GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Openb 2 Vers 7: Wie ‘n oor het laat hom hoor wat die Gees aan die gemeente sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is.
Lukas 16 Vers 22: En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. (Die boesem beteken ‘n plek waar jy beskerm word en rustig en veilig voel.)
Vers 23: En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe, en toe hy in die Doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van vêr af. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig, en stuur Lasarus (die bedelaar) dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel, want ek ly smarte in hierdie vlam. (Alle ongelowiges gaan dus na hierdie verskriklike plek by dood.)
Vers 25: Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
Lukas 16 Vers 26: En by dit alles is daar tussen ons en julle (tussen die Doderyk en die Paradys) ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie, en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie.
Vers 27: Ek bid u dan vader om Lasarus na my vader se huis te stuur,
Lukas 16 Vers 28: Om my broers te waarsku sodat hulle nie ook in hierdie plek van pyniging kom nie.
Vers 29: Toe sê Abraham: Hulle het Moses en die profete; laat hulle na die luister.
Vers 30: En hy sê: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer.
Vers 31: Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
Gen 15 Vers 15: Maar jy sal na jou vaders gaan in vrede, jy sal in goeie ouderdom begrawe word.
Lukas 23 Vers 43: En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die paradys wees.
1 Petrus 4 Vers 6: Want daarom is ook aan die dode die evangelie geproklameer, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die Gees.
Dan 12 Vers 13: En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae. (Vir die gelowiges was daar dus ‘n plek om te rus voordat Jesus gekom het, by jou voor vaders.)
Openb 19 Vers 20: En die dier is gevange geneem (antichris), en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hulle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. (Dit blyk dat die Paradys, Doderyk en Hel onder die Aarde is.
Num 20 Vers 26: En trek Aaron se klere uit en trek dit sy seun Eliasar aan; en Aaron sal daar by sy volksgenote versamel word en sterwe.
11 Sam 12 Vers 23: Maar nou is hy dood - waarom sou ek dan vas? sal ek hom nog kan terugbring? ek gaan na hom, maar hy sal na my nie terugkeer nie.
Job 3 Vers 12: Waarom het knieë my tegemoetgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?
Vers 13: Want anders sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het.
Vers 14: Saam met konings en raadsmanne van die aarde, of saam met vorste.
Job 3 Vers 16: Of ek sou, soos ‘n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.
Vers 17: Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
Vers 18: Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
Vers 19: Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
Job 7 Vers 9: Die wolk verdwyn en gaan heen - so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.
Vers 10: Hy sal nie meer teruggaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie.
Job 10 Vers 21: Voordat ek heengaan - en nie terugkom nie - na die land van duisternis en doodskaduwee,
Vers 22: ‘n Land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee ‘n skynsel - soos middernag!
Job 14 Vers 12; So lê die mens daar sonder om weer op te staan. Totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie. (Dit is voordat Jesus gekom het. Hulle word opgewek vir die groot oordeel aan die einde van die duisend jaar van vrede, net voor die nuwe hemel en nuwe aarde.)
Vers 13: Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat U toorn bedaar het.
Vers 2 1: Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.
Job 17 Vers 13: As ek hoop op die doderyk as my huis, in die duisternis my bed uitsprei,..
Vers 16: Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.
Job 30 Vers 23: Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.
Job 38 Vers 17: Is die poorte van die dood vir jou ontbloot? en het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?
Psalm 22 Vers 30: Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor Sy Aangesig kniel, asook hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie. (Opstanding)
Psalm 6 Vers 6: Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
Psalm 9 Vers 18: Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
Psalm 17 Vers 15: Maar ek sal U Aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met U beeld as ek wakker word. (Die gelowiges word opgewek uit die dode, Jesus tegemoet in die lug.)
Psalm 30 Vers 10: Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? sal die stof U loof? sal dit U trou verkondig?
Psalm 49 Vers 16: Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. (Wegraping)
Vers 17: Wees nie bevrees as ‘n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;
Vers 18: Want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.
Vers 20: Tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.
Vers 21: Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.
Psalm 71 Vers 20: U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.
Psalm 88 Vers 11: Kan U aan die dooies ‘n wonder doen? of kan skimme opstaan, kan hulle U loof?
Vers 13: Kan U wondermag in die duisternis bekend word en U geregtigheid in die land van vergetelheid?
Psalm 94 Vers 17: As die Here vir my nie ‘n hulp was nie, dan het my siel gou in die stilte gewoon.
Psalm 115 Vers 17: Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die Here nie loof nie.
Vers 18: Maar ons sal die Here prys, van nou af tot in ewigheid.
Psalm 143 Vers 3: Want die vyand vervolg my siel; hy vertrap my lewe teen die grond; hy laat my woon in duisternisse soos hulle wat lankal dood is.
Spr 15 Vers 24: Die pad van die lewe gaan vir die verstandiges na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
Spr 23 Vers 13: Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie. (Ewige lewe.)
Vers 14: Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red. (Indien jy dus in die doderyk beland, is dit verby met jou.)
Spr 27 Vers 20: Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van die mens nie versadig nie.
Pred 7 Vers 14: Wees goedsmoeds op die dag van voorspoed, en op die dag van onheil, bedink dan: Ook hierdie dag het God gemaak net soos daardie, daarom dat die mens na sy dood niks meer sal ontdek nie.
Pred 8 Vers 8: Niemand het mag oor die dag van die dood nie.
Vers 10: So het ek dan gesien die goddelose begrawe word en die rus ingaan. (Dit was voordat Jesus gekruisig is.)
Pred 9 Vers 5: Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.
Vers 6: Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Vers 10: alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.
Pred 11 Vers 7: Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou.
Vers 8: Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in die almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees.
Pred 12 Vers 7: En die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die Gees na God terugkeer wat dit gegee het. (Let wel, die Gees, Heilige Gees, nie die siel nie; die siel gaan of Doderyk of Paradys toe.)
Jes 7 Vers 11: Eis vir jou ‘n teken van die Here jou God: Sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe.
Jes 14 Vers 9: Die doderyk daaronder is in beroering om jou ontwil, jou koms tegemoet; dit wek om jou ontwil die skimme op, al die bokke van die aarde; dit laat al die konings van die nasies van hulle trone opstaan.
Vers 10: Hulle hef almal aan en sê vir jou: Ook jy het kragteloos geword soos ons; jy het soos ons geword.
Vers 11: Jou trots is neergewerp in die doderyk. Onder jou is wurms as ‘n bed, en maaiers is jou bedekking.
Vers 12: Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! hoe lê jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!
Jes 14 Vers 13: En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die noorde. ('n Plek op 'n ander planeet.)
Vers 14: Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!
Vers 15: Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!
Vers 16: Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koningkryke laat beef het?
Vers 17: Die wêreld soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, (atoombomme) wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
Vers 18: Al die konings van die nasies, hulle almal rus met eer, elkeen in sy huis;
Vers 19: Maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos ‘n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, (massagraf?) wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.
Vers 20: Jy word nie met hulle in die graf verenig nie, want jy het jou land verwoes, jou volk gedood; die nageslag van die kwaaddoeners word vir ewig nie genoem nie.
Jes 26 Vers 19: U dode sal herlewe, My lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! want U dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
Jes 29 Vers 4: Dan sal jy diep uit die grond spreek; en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; (hulle sal ingegrawe wees onder die grond) en jou stem sal uit die grond opkom soos die van die gees van ‘n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep.
Jes 38 Vers 18: Want die doderyk sal U nie loof nie, en die dood U nie prys nie; die wat in die kuil neerdaal, sal op U trou nie hoop nie. (Hulle kom voor die Groot Oordeel, en op Jesus kan hulle nie hoop nie.)
Eseg 32 Vers 21: Die magtigste helde sal hom, met sy helpers, toespreek uit die doderyk uit: Hulle het neergedaal, hulle lê daar - die onbesnedenes, verslaan deur die swaard.
Vers 22: Daar is Assur en sy hele menigte; hulle grafte is rondom hom;
Vers 23: Wie se grafte gemaak is in die uithoeke van die kuil, (Doderyk) en sy menigte is rondom sy graf. Hulle wat skrik versprei het in die land van die lewendes.
Vers 24: Daar is Elam en sy hele menigte rondom sy graf. Hulle wat onbesnede neergedaal het in die onderste plekke van die aarde, wat skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes, en nou hulle skande dra by die wat in die kuil neergedaal het.
Vers 25: Onder die wat verslaan is, het hulle vir hom ‘n bed gemaak saam met sy hele menigte; rondom is hulle grafte. En nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het. Onder die wat verslaan is, is hy neergelê.
Vers 26: Daar is Meseg-tubal en sy hele menigte; rondom hom is hulle grafte. Hulle is almal onbesnede, verslaan deur die swaard, omdat hulle skrik voor hulle versprei het in die land van die lewendes.
Vers 27: Maar hulle lê nie by die helde wat geval het uit die onbesnedenes, wat na die doderyk neergedaal het saam met hulle oorlogswapens en wie se swaarde onder hulle hoofde gesit is nie;
Vers 29: Daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het.
Vers 30: Daar is die vorste van die noorde, hulle almal, en al die Sidoniërs, wat neergedaal het en beskaamd staan ondanks die skrik deur hulle verwek vanweë hulle dapperheid, en dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.
Vers 3 1: Farao sal hulle sien , en hom troos oor sy hele menigte.
Dan 12 Vers 2: En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe, en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Hos 13 Vers 14: Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestelensies? doderyk, waar is jou verderf?
Mark 14 Vers 62: En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel. ("Space ships")
Luk 8 Vers 30: En Jesus vra hom: Wat is jou naam? en hy sê: Legio - want baie duiwels het in hom gevaar.
Vers 31: En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie.
Joh 5 Vers 28: Moenie julle hieroor verwonder nie; want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor.
Vers 29: En sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Fil 1 Vers 21: Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
Vers 23: Want ek word van weerskante gedring: Ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste.
1 Pet 3 Vers 19: In wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die gevangenis, (Jesus, onse Here, wat gekruisig, gestorwe en begrawe is, en neergedaal het na die hel, om na die derde dag weer op te staan ...)
Vers 20: Wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is.
1 Pet 3 Vers 21: Waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete - deur die opstanding van Jesus Christus.
Eseg 26 Vers 19: As Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek; (In Noag se tyd.)
Vers 20: Dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes.
Vers 21: Maar jou sal Ek tot ‘n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie gevind word nie, spreek die Here.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking