Saterdag 20 Maart 2010

Die Eienaam van ons God



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Rom 10:13 (Oorspronklike Hebreeus) Elkeen wat die Naam van Jahweh aanroep, sal gered word. (So kom die eienaam van ons God. Jahweh duisende kere voor in die oorspronklike Hebreeus en Grieks.)
Psa 83:18 (Old King James Bybel) That men may know that Thou, whose Name is Jahweh, art the most high over all the earth.
Isa 12:12 Behold. God is my salvation; I will trust, and not be afraid: for the Lord Jahweh is my strength. ens ens.
Hoe het dit gekom dat die Afrikaanse Bybel God se Persoonlike Naam uitgelaat het, en dit vervang het met Here, wat ook gemakshuisie beteken? (Op toiletdeure: Dames en Here.)
Soos u weet, Satan is los op die aarde, en is dit miskien sy wraak op wat gebeur het in:
11 Kon 10:27 En hy het die klippilare van Baal afgebreek, en Baal se tempel afgebreek, en daar gemakshuisies (toilette) van gemaak.
Satan het dit nou reggekry dat ons predikante dit toelaat dat ons ons God dieselfde naam gee as ‘n gemakshuisie. Die ergste van alles, dis net die Afrikaanse vertaling wat Sy Eienaam uitlaat in ons hele land.
Lev 22:32 En ontheilig My Heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word.
Die wêreldraad van kerke. waarvan ons kerke lid is, het besluit daar moet ‘n eenwêreld godsdiens wees, ter wille van vrede, Want ons almal aanbid mos dieselfde god! Hoe belaglik! Reg in die hande van Satan! Nou sien u hoekom ons God wil hê ons moet Sy Naam ken! Noudat u weet, kan u u uitsonder van die afgodsdienaars van die aarde.
In menseverhoudinge is dit uiters belangrik dat jy iemand op sy naam noem. Gaan noem maar vannaand u vrou met ‘n ander vrou se naam, en kyk wat gebeur. Ons God, Jahweh, wil hê ons moet Hom alleen aanbid, en hoe sal Hy voel as jy Hom aanroep op ‘n ander naam? As dit ek of u was wat in die straat afstap, sal ons nie eers omkyk as iemand ons op ‘n ander naam roep nie.
Exo 3:15 (Regte vertaling.) Jahweh. Dit is My Naam vir ewig, en dit is My gedenknaam van geslag tot geslag. (Hebreeus: Y H W H Yahweh)
Op 14 Aug 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners gestig. (G R A.) Op die jaarvergadering van 24/8/1878 is daar ‘n pleidooi vir die vertaling van die Statebybel in Afrikaans gelewer, en in beginsel goedgekeur.
Na ‘n stilte van 6 jaar is die saak in 1884 weer aangeroer. Die G R A het besluit om dit uit die oorspronklike tale te vertaal, met inagneming van die Statebybel. Die vertaalwerk is aan S J du Toit, destyds direkteur van onderwys in Transvaal opgedra, en daar is besluit om die Eienaam Jahweh of Jehowah deurgaans te behou, en dat dit nie deur Here of God vervang sal word nie.
Die vertaling van S J du Toit het nie in die Afrikaners se smaak geval nie, en na sy dood in 1911 is daar aanbeveel dat die Hollandse kerke in Suid - Afrika die Bybel in Afrikaans vertaal, en in 1916 is ‘n kommissie aangestel vir die taak.
Dr B Keet en Dr J D du Toit (seun van S J du Toit) het gepleit dat die Bybel nie uit die grondteks nie, maar uit die Statebybel vertaal moes word, en op 22/11/1916 is die voorstel aangeneem.
‘n Voorbeeld van die direkte oorsetting uit die Statevertaling deur Dr J D du Toit het in Het Kerkblad van 15/10/1916 veskyn, en onder andere dat : "Die Eienaam Jehowah word Here geskrywe."
Met die gevolg dat al die vertalings daarna, selfs in die 1933 vertaling, kom die Eienaam Jahweh of Jehowah nie ‘n enkele keer voor nie.
In Huisgenoot van 18/8/1970 het Prof A H van Zyl gesê: As ons vir seker geweet het hoe om hierdie Eienaam (wat in Hebreeus deur die letters Y H W H aangedui is uitgespreek moet word, kon ons dit dienoorkomstig weergegee het, maar nou is die kennis gebrekkig. Dit kon Jahwêh gewees het. Is dit redelik? Nee. Ander eiename soos bv die van Jesus is uitgespreek as Jesjoea of Jehosjoea. In Grieks Iesous, in Spaans Ge-soes, Zulu Ujesu, maar nogtans klink dit naastenby dieselfde. Hoekom dan die Eienaam van die enigste Lewende God misken? En Hom soos die afgode aanspreek? Jahweh het Homself ‘n Naam gegee om Hom van die afgode te onderskei. Watter mens het die reg Om Sy Heilige Naam uit Sy eie Boek te verwyder?
Fil 3:19 en 1 Kor 8:5 Daar is baie gode. (Hoekom ons God ook soos hulle noem? god? Watter god?)
Die sekretaris van die New International Bible sê: In hierdie vertaling het ons die ortodokse Joodse tradisie gevolg, (ons is mos nie almal Jode nie!) en die Naam Jahweh deur die Here, en die Here Jahweh deur die Here God vervang.
Edwin H Palmer, Th.D, die sekretaris, verstrek die rede hiervoor: "U het reg wanneer u sê dat Jahweh ‘n onderskeidende Naam vir ons God is, en eintlik moes ons dit gebruik het, maar hierdie vertaling het ons 2.5 Miljoen gekos, en ‘n gewisse manier om dit in die water te gooi, is om bv Psa 23 te vertaal as: Jahweh is my herder. Niemand sal dit gebruik nie. (Mammon, die god van hierdie aarde wen nog steeds.) Daar gaan eendag ‘n groot verduideliking gevra word van ons predikers hoekom hulle kon toelaat dat ons God se Naam, Jahweh, geskryf in Hebreeus Y H W H vir hele nasies verberg is, en deur nie aan te dring om dit terug te plaas in die Bybel nie. Ons predikante het ons God, Jahweh, se Naam uit Sy eie Boek verwyder.
Tot onlangs het die herdrukke van die Halleluja die Naam Jehowah bevat, soos bv lied 475:2 "Vra u Sy Naam, so weet, dat Hy Jehowah heet."
Verwysings na Jahweh word ook gevind - Die gesaghebbende woordeboek van die Afrikaanse Taal sê onder Jawe(h) "Die Naam van die God van Israel." Die Afrikaanse woordeboek van J H Terblanche sê onder Jehova: Die ewige God, die God van Israel, Jahweh. Die Kennis Ensiklopedie (1979, DI. 1, BL 18: "Waar ander volkere afgodery beoefen het, het die Israeliete die Een, ware God Jawe, aanbid. Die nuwe Geskiedenis vir standard 5 deur H Lambrechts, hoofstuk 5: Die Jode was die enigste volk wat nie aan afgodery geglo het nie. Hulle God is bekend as Jehova.
Die gemelde uittreksels toon dat die geleerdes bewus is van die Goddelike Naam Jahweh. Waarom word die Goddelike naam Jahweh nooit in ons kerke gehoor nie? IS AL ONS PREDIKANTE DAN ONDER BEVEL VAN SATAN? Hoekom verplig hulle nie die Bybelgenootskap om niks uit Die Bybel weg te laat nie? Die N G Kerk in Robertson se hoeksteen het die Naam Jehova daarop.
Die kerksaal van die N G in Otjiwarongo het die Naam Jehovah daarop.
Die N G Kerk se hoeksteen op Laingsburg: Jehovah - Jireh.
Die ou N G in Lindley: Jehova. ens. ens.
Hoekom is daar dan net sommige Bybels in S A wat die Goddelike Naam Jahweh bevat? Die Naam kom duisende kere in hierdie Bybels voor: Die Bybel in Zulu: uJehova. Sotho: Jehova Xhosa: u Yehova. Venda: Yehova. Vra gerus enige swartman om sy Bybel, en kyk bv Exo 6:2,3. Hierdie vertalings is deur dieselfde mense uitgegee wat ook ons Bybels uitgee, nl. Die Bybelgenootskap van S A.
Geen wonder ons land is in so ‘n toestand nie. Het Jahweh dalk reeds Sy hand van Suid Afrika weggeneem OMDAT ONS HOM NIE KEN NIE?
In Engels word ons God ook "Lord" genoem, soos op die toilette. Dit is wat ons ons God noem. Ons sê ook: "So dronk soos ‘n Lord." Bedoel ons daarmee so dronk soos ons God?!!!!
Psa 91:14 Spreek Jahweh: Ek sal hom beskerm omdat hy My Naam ken. Asook: Almal wat My Naam aanroep sal gered word. (SY NAAM IS VERSEKER NIE GOD NIE!!)
Ek het nou die dag vir ‘n ouderling gevra: "Wat is jou God se Naam?" Hy het nie geweet nie. Die predikante steek dit selfs vir HULLE weg. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: