Sondag 21 Maart 2010

Kan satan jou doodmaak?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Job 1 Vers 1 - 3: En job was Godvresend, en het afgewyk van die kwaad. En hy het sewe seuns en drie dogters gehad. Hy het seweduisend stuks kleinvee, drieduisend kamele, vyfhonderd paar beeste, en vyfhonderd eselinne en ‘n groot menigte slawe gehad.
Job 1 Vers 6: En op ‘n dag toe die Seuns van God kom om hulle voor die Here (God?) te stel, het die satan ook onder hulle gekom.
Vers 7: Toe vra die Here vir satan: Waar kom jy vandaan? en satan antwoord die Here: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
Vers 8: En die Here vra vir satan: Het jy ag gegee op My kneg Job? want daar is niemand op die aarde soos hy nie; ‘n man vroom en opreg, Godvresend, en wat afwyk van die kwaad.
Job 1 Vers 10: En satan antwoord die Here: Het U nie self hom en sy huis, en U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
Vers 12: Daarop sê die Here aan satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En satan het weggegaan van die Aangesig van die Here.
Vers 14 - 19: En die Sabeërs het sy beeste gesteel, die vuur van God het van die hemel geval en sy kleinvee het verbrand, (satan het dus ook mag oor die weerlig) die Chaldeërs het die kamele gesteel, en ‘n groot wind het sy huis omgewaai, en sy seuns en dogters is dood. (Indien jy dus nie ‘n groot gelowige is nie, het satan ook mag oor jou lewe, in hierdie geval die kinders van Job.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: