Vrydag 19 Maart 2010

Is ons Israeliete?

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kon 17 Vers 13: En die here het Israel En Juda (let op, daar is ‘n verskil tussen Israel en die Jode) gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou My gebooie, My insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van My diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
Vers 14: Maar hulle het nie geluister nie, en hul nek verhard soos die nek van hul vaders, wat nie op die Here vertrou het nie. (Soos ons vandag.)
Vers 15: En hulle het Sy insettinge en Sy verbond verwerp, (Onder andere om die nasies waarheen jy gaan om hulle land in besit te neem totaal uit te roei, geen verbond met hulle te sluit, en nie met hulle te ondertrou nie, geen towenary toe te laat, en geen hoere in die land te hê nie, geen oproep van geeste, of om te offer aan dooies nie, of om afgodsoffers te eet soos produkte met die halal teken op nie, en die Sabbatdag te eerbiedig en geen besigheid op daardie dag te doen nie, en ook nie ‘n vuur op Sondag aan te steek nie, ens.) en agter nietige gode aangeloop, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die Here hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
Vers 16: En vir hulle gegote beelde, twee kalwers gemaak, en ‘n heilige boomstam, en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baal gedien. (Ons het ook gegote beelde in ons land. Die Buddha is een voorbeeld. Duisende mense is al sy aanbidders.)
Vers 17: En hul seuns en dogters deur die vuur laat deurgaan (op kole loop) en met waarsêery omgegaan (slaan enige koerant of tydskrif oop, en die waarsêers sal jou meedeel wat sê jou sterre) en voortekens verklaar en hulleself verkoop (ons het oral hoerhuise, ons noem hulle net geselskapsdames) om te doen wat verkeerd was in die oë van die Here, om Hom te terg.
Vers 18: So het die Here dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle (11 stamme) van Sy Aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen. (Die Jode het agtergebly in die land Israel. En wat gaan God met ons maak? Ons laat dan presies dieselfde in ons land toe?)
Vers 19: Selfs Juda (Jode) het die gebooie van die Here hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het. (Afgode)
Vers 20: Daarom het die Here die hele geslag van Israel verwerp, en hulle verneder, en hulle in die hand van rowers oorgegee (Aan Babel, swartmense, oorgegee.) totdat Hy hulle van Sy Aangesig weggewerp het. (Die Jode het daarna weer teruggekeer na Israel, maar die ander stamme is oor die aarde versprei.)
Lees ook: Gen 28:3, Eseg 34:6, Jer 30:11, Num 23:10, Lev 20:23 tot 24, Jes 49:20, Eseg 7:2 tot 3, Eseg 11:17, Psa 2:8, Jes 26:15, Deut 12:20, Exo 34:24, Jes 25:6 tot 8.
Neh 1 Vers 9: Maar as julle jul tot My bekeer en My gebooie onderhou en dit doen - al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om My Naam daar te laat woon.
Rom 10 Vers 17: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.
Vers 18: Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
Vers 19: Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? (Israel is die oorblywende elf stamme wat nie in die land Israel woon nie. Hulle woon oor die hele aarde. Die meeste blankes is Israeliete!)
Deut 32 Vers 8: Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, (Apartheid) het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
Jes 28 Vers 11: Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur ‘n vreemde tong ( ‘n ander taal) met hierdie volk (Israel en Juda) spreek. (Deur ons.)
Vers 14: Daarom, hoor die woord van die Here, julle spotters, heersers oor hierdie volk wat in Jerusalem is. (Die Jode.) (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: