Saterdag 20 Maart 2010

Armageddon. Die oorlog, gevoer deur Jesus self



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Luk 21 Vers 27: En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ‘n wolk, met groot krag en heerlikheid.
Jes 45 Vers 11: So sê die Here: Vra My aangaande die toekomstige dinge;
Jes 46 Vers 10: Ek is God , wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie.
Jes 48 Vers 5: Daarom het Ek jou dit lank tevore verkondig; voordat dit gekom het, het Ek jou dit laat hoor, dat jy nie sou sê: My afgod het dit gedoen, of my gesnede beeld of my gegote beeld het dit beveel nie.
Jes 44 Vers 7: Wie roep soos Ek - laat hom dit dan te kenne gee, en laat hulle die toekomstige dinge en wat sal gebeur, te kenne gee.
Vers 8: Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie?
2 Thess 2 Vers 8: En dan sal die ongeregtigheid geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van Sy mond sal verdelg en deur die verskyning van Sy wederkoms tot niet sal maak.
Jer 1 Vers 14: Toe sê die Here vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land. (Moslems)
Vers 15: Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koningkryke van die noorde, spreek die Here; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem, en teen al die stede van Juda.
Vers 17: Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel;
Jer 5 Vers 15: Kyk, Ek bring oor julle ‘n nasie van ver af, o huis van Israel, ‘n eeue-oue nasie is dit, ‘n nasie van ouds af, ‘n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie.
Vers 19: En as julle sê: Waarvoor het die Here onse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdes dien in ‘n land wat julle s ‘n nie is nie.
Jer 2 Vers 3: Israel was vir die Here ‘n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die Here.
Daniël 11 Vers 43: Die antichris sal mag hê oor baie skatte van goud en silwer terwyl die Libiërs en Kusiete (swartmense) hom volg.
Spr 16 Vers 4: Alles het die Here gemaak vir Sy doel, ja, ook die goddelose vir die dag van onheil.
Job 38 Vers 22: Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien?
Vers 23: Wat Ek opgespaar het vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?
Openb 16 Vers 1: En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.
Vers 2: Die eerste skaal: Kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
Vers 3: Tweede skaal: En die see het bloed geword, soos die van ‘n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
Vers 4: Derde skaal: En die waterfonteine en riviere het bloed geword.
Vers 6: Want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink.
Vers 8: Die vierde skaal: En aan die son is dit gegee om die mense met vuur te skroei. (Sewe maal warmer as gewoonlik)
Vers 9: En die mense is geskroei met ‘n groot hitte. (Hulle gaan hul eie bloed drink en dronk word daarvan. Bloedverlies?)
Vers 10: Die vyfde skaal: En die koningkryk van die antichris is verduister, en hulle het hul tonge gekou van pyn.
Vers 12: Die sesde skaal: En die Eeufraat se water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kan word. (Om elke jaar op te trek na Jerusalem.)
Vers 13: En ek het uit die bek van die draak, en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom.
Vers 14: Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die Almagtige God.
Vers 16: En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon. (Dal van Megiddo)
Vers 17: Die sewende skaal: En ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
Vers 18: En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie.
Vers 19: En die stede van die nasies het geval.
Vers 20: En alle eilande het gevlug, (Oorstroom) en berge is daar nie gevind nie;
Vers 21: En groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval.
Openb 17 Vers 14: Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin. (Jesus)
Openb 18 Vers 8: Daarom sal Babilon se plae op een dag kom: Dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word.
Openb 19 Vers 6: Haleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.
Vers 11: Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.
Vers 14: En die leërs van die hemel het Hom gevolg op wit perde. (Wit vlieënde pierings, of hemelse voertuie. In daardie dae was die enigste vervoermiddel diere, dus kon hulle dit nie anders beskryf nie.)
Vers 15: En uit Sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer.
Vers 16: En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. (Here is 'n naam wat uitgedink is deur ons predikante. Dit kom in geen ander Bybel voor nie. Predikante steek die Naam van ons God vir ons weg. Vra u predikant wat is die Naam van ons God. Hulle weet dit!!!)
Vers 19: En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die wit perd sit, en teen Sy leër.
Openb 19 Vers 20: En die dier (antichris) is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier (666) ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.
Vers 21: En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit. (Uit die Hemelse voertuig) En al die voëls is versadig van hulle vlees. (Onthou, as ons die merk aanvaar, dan verwerp ons God.)
Sagaria 14 Vers 3: En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies, die dag van oorlog.
Vers 4: En op die dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê aan die oostekant
Vers 6: Op die dag sal daar geen lig wees nie, en die sterre sal duister wees.
Vers 7: Maar teen die aand sal dit lig word.
Vers 8: Van die dag af sal daar ‘n stroom van lewende waters uit Jerusalem vloei. (Helende waters. Ons gaan baie oud word. As iemand op 100 tot sterwe kom sal hy geag word as ‘n kind.)
Vers 16: En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek na Jerusalem om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare. (Jesus)
Vers 17: En wie van die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Here te aanbid nie, hulle sal geen reën kry nie.
Vers 19: En as hulle nog nie wil kom nie, sal die plaag hulle tref.
Sag 19 Vers 18: En die voëls sal versamel om die vlees van konings en soldate te eet.
Psalm 68 Vers 3: Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die Aangesig van God.
Vers 4: Maar die regverdige is bly, hulle juig voor die Aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.
Psalm 68 Vers 13: Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.
Psalm 68 Vers 23: Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see; (Ons opwek uit die dode, 'n verheerlikte liggaam gee wat nie gewond kan word nie, om die geveg te veg teen die antichriste)
Vers 24; Sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê. (Opwek uit die dood, dan met ‘n verheerlike liggaam.)
Psalm 76 Vers 2: God is bekend in Juda, Sy Naam is groot in Israel.
Vers 3: Ook het in Salem Sy tent verrys en in Sion Sy woning. (Jesus, nie God nie. Predikante verwar ons totaal.)
Vers 4: Daar het Hy die blitspyle van die boog verbreek, skild en swaard en oorlog.
Vers 8: U, vreeslik is U, en wie kan voor U aangesig bestaan as U toorn uitgebreek het?
Vers 10: Toe God opgestaan het vir die gerig, om al die ootmoediges van die land te verlos.
Jes 66 Vers 16: Want met vuur en met Sy swaard sal die Here strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die Here verslaan is, sal baie wees.
Habakuk 1 Vers 6: Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie.
Vers 7: Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.
Vers 8: En vinniger as luiperds is sy perde, en gouer as aandwolwe; van ver kom hulle aangevlieg net soos ‘n arend wat op sy prooi neerskiet!
Vers 9: Hulle kom almal om geweld te pleeg; die rigting van hulle gesigte is vorentoe, sodat hy gevangenes versamel soos sand.
Vers 10: Ook dryf hy spot met konings, en vorste is vir hom ‘n belagging; hy lag om elke vesting.
Vers 11: Dan gly hy verby, ‘n wind, en trek verder - maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
Habakuk 2 Vers 13: Kyk, kom dit nie van die Here dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
Miga 5 Vers 3: En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die Here, in die majesteit van die Naam van die Here Sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.
Vers 4: En Hy sal vrede wees. Wanneer Assur in ons land kom en Hy ons paleise wil betree, sal ons teenoor hom sewe herders stel, ja, agt vorste uit die mense. (Dus agt volke.)
Vers 5: En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer Hy in ons land kom, en ons grondgebied betree.
Vers 6: Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die Here,
Vers 8: Jou hand sal bo jou teëstanders verhewe wees, en al jou vyande sal uitgeroei word.
Vers 9: En in die dag, spreek die Here, sal Ek jou strydwaens vernietig.
Vers 10: Ook sal Ek uitroei die stede van jou land en jou vestings afbreek.
Haggai 2 Vers 21: Spreek met Serubbabel, die goewerneur van Juda (Die Jode, die huidige land Israel) en sê: Ek sal die hemel en die aarde laat bewe.
Vers 22: En Ek sal die koningstrone omverwerp en die mag van die heidense koningkryke verdelg; en Ek sal die strydwaens en die wat daarop ry, omverwerp.
Vers 23: In die dag, spreek die Here, sal Ek jou neem, Serubbabel, My kneg, en jou maak tot ‘n seëlring; want jou het Ek verkies.
Sag 12 Vers 3: Ek maak Jerusalem tot ‘n baie swaar klip, en elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak. En al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.
Vers 4: In die dag, sal Ek al die perde met verwarring slaan, en hulle ruiters met waansin; (Die een sal die ander aanval) maar oor die huis van Juda sal Ek My oë oophou, terwyl Ek al die perde (Tenks, pantserkarre, jeeps ens) van die volke met blindheid slaan.
Vers 6: In die dag sal Ek al die stamhoofde van Juda maak soos ‘n brandende fakkel onder gerwe - hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem.
Vers 7: En die Here sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem die van Juda nie sal oortref nie.
Vers 9: Ook sal Ek in die dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg.
Sag 14 Vers 2: Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie.
Vers 3: En die Here sal uittrek en stryd voer teen die nasies, die dag van oorlog.
Vers 4: En op die dag sal Sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant.
Vers 5: Dan sal die Here my God kom, al die Heiliges met U!. (Die wat deel gehad het met die wegraping, met hulle verheerlikte liggame)
Vers 6: En op die dag sal daar geen lig wees nie, die sterre sal duister wees, maar teen die aand sal dit lig word.
Vers 9: En die Here (Jesus) sal Koning wees oor die hele aarde.
Vers 11: En Jerusalem sal in veiligheid woon.
Vers 12: En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
Vers 13: En in die dag sal ‘n groot verwarring onder hulle kom, sodat die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
Vers 14: En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van al die nasies rondom sal ingesamel word; goud en silwer en klere - groot hoeveelhede.
Vers 15: En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, kamele en die esels, en van al die diere wat in daardie laers is.
Vers 16: En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar vir jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare, en om die huttefees te vier.
Vers 17: En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die leërskare te aanbid nie, hulle sal geen reën kry nie.
Vers 18: En as die geslag van Egipte nie optrek, en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal die plaag hulle tref.
Vers 19: Dit sal die straf wees van al die nasies wat nie optrek om die Huttefees te vier nie.
Sag 14 Vers 21: En in die dag sal daar geen Kanaaniet in die huis van die Here van die leërskare meer wees nie. (Geen swartman).
11 Thess 1 Vers 6: Aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
Vers 7: En aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemele met Sy magtige engele.
Vers 8: In vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie, en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Vers 9: Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die Aangesig van die Here. (Dit help dus nie om net in Jesus te glo nie, jy moet die wet onderhou!)
Eseg 39 Vers 2: En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die noorde en jou laat kom op die berge van Israel.
Vers 4: Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs, en die volke wat saam met jou is. Aan die roofvoëls van allerhande vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee.
Vers 5: Op die oop veld sal jy val, want Ek het dit gesê.
Vers 6: En Ek sal ‘n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon;
Vers 7: En Ek sal My Heilige Naam bekend maak onder My volk Israel. (En hopelik al die predikante wat Sy Naam vir ons wegsteek straf.)
Vers 8: Kyk, dit kom, en gebeur. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het. (Die wederkoms van Jesus.)
Vers 9: En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank.
Vers 10: Sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het.
Vers 11: In die dag sal Ek aan Gog ‘n plek gee waar ‘n graf sal wees in Israel, die dal van die trekkers aan die oostekant van die see, en dit sal vir die deurtrekkers die pad toemaak; en daar sal hulle Gog begrawe en sy hele menigte, en dit noem: Die dal van Gog se menigte.
Vers 12: En die huis van Israel sal hulle begrawe om die land te reinig, sewe maande lank.
Vers 13: En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik.
Vers 14: Ook sal hulle vaste manne afsonder wat die land deurgaan en die trekkers begrawe wat bo-op die grond oorgebly het. Aan die einde van sewe maande sal hulle ‘n ondersoek instel.
Vers 15: En sien een van hulle wat deur die land trek, ‘n mensebeen, dan rig hy daarby ‘n merkteken op, totdat die begrawers dit begrawe het in die dal van Gog se menigte.
Vers 16: En ook sal die naam van ‘n stad wees Hamona.
Vers 22: En die huis van Israel sal weet dat Ek die Here hulle God is, van die dag af verder.
Vers 23: En die nasies sal weet dat die huis van Israel vanweë hul ongeregtigheid in ballingskap gegaan het; omdat hulle teen My troubreuk begaan het, het Ek My aangesig vir hulle verberg en hulle in die hand van hul teëstanders oorgegee, sodat hulle almal deur die swaard geval het.
Vers 25: Nou sal Ek die lot van Jakob (Israel) verander.
Vers 26: En hulle sal hul smaad vergeet en al hul ontrou wat hulle teen My begaan het, as hulle in hul land veilig woon en daar niemand is wat hulle verskrik nie.
Eseg 39 Vers 27: En Ek sal My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van baie nasies.
Vers 29: En Ek sal My Aangesig vir hulle nie meer verberg nie.
Jes 13 Vers 3: Ek self het My geheiligdes ontbied: ook het Ek My helde tot My toorn geroep, My manne wat jubel in trotsheid. (Hemelse soldate.)
Vers 4: Hoor, ‘n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, ‘n rumoer van baie koninkryke! Van versamelde nasies! Die Here van die leërskare hou wapenskouing oor ‘n oorlogsleër.
Vers 5: Hulle kom uit ‘n ver land, van die einde van die hemel af, (Ander planeet) die Here en die werktuie van Sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
Vers 6: Huil julle, want die dag van die Here is naby; Hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.
Vers 7: Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;
Vers 8: En hulle is verskrik, kry krampe en weë, hulle krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan: Hulle gesigte is vlammende gesigte.
Jes 13 Vers 9: Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Vers 10: Want die sterre van die hemel en sy Orions sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.
Vers 11: En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.
Jes 13 Vers 12: Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir.
Vers 13: Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die Here van die leërskare en vanweë die dag van Sy toorngloed.
Psalm 97 Vers 3: ‘n Vuur gaan voor Sy Aangesig uit en steek Sy teëstanders rondom aan die brand.
Vers 5: Berge smelt weg soos was voor die Aangesig van die Here van die hele aarde.
Eseg 20 Vers 47: En sê aan die bos van die suidland (Moslems): Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die suidland af tot die noorde toe;
Vers 48: En alle vlees sal sien dat Ek, die Here, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.
Eseg 38 Vers 2: Mensekind, rig jou aangesig teen Gog, in die land Magog, die vors van Ros, Meseg en Tubal, en profeteer teen hom. (Die lande saam met Rusland, Egipte ingesluit.)
Vers 3: So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog!
Vers 4: En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek, en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, ‘n groot menigte wat almal die swaard hanteer.
Vers 5: Perse, Kusiete (swartmense) en Puteërs saam met hulle.
Vers 6: Gomer en al sy leërs, die huis van Togarma, in die uithoeke van die noorde, en al sy leërs - baie volke saam met jou.
Vers 7: Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle ‘n leidsman.
Vers 8: Na baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die jare (Aan die einde van die 1000 jaar van vrede) sal jy ‘n land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel wat gedurigdeur daar as puinhoop gelê het - ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid.
Vers 9: Dan sal jy optrek soos ‘n onweer wat aankom, jy sal wees soos ‘n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.
Vers 11: En sê: Ek sal optrek teen die land wat ooplê, en ek sal kom by rustige mense wat in veiligheid woon; wat almal woon sonder muur en geen grendel of poorte het nie.
Vers 12: Om buit te maak en roof te rowe, om jou hand uit te steek teen die puinhope wat weer bewoon is, en teen die volk wat uit die nasies versamel is, wat vee en goed verwerf het, wat op die middelpunt van die aarde woon.
Vers 14: Daarom, so sê die Here: Sal jy dit nie opmerk in die dag as My volk Israel veilig woon nie?
Vers 15: Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die noorde, jy en baie volke saam met jou, ‘n magtige leër.
Vers 16: En jy sal optrek teen My volk Israel soos ‘n wolk om dit te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees - dan sal Ek jou teen My land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.
Vers 17: So sê die Here Here: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur My knegte, die profete van Israel, wat in die dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
Vers 18: Maar in die dag, die dag as Gog teen Israel aankom, sal My grimmigheid in My neus opkom.
Vers 19: Ja, in My ywer spreek Ek, in die vuur van My grimmigheid: Waarlik, in die dag sal daar ‘n groot aardbewing wees in die land van Israel.
Vers 20: Sodat van My aangesig weg sal bewe die visse van die see en die voëls van die hemel en die wilde diere van die veld en al die gediertes wat op die grond kruip, en al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val.
Vers 2 1: En Ek sal die swaard oproep teen hom na al My berge, (al die Christen nasies) spreek die Here. Die swaard van die een sal teen die ander wees.
Vers 22: En Ek sal met hom in die gereg gaan deur pes en deur bloed; en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.
Vers 23: So sal Ek My dan as groot en as Heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die Here is.
Joël 1 Vers 19: Tot U, o Here, roep ek, want ‘n vuur het die weiveld van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
Vers 20: Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog.
Joë12 Vers 1: Want die dag van die Here kom, want Hy is naby.
Vers 2: ‘n Dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom ‘n talryke en magtige volk, wat van ouds sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie. (Rusland en China, 100 miljoen van hulle)
Vers 3: Voor hom uit verteer ‘n vuur, (grofgeskut - kanonne, ens) en agter hom brand ‘n vlam, (alles verwoes en aan die brand); voor hom lyk dit soos die tuin van Eden, en agter hom is dit ‘n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.
Vers 4: Sy voorkoms is soos die van perde, (gasmaskers laat jou so lyk) en net soos ryperde, so hardloop hulle. (Met rugsak agter, wapens in die hande, hardloop hulle gebukkend.)
Vers 5: Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van ‘n vuurvlam wat die kaf verteer, (kleingeweervuur) soos ‘n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.
Vers 6: Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.
Vers 7: Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.
Vers 8: Tussen wapens deur val hulle, maar hulle bly in gelid.
Vers 9: Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos ‘n dief.
Vers 10: Voor hulle bewe die aarde, (kanonne en bomme) sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in. (Rook, swawel en stof.)
Vers 11: En die Here verhef Sy stem voor Sy leërmag uit; want geweldig groot is Sy- leër, ja, magtig die uitvoerder van Sy woord. Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
Amos 8 Vers 9: En in die dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondergaan, en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
Amos 8 Vers 10: Ek bring op alle lendene ‘n roukleed, en op alle hoofde kaalheid. (Miskien atoom afval, of bestraling oor die hele aarde?)
Vers 13: In die dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk.
Jes 2 Vers 12: Want ‘n dag is daar vir die Here van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word.
Vers 17: Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die Here alleen sal in die dag verhewe wees.
Vers 18: En die afgode sal geheel en al verdwyn.
Vers 19: En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die Here en om die heerlikheid van Sy Majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
Jes 2 Vers 20: In die dag sal die mens sy silwerafgode en sy goue afgode wat hy vir hom gemaak het om voor neer te buig, weggooi vir die molle en die vlermuise.
Vers 21: Om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die Here en om die heerlikheid van Sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
Jes 3 Vers 13: Die Here staan daar om ‘n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.
Vers 14: Die Here gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van Sy volk. Ja, julle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.
Jes 3 Vers 16: Verder het die Here gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
Vers 17: Daarom sal die Here die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die Here sal hul skaamte ontbloot.
Vers 18: In die dag sal die Here wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;
Vers 19: Die oorversiersels en die armbande en die sluiers;
Vers 20: Die hoofversiersels en die voetkettingkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels.
Vers 21: Die vingerringe en die neusringe;
Vers 22: Die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;
Vers 23: Die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.
Vers 24: Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van ‘n gordel ‘n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van ‘n pronkgewaad ‘n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.
Vers 25: Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.
Vers 26: En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.
Jes 4 Vers 1: En in die dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.
Jes 5 Vers 26: En Hy sal ‘n banier ophef vir die nasies in die verte, en Hy fluit vir die volk daar aan die einde van die aarde, en kyk, gou, haastig kom hulle.
Vers 27: Geen vermoeide en geen struikelende is onder hulle nie; hulle sluimer of slaap nie, en die gord van hulle heupe word nie losgemaak nie, en die riem van hulle skoene breek nie;
Vers 28: Wie se pyle skerp is, en al hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos ‘n klipsteen en hulle wiele soos ‘n stormwind.
Vers 29: Hulle gebrul is die soos ‘n leeuin, hulle brul soos jong leeus en maak gedreun en gryp die prooi en sleep weg sonder dat iemand red.
Vers 30: En in die dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemand die aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis; en die lig is verduister deur die wolke.
Jes 7 Vers 20: In die dag sal die Here met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.
Jes 7 Vers 21: En in die dag sal ‘n man ‘n jong koei en ‘n paar skape in die lewe hou.
Jes 50 Vers 3: Ek beklee die hemel met swartheid en bedek dit met ‘n roukleed.
Jes 24 Vers 21: En in die dag sal die Here besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;
Vers 22: En hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ‘n kerker; maar na baie dae sal daar op hulle ag gegee word.
Jes 50 Vers 23; En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die Here van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor Sy oudstes sal daar heerlikheid wees.
Jes 25 Vers 6: En die Here van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
Vers 7: En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is. (Dan sal ons weet of ons aan een van die twaalf stamme behoort.)
Vers 8: Hy sal die dood vir ewig vernietig, (Verheerlikte liggaam) en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee, en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek.
Vers 9: En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here op wie ons gewag het; laat ons juig en bly wees oor Sy hulp.
Jes 26 Vers 2 1: Want kyk, die Here sal uit Sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.
Joël 3 Vers 1: In die dae en in die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
Vers 2: Sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van My volk en My erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en My land wat hulle verdeel het.
Vers 3: En oor My volk wat hulle die lot gewerp en ‘n jong man weggegee het vir ‘n hoer, en ‘n meisie verkoop het vir wyn, en dit gedrink het.
Vers 4: En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistea? wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
Vers 5: Want julle het My silwer en My goud geneem en My kosbare skatte na julle tempels gebring.
Vers 6: Verder het julle die kinders van Juda en Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
Vers 7: Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
Vers 8: En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en die sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan ‘n verafgeleë volk; want die Here het dit gespreek.
Vers 9: Roep dit uit onder die nasies, heilig ‘n oorlog! wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
Vers 10: Smee van julle pikke swaarde, en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held.
Vers 11: Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat U helde, Here, daarheen aftrek! (Die 12 stamme van Israel, regoor die wêreld versprei)
Vers 12: Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Josafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
Vers 14: Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die Here in die dal van beslissing!
Vers 15: Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
Mal 4 Vers 1: Want kyk, die dag kom, en dit brand soos ‘n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, ‘n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die Here, sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
Vers 2: Maar vir julle wat My Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder Sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Vers 3: En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die Here.
Jer 30 Vers 6: Vra tog, en kyk of ‘n manspersoon baar? waarom sien ek elke man met sy hande op sy heupe soos een wat baar, en is alle aangesigte in bleekheid verander?
Vers 7: Wee, want die dag is groot, sonder weerga! en dit is ‘n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: