Vrydag 19 Maart 2010

Hoe om goed te lewe en rustig te slaap

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Exo 23 Vers 25: En julle moet die Here julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Deut 5 Vers 16: Eer jou vader en jou moeder soos die Here jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die Here jou God aan jou gee.
Deut 10 Vers 13: Om te hou die gebooie van die Here en Sy insettinge wat Ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan.
1 Pet 3 Vers 10: Want wie die lewe wil liefhê, en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.
Deut 30 Vers 15 : As jy na die stem van die Here jou God luister om Sy gebooie en Sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die Here jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.
Vers 11: Want hierdie gebod wat Ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie, en is nie ver nie.
Vers 12: Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 13: Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal, en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen?
Vers 14: Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
Vers 15: Kyk, Ek het jou vandag voorgehou die lewe en die geluk, en die dood en die ongeluk.
Vers 19: Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het Ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.
Vers 20: Deur die Here jou God lief te hê, na Sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae. Sodat jy kan lewe in die land wat die Here jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
1 Sam 2 Vers 6: Die Here maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom. Die Here maak arm en maak ryk; Hy verneder ook verhoog hy.
Vers 9: Die voete van Sy gunsgenote bewaar hy, maar die goddelose mense kom om in duisternis; want ‘n mens oorwin nie deur krag nie.
Spr 3 Vers 9: Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste.
Vers 10: Dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
Job 2 Vers 10: Vers 10: Maar Job antwoord: Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? by dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.
Job 23 Vers 10: Want Hy weet hoe my handel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
Psalm 34 Vers 20: Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit die almal red die Here hom.
Spr 12 Vers 14: Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van ‘n mens se hande kom op hom terug.
Spr 15 Vers 5: Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op teregwysing ag gee, word wys.
Spr 17 Vers 3: Die smeltkroes is vir die silwer, en die oond vir die goud, maar die Here toets die harte.
Spr 19 Vers 5: ‘n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens verstrooi, sal nie vrykom nie.
Spr 19 Vers 20: Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.
Spr 20 Vers 27: Die Gees van die mens is ‘n lamp van die Here, dit deursoek al die kamers van die binneste. (Die Heilige Gees)
Pred 8 Vers 11: Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen.
Jer 2 Vers 19: Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat My vrees nie by jou is nie, spreek die Here.
Klaagl Vers 25: Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek.
Psalm 1 Vers 1: Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie.
Vers 2: Maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag.
Vers 3: En hy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
Vers 4: So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi.
Psalm 33 Vers 18: Kyk, die oog van die Here is op die wat Hom vrees, op die wat op Sy goedertierenheid wag.
Vers 19: Om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Psalm 34 Vers 8: Die engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.
Vers 9: Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
Vers 10: Vrees die Here, o Sy Heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.
Vers 11: Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die Here soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
Psalm 37 Vers 18: Die Here ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.
Vers 19: Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
Vers 29: Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Vers 25: Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
Psalm 55 Vers 23: Werp jou sorg op die Here, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.
Psalm 97 Vers 11: Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.
Psalm 106 Vers 3: Welgeluksalig is hy wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
Psalm 111 Vers 10: Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand.
Psalm 112 Vers 1: Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat ‘n groot welbehae in Sy gebooie het.
Vers 2: Sy nageslag sal geweldig wees op aarde; die geslag van die opregtes sal geseën word.
Vers 3: Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
Jer 22 Vers 13: Wee hom wat sy huis bou met ongeregtigheid en sy dakkamers met onreg; wat sy naaste laat werk vir niks en hom sy loon nie gee nie.
Vers 15: Het jou vader nie geëet en gedrink en reg en geregtigheid gedoen nie? toe het dit goed met hom gegaan.
Vers 16: Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan.
Vers 17: Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer.
Pred 2 Vers 24: Dit is nie ‘n gawe wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God.
Vers 25: Want wie kan eet en wie kan geniet sonder Hom?
Gen 4 Vers 7: En God sê: Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? en as jy nie goed doen nie - die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers.
Jes 58 Vers 7: Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? as jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
Vers 8: Dan sal jou lig deurbreek soos die daeraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die Here jou agterhoede wees.
Vers 9: Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! as jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord.
Vers 10: En jou siel laat uitgaan na die hongerige, en die neergeboë siel versadig; dan sal jou lig opgaan in die duisternis en jou donkerheid soos die middag.
Vers 11: En die Here sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak! en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is en soos ‘n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: