Saterdag 20 Maart 2010

Is daar groot en klein sondes?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Mark 3 vers 28: En Jesus sê: Voorwaar Ek sê vir julle: Al die sondes sal die mensekinders vergewe word, en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het.
Vers 29: Maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel.
Nahum 1 vers 3: Die Here is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die Here ongestraf bly nie.
Exo 20 vers 7: Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie, want die Here sal die een wat Sy Naam ydelik gebruik nie ongestraf laat bly nie. (Vra u predikant wat is u God se Naam. Hy weet, maar steek dit vir jou weg.)
Exo 21 vers 12: Hy wat ‘n mens slaan, dat hy sterwe, moet sekerlik gedood word. Behalwe as dit per ongeluk geskied.
Vers 14: As iemand met lis handel en doodmaak, moet hy sterf.
Vers 15: Hy wat sy vader of moeder slaan, moet sekerlik gedood word.
Exo 21 vers 16: Hy wat ‘n mens steel en hom verkoop, of as hy in sy besit gevind word, moet sekerlik gedood word.
Exo 21 vers 17: Hy wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word.
Vers 18: As manne twis, en die een die ander met die vuis of klip slaan sodat hy bedlêend word, en hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy ongestraf bly, maar hom vergoed vir sy tyd, en sorg dat hy heeltemal gesond word.
Exo 21 vers 22: As twee mans met mekaar veg en aan ‘n verwagtende vrou stamp sodat haar vrug afgaan, moet hy boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê.
Vers 23: Maar is daar ‘n letsel (aan die vrou) moet jy gee lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.
Exo 22 vers 1: As iemand ‘n bees of stuk kleinvee steel en dit slag of verkoop, moet hy vyf beeste vir ‘n bees vergoed, en vier stuks kleinvee vir ‘n stuk kleinvee.
Exo 22 vers 2: As ‘n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie.
Vers 3: As die son oor hom opgagaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. (Dan moet hy vir sy diefstal betaal)Hy moet ten volle vergoeding gee. As hy nie kan nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.
Vers 4: Maar as die bees of kleinvee lewendig in sy besit gekry word, moet hy dubbel vergoeding gee.
Exo 31 vers 14: Onderhou dan die Sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word, want elkeen wat daarop werk verrig, die siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote.
Exo 35 vers 2: Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heiligheid, ‘n dag van volkome rus wees tot eer van die Here. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.
Jer 23 vers 38: Maar as julle sê: Die Here het gelas - daarom, so spreek die Here: Omdat julle hierdie woord sê: Die Here het gelas - alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: Die Here het gelas nie.
Vers 39: Daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en jul vaders gegee het, van My Aangesig af wegwerp;
Lev 24 vers 15: As iemand sy God vloek, sal hy sy sonde dra.
Vers 16: En wie die Naam van die Here laster, moet sekerlik gedood word. Die hele vergadering moet hom stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land. As hy die Naam laster, moet hy gedood word.
Spr 10 vers 18: Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is ‘n dwaas.
Matt 5 vers 22: Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: raka! moet verantwoording doen voor die groot raad; en elkeen wat sê: jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
Matt 12 vers 36: Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet julle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Vers 37: Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
Lev 20 vers 21: As ‘n man sy broer se vrou neem, is dit bloedskande. Sonder kinders sal hulle wees.
Lev 21 vers 9: En as die dogter van ‘n priester haar ontheilig deur te hoereer, ontheilig sy haar vader. Met vuur moet sy verbrand word.
Exo 34 vers 7: Ek is ‘n God wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie. Wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag. (Soms gaan ons kinders dood, dan wonder ons hoekom.)
1 Kor 5 vers 1; ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: Dat iemand die vrou van sy vader het.
Vers 5: Om so iemand aan satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
11 Thess 1 vers 6: Aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,
Vers 8: In vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie, en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Vers 9: Hulle sal as straf ondergaan ‘n ewige verderf, weg van die Aangesig van die Here.
1 Joh 5 vers 16: As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee - vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; Daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.
Vers 17: Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: