Saterdag 20 Maart 2010

Hoe om nie siek te word nie



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Psa 91 Vers 9: Want U, o Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou toevlug gemaak.
Vers 10: Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie.
Psa 41 Vers 2: Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil.
Vers 4: Die Here sal hom ondersteun op die siekbed; sy hele slaapplek verander U as hy krank is.
Exo 23 Vers 25: En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Deut 6 Vers 2: Dat jy die Here jou God kan vrees om al Sy insettinge en Sy gebooie wat Ek jou beveel, te hou - jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.
Vers 5: Daarom moet jy die Here jou God liefhë met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
Deut 7 Vers 14: Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
Vers 15: En die Here sal elke krankheid van jou wegneem, en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar God sal dit lê op almal wat jou haat.
11 Kron 16 Vers 12: En sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.
11 Kon 13 Vers 14: En toe die profeet Elisa siek was aan die siekte waaraan hy sou sterwe ...
11 Kon 15 Vers 1: Asarja het koning oor Juda geword.
Vers 3: En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here, net soos sy vader Amasia gedoen het.
Vers 4: Net die hoogtes is nie afgeskaf nie, en die volk het nog rook laat opgaan. Vers 5: En die Here het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood.
11 Kron 21 Vers 4: Toe Joram die koningskap aanvaar, het hy al sy broers en sommige van die owerstes van Israel met die swaard vermoor.
Vers 11: Hy het ook hoogtes op die berge van Juda gemaak, en die inwoners van Jerusalem laat hoereer en Juda verlei.
Vers 12: Toe skryf die profeet Elia vir hom ‘n brief:
Vers 14: Die Here sal ‘n groot plaag stuur onder u volk en seuns en vroue en al u goed. En u self sal aan baie siektes ly, aan ‘n siekte van u ingewande totdat u ingewande vanweë die siekte uitkom.
Vers 19: En teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het. En sy volk het nie vir hom ‘n wierookbrand gemaak soos vir sy vaders nie, en hy is ook nie in die grafte van die konings begrawe nie.
11 Kron 26 Vers 16: En koning Ussia het hoogmoedig geword, en in die tempel van die Here ingegaan en offerrook laat opgaan op die reukaltaar, terwyl net die priesters dit mag doen.
Vers 19: Die priesters sê toe vir hom: Gaan uit die heiligdom uit! maar Ussia het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van die Here langs die reukaltaar.
Psalm 38 Vers 4: (Dawid) Daar is geen heel plek in my vlees vanweë U grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
Vers 6: My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.
Vers 7: Ek is krom, heeltemal geboë, die hele dag gaan ek in rou.
Vers 8: Want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
Vers 11: My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie:
Vers 12; Die wat my liefhet, en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan.
Psalm 39 Vers 11: Neem U plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van U hand. (Dit het Dawid oorgekom omdat hy moord en owerspel gepleeg het.)
Jes 33 Vers 24: En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe. (Na Jesus se koms. Siektes kom na jou oor jou sondes.)
Mark 2 Vers 5: Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe! (Hy is dus verlam deur sy sondes.)
Vers 12: En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan uit.
Joh 5 Vers 14: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Joh 9 Vers 2: En Sy dissipels vra Hom: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is? (Voorvaders, tot aan die derde en vierde geslag.)
Joh 15 Vers 1: Ek is die ware wynstok; en My Vader is die landbouer.
Vers 2: Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg. En elke loot wat vrug dra, die maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
1 Kor 11 Vers 29: Want wie op onwaardige wyse eet en drink, (by die nagmaalgebruik) eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
Vers 30: Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.
Vers 32: Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
Matt 9 Vers 2: En hulle het ‘n verlamde man, wat op ‘n bed lê, na Hom gebring. En Jesus sê vir hom: Seun, jou sondes is jou vergewe. (Dit is dus oor sy sondes dat hy lam was.)
1 Pet 3 Vers 10: Want wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
Deut 30 Vers 10: As jy na die stem van die Here jou God luister om Sy gebooie en Sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die Here jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel. Vers 11: Want hierdie gebod wat Ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie, en is nie ver nie.
Vers 12: Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 13: Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal, en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 14: Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
Vers 15: Kyk, Ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.
Vers 19: Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het Ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.
Vers 20: Deur die Here jou God lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae. Sodat jy kan lewe in die land wat die Here jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
Deut 32 Vers 39: Aanskou nou dat dit Ek is, en dat daar geen God naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit My hand red nie.
1 Sam 2 Vers 6: Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder ook verhoog Hy.
Vers 9: Die voete van Sy gunsgenote bewaar Hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ‘n mens oorwin nie deur krag nie.
Openb 3 Vers 19: Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. (Indien u dus swaarkry, en u is ‘n christen, wees bly!)
11 Kron 32 Vers 31: Het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
Job 33 Vers 19: Ook word hy getugtig met smart op sy bed en aanhoudende stryd in sy gebeente,
Vers 20: Sodat sy lewe hom laat walg van brood en sy siel van lieflingspys.
Vers 21: Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
Vers 22: Ja, sy siel kom nader by die kuil en sy lewe by die dodende magte.
Vers 29: Kyk, dit alles doen God, twee keer, ja, drie keer met ‘n mens,
Vers 30: Om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
Job 34 Vers 11: Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ‘n man se wandel laat Hy hom ondervind.
Job 36 Vers 10: Dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
Vers 11: As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dae deur in voorspoed en hul jare in aangenaamheid.
Vers 12: Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
Vers 13: Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
Vers 15: Hy red die ellendige deur sy ellende, en open hulle oor deur verdrukking.
Psalm 11 Vers 5: Die Here toets die regverdige; maar Sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Psalm 34 Vers 20: Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit die almal red die Here hom.
Psalm 118 Vers 18: Die Here het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.
Psalm 119 Vers 71: Dit is goed vir my dat ek verdruk was, sodat ek U insettinge sou leer.
Spr 3 Vers 11: My seun, verag die tug van die Here nie, en laat Sy kastyding nie jou weersin wek nie,
Vers 12: Want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos ‘n vader die seun in wie Hy behae het.
Jer 2 Vers 19: Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat My vrees nie by jou is nie, spreek die Here.
Jer 17 Vers 10: Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handeling.
Jer 17 Vers 11: ‘n Voël wat eiers uitbroei, sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf, maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy ‘n dwaas wees. (Altzheimer?)
Heb 12 Vers 5: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie, en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie.
Deut 28 Vers 58: As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, (Hoe kan ons die Naam vrees as die predikante die Naam vir ons wegsteek?) die Here jou God, te vrees nie,
Vers 59: Dan sal die Here oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
Vers 60: En Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.
Vers 61: Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal die Here teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
Psalm 103 Vers 2: Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie!
Vers 3: Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees.
Deut 6 Vers 12: Neem jou dan in ag dat jy die Here nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.
Deut 7 Vers 9: Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en Sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
Vers 10: Maar aan die wat Hom haat, aan elkeen persoonlik, vergeld Hy dit, om hom te vernietig; Hy sal met sy hater nie versuim nie, hom persoonlik sal Hy dit vergelde. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: