GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 21 vers 7: En as iemand sy dogter as slavin verkoop ...
Vers 8: As sy haar heer nie beval nie wat haar vir homself bestem het ...
Vers 10: As hy vir hom ‘n ander een neem, mag hy haar voedsel haar klere en haar huweliksgemeenskap nie verminder nie.
Vers 11: En as hy hierdie drie dinge nie vir haar doen nie, kan sy verniet weggaan, sonder geld.
Exo 22 vers 16: As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
Vers 17: As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
Vers 19: Elkeen wat met ‘n dier gemeenskap het moet sekerlik gedood word.
Lev 20 vers 10: As iemand owerspel doen met ‘n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.
Vers 11: As ‘n man met sy vader se vrou of sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee gedood word.
Vers 13: As ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word.
Vers 14: As ‘n man ‘n vrou en haar dogter neem, moet hulle hom en die twee met vuur verbrand.
Vers 15: As ‘n man vleeslike gemeenskap het met ‘n dier, moet hy gedood word en die dier doodgeslaan word.
Vers 16: As ‘n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en die dier doodslaan.
Vers 17: As ‘n man sy suster neem, sy vader of moeder se dogter, en hy haar skaamte sien, moet hulle voor die oë van die volk uitgeroei word.
Vers 18: As ‘n man met ‘n vrou gemeenskap het wat onwel is en haar skaamte ontbloot, moet hulle altwee uitgeroei word ander hul volk uit.
11 Sam 13 vers 1: Absalom, die seun van Dawid, het ‘n mooi suster gehad met die naam van Tamar. En Ammon, die seun van Dawid, was verlief op haar.
Vers 10: Toe sê Ammon vir Tamar: Bring die ete in die slaapkamer.
Vers 11: Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, gryp hy haar.
Vers 14: En hy het haar oorweldig en haar onteer en met haar gemeenskap gehad.
Vers 15: Toe het Ammon ‘n baie groot afkeer van haar gekry, ja, die afkeer was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het, en hy sê vir haar: Gaan weg!
Vers 17: En hy sê vir sy kneg: Stuur hierdie vrou weg buitentoe, en sluit die deur agter haar toe.
Vers 19: Toe het Tamar geweeklaag en as op haar hoof gestrooi, en die lang rok geskeur, en haar hand op haar hoof gelê.
Vers 22: Maar Absalom het Ammon gehaat omdat hy sy suster onteer het.
Vers 28: En Absalom het sy dienaars bevel gegee om Ammon dood te slaan.
11 Sam 14 vers 24: En die koning het gesê: Absalom kan in sy huis intrek, maar my aangesig mag hy nie sien nie.
Vers 29: Maar Absalom wou Dawid sien, en laat roep Moab, maar Moab wou nie kom nie.
Vers 30: Daarop stuur hy sy dienaars om Moab se gars aan die brand te steek, en Moab het gekom, en aan die koning gesê dat Absalom hom wou sien.
Vers 33: Hy het toe voor die koning gekom, en met sy aangesig na die aarde gebuig, en die koning het hom gesoen.
Exo 32 Vers 1: Die volk vra Aaron om vir hulle gode te maak.
Vers 2: Aaron vra dat hulle al hul goue ringe na hom bring.
Vers 4: Hy het dit toe gesmelt en met behulp van ‘n beitel ‘n goue kalf gemaak.
Vers 5: En daarvoor ‘n altaar gemaak.
1 Kon 21 vers 2: En koning Agab wou die stuk grond langs sy woning hê, en dit het aan Nabot behoort. Maar Nabot wou nie verkoop nie.
Vers 5: Daarop sê Isebel, sy vrou vir hom: Staan op, eet. Ek sal die grond vir jou kry.
Vers 8: Daarop het sy briewe in die naam van Agab geskryf aan die oudstes van die stad, dat hulle twee deugniete moet kry, wat getuig dat Nabot God en die koning gevloek het, en hom dan stenig.
Vers 13: Hulle stenig hom toe.
Vers 19: Toe kom die woord van God tot Elia: So sê die Here: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Op die plek waar die honde die bloed van Nabot opgelek het, sal hulle ook jou bloed oplek, en die honde sal Isebel eet by die voorskans van Jisreël.
Jes 57 vers 3: Maar julle, kom hierheen, kinders van ‘n towerheks, geslag van ‘n owerspeler en van haar wat hoereer!
Vers 4: Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, ‘n leuenagtige geslag nie?
Vers 5: Wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; (Hoereer) wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?
Vers 6: By die gladde klippe van die dal is jou deel; (Armageddon) dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle dankoffers uitgegiet, spysoffers gebring. Sou ek daarmee vrede hê?
Vers 9: En jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe. (Geeste van afgestorwenes geraadpleeg.)
Vers 11: Jy het ‘n leuenaar geword en aan My nie gedink nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie?
Vers 13: As jy skreeu, laat jou hoop gode jou red; maar die wind lig hulle almal op. Maar wie op My vertrou, sal die land beërwe en My heilige bergland in besit neem.
Mark 7 vers 21: Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
Vers 22: Diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.
Vers 23: AI hierdie booshede kom van binne, en maak die mens onrein.
Mark 14 vers 38: Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )
Vrydag 19 Maart 2010
Teken in op:
Plaas opmerkings (Atom)
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking