot in julle midde.
Lukas 12 Vers 47 en 48: En daardie dienskneg wat die wil van Sy Heer geken het en nie klaargemaak of volgens Sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word, maar hy wat nie geweet het nie, en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word.
Matt 24 Vers 14: En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: