Sondag 21 Maart 2010

Val ons onder die wet van die ou testament?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Matt 5 Vers 17: En Jesus sê: Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
Vers 18: Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.
Spr 28 Vers 9: Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.
1 Tim 1 Vers 5: Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof,
Vers 6: Waarvan sommige mense afgedwaal en hulle afgewend het na onsinnige praatjies;
Vers 7: Hulle wil leeraars van die wet wees, alhoewel hulle wat hulle sê, of die dinge wat hulle beslis beweer, nie verstaan nie.
Vers 8: Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik,
Vers 9: En as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vader en moedermoordenaars, moordenaars,
Vers 10: Hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is.
Vers 11: Volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.
Gal 5 Vers 4: Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
Rom 6: Die genade is geen vrybrief vir die sonde nie, maar verlos ons van die heerskappy daarvan.
Rom 6 Vers 14: Want die sonde sal oor julle nie heers nie, want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. (Slegs die regverdiges wat die wet nie oortree nie.)
Tit 3 Vers 5: Nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na Sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
Vers 7: Sodat ons, geregverdig deur Sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
Vers 8: Dit is ‘n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dit is wat goed en nuttig is vir die mense.
Vers 9: Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: