Sondag 21 Maart 2010

Waar is die doderyk?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.

Deut 32 Vers 22: Want ‘n vuur is aangesteek in My toorn, en het gebrand tot in die doderyk daaronder, en dit het die aarde met sy opbrings verteer en die fondamente van die berge aan die brand gesteek.
Lukas 16 Vers 26: En by dit alles is daar tussen ons en julle (tussen die doderyk en die paradys) ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie, en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie. (Dit is bekend dat die doderyk onder die aarde is.)
Num 16 Vers 30: Maar as die Here iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die Here verag het.
Vers 31: En toe hy al hierdie woorde klaar gespreek het, skeur die grond wat onder hulle was,
Vers 32: En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het, en al die goed.
Vers 33: So het hulle dan, met alles wat hulle s ‘n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek.
1 Sam 28 Vers 11: En die vrou vra: Wie moet ek vir jou laat opkom?
Vers 13: Ek sien ‘n bonatuurlike wese uit die aarde opkom.
Vers 15: En Samuel vra vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom?.
Vers 19: Samuel sê aan Saul: Môre sal jy met jou seuns by my wees. (Dood.)
1 Kon 2 Vers 6: Handel dan na jou wysheid, en sy grys hare moet jy nie met vrede in die doderyk laat neerdaal nie.
Vers 9; Maar nou moet jy hom nie ongestraf laat bly nie, want jy is ‘n wyse man. Daarom sal jy weet wat jy hom moet aandoen, dat jy sy grys hare met bloed in die doderyk laat neerdaal.
Job 26 Vers 5: Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
Vers 6: Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking vir Hom nie.
Psalm 63 Vers 10: Maar hulle wat soek om my lewe te verderwe, hulle sal kom in die onderste plekke van die aarde.
Psalm 86 Vers 13: Want U goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.
Eseg 26 Vers 19: As Ek jou ‘n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;
Vers 20: Dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.
Efe 4 Vers 9: Maar dit: Hy het opgevaar – (Jesus) wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
Ese 31 Vers 16: Deur die geluid van sy val het Ek die nasies laat bewe, toe Ek hom na die doderyk laat neerdaal het saam met die wat in die kuil neerdaal; en al die bome van Eden, die uitgesoektes en bestes van die Libanon, almal waterdrinkers, het hulleself getroos in die onderste van die aarde.
Vers 17: Hulle het ook saam met hom neergedaal na die doderyk.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: