Saterdag 20 Maart 2010

Die 1000 jaar van vrede



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 43 Vers 2: En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van Sy heerlikheid.
Vers 3: En die gesig wat ek gesien het, het gelyk soos die gesig wat ek gesien het by die Kebarrivier. (Sien hemelse voertuie in inhoud. Jesus kom met hemelse voertuie.)
Vers 4: En die heerlikheid van die Here het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê.
Vers 7: En hy het vir my gesê: Mensekind, dit is die plek van My troon en die plek van My voetsole waar Ek vir ewig sal woon onder die kinders van Israel; en die huis van Israel sal My heilige naam nie meer verontreinig nie, hulle en hulle konings met hulle hoerery en met die lyke van hulle konings, by hulle dood.
Vers 9: Nou sal hulle hul hoerery en die lyke van hul konings ver van My af verwyder, en Ek sal vir ewig onder hulle woon. (In Israel, met Sy wederkoms. Nou begin die 1000 jaar van vrede.)

Hierdie dinge gaan gedurende die 1000 jaar van vrede gebeur:

Heb 4 Vers 2: Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle, maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met geloof verenig was nie.
Vers 3: Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in My rus nie ingaan nie.
Vers 4: Want Hy het van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al Sy werke gerus;
Vers 5: En nou hier weer: Hulle sal in My rus nie ingaan nie. (Sesduisend jaar is verstreke, vir God ses dae; die sewende dag begin een van die dae, die duisend jaar van vrede, wat God Sy rus noem.)
Vers 9: Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;
Vers 10: Want wie in Sy rus ingegeen het, rus ook self van sy werke soos God van Syne.
Jes 32 Vers 18: En My volk sal woon in ‘n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
Eseg 36 Vers 24: En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring.
Vers 28: En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het. En julle sal vir My ‘n volk en Ek sal vir julle ‘n God wees.
Psalm 132 Vers 13: Want die Here het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê:
Vers 14: Dit is My rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.
Jer 30 Vers 10: Jy dan, wees nie bevrees nie, my kneg Jakob, spreek die Here; en wees nie verstrik nie, O Israel! want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hul gevangenskap; en Jakob (Israel) sal terugkom en stil en rustig wees sonder dat iemand hom skrikmaak.
Pred 8 Vers 5: Hy wat die gebod onderhou, sal geen kwaad ondervind nie; en die hart van ‘n wyse sal die tyd en die regterlike beslissing belewe.
Openb 19 Vers 6: Haleluja! want die Here God, die Almagtige, het die Koningskap aanvaar.
Vers 7: Laat ons bly wees en ons verheug, en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom, en Sy vrou het haar gereed gemaak. (Christene.)
Vers 9: Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. Dit is die waaragtige woorde van God.
Vers 15: En Hy (Jesus) sal die nasies met ‘n ysterstaf regeer.
Openb 20 Vers 1: En ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.
Vers 2: En hy het die draak gegryp - die ou slang wat die duiwel en die satan is - en hy het hom gebind, 1000 jaar lank.
Vers 3: En hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.
Vers 4: En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit. En aan hulle is die oordeel gegee; die mense wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie, sal nou herleef en as konings regeer op aarde saam met Jesus vir ‘n 1000 jaar.
Vers 5: Die ander dode sal eers na die 1000 jaar herlewe. Dit is die eerste opstanding.
Vers 6: Salig en heilig is hy wat deel het van die eerste opstanding. Hulle sal saam met Jesus regeer as konings op die aarde, 1000 jaar lank.
Vers 7: En wanneer die 1000 jaar voleindig is sal satan oopgesluit word.
Vers 8: Die nasies sal verlei word en versamel word om oorlog te voer teen die heilige stad van Jerusalem, en hulle getal sal wees soos die sand van die see.
Vers 9: En hulle sal opkom oor die breedte van die aarde en die heilige stad omsingel. En vuur sal van God uit die hemel neerdaal en hulle verbrand.
Vers 10: En satan sal in die poel van vuur gewerp word waar die antichris en sy profeet reeds in is. En hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. (Omdat hulle biljoene mense verlei het.)
Psalm 65 Vers 5: Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in U voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van U huis, die heiligheid van U paleis.
Vers 9: Sodat die bewoners van die eindes vrees vir U tekens; U laat die uitgange van die môre en die aand jubel.
Vers 10: U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; Ja, so berei U die land.
Vers 11: U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U Seën sy uitspruitsel.
Psalm 65 Vers 12: U Kroon die jaar van U goedheid, en U voetspore drup van vettigheid.
Vers 13: Die weivelde van die woestyn drup, en die heuwels gord hulself met gejuig.
Vers 14: Die weivelde is bekleed met troppe kleinvee, en die dale is bedek met koring; hulle juig, ook sing hulle.
Psalm 67 Vers 4: Die volke sal U loof, O God, die volke almal saam sal U loof.
Vers 5: Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei.
Vers 8: God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.
Psalm 68 Vers 7: God laat die eensames woon in ‘n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in ‘n dor land.
Vers 17: Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir Sy woning? Ja, die Here sal daar woon tot in ewigheid.
Vers 30: Ter wille van U tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.
Vers 32: Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.
Psalm 76 Vers 12: Doen geloftes en betaal die aan die Here julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die vreeslike,
Vers 13: Wat die trots van die vorste wegsny, vreeslik is vir die konings van die aarde.
Psalm 84 Vers 6: Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die bebaande weë is.
Vers 7: As hulle deur die droë laagte trek, maak hulle dit ‘n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
Vers 8: Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion.
Psalm 86 Vers 9: Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor U aangesig neerbuig, Here, en hulle sal U Naam eer.
Psalm 102 Vers 14: U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.
Vers 15: Want U knegte het sy klippe lief en het medelyde met sy puin.
Vers 16: Dan sal die heidene die Naam van die Here vrees en al die konings van die aarde U heerlikheid.
Vers 17: Omdat die Here Sion opgebou het, in Sy heerlikheid verskyn het.
Vers 19: Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die Here loof. (Dit is ons!)
Psalm 110 Vers 2: U magtige septer sal die Here uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van U vyande.
Psalm 116 Vers 19: In die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, o Jerusalem!
Psalm 135 Vers 21: Geloofd sy die Here uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon!
Eseg 36 Vers 29: En Ek sal julle verlos van al jul onreinhede, en Ek sal roep na die koring en dit vermenigvuldig, en Ek sal geen hongersnood op julle lê nie.
Vers 30: En Ek sal die vrugte van die bome en die opbrings van die veld vermenigvuldig, sodat julle die smaad van hongersnood nie meer hoef te verdra onder die nasies nie.
Vers 35: En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden, en die stede wat in puin was, is versterk en bewoon.
Vers 37: Ek sal Israel se mense vermenigvuldig soos skape.
Eseg 37 Vers 19: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in My hand.
Vers 22: En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en nie meer in twee koninkryke verdeel wees nie.
Vers 24: En My kneg Dawid sal koning oor hulle wees. (Opgewek uit die dood.)
Vers 26: En Ek sal ‘n verbond van vrede met hulle sluit. Dit sal ‘n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig.
Joël 2 Vers 18: Toe het die Here geywer vir Sy land en Sy volk verskoon.
Vers 19: Kyk, Ek stuur (Vanaf Suid Afrika sien: Voorspelling oor Suid Afrika) vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer ‘n voorwerp van smaad onder die nasies nie.
Vers 20: Ek sal die sprinkaanswerm, (Die wat Israel aangeval het) uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na ‘n dor en woeste land; sy voorhoede na die oostelike see en sy agterhoede na die westelike see toe. En sy stank sal opstyg, en ‘n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen. (Daar gaan geen water wees om te drink nie, wat nog om te was.)
Vers 22: Die weivelde van die woestyn spruit uit.
Vers 23: Hy gee julle die leraar tot geregtigheid, en laat die vroeë en laat reëns kom soos vroeër.
Vers 25: En Ek sal julle vergoed die jare van die treksprinkaan, My groot leërmag wat ek teen julle gestuur het.
Vers 28: En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
Vers 29: En ook op die diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae My Gees uitgiet.
Vers 30: En Ek sal wondertekens gee aan die hemel, en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.
Vers 31: Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Joël 2 Vers 32: En elkeen wat die naam van die Here aanroep, sal gered word. Want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees.
Miga 4 Vers 3: En Hy sal oordeel tussen baie volke, en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee, en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
Sag 8 Vers 3: So sê die Here: Ek keer terug na Sion, en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: die stad van trou, en die berg van die Here: Die Heilige Berg.
Vers 7: Ek gaan My volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van van weste.
Vers 8: En hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My ‘n volk wees, en Ek vir hulle ‘n God wees, in trou en geregtigheid.
Vers 20: Nog sal volke aankom, en die inwoners van baie stede.
Vers 21: En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die Aangesig van die Here om genade te smeek en die Here van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!
Vers 22: So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die Here van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die Here om genade te smeek. (Daar gaan dus baie mense en nasies oorbly na Armageddon.)
Vers 23: In die dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ‘n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.
Sag 9 Vers 10: En Sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde.
Vers 13: Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop, en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan.
Vers 14: Dan sal die Here oor hulle verskyn, en soos weerlig sal Sy pyl uitskiet; en die Here Here sal met die basuin blaas en intrek met die stroms uit die suide. (Intrek in Sy tempel.)
Vers 15: Die Here van die leërskare sal hulle beskut, en hulle sal verslind.
Vers 16: En die Here hulle God sal hulle in die dag verlos as die kudde wat Sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor Sy hand.
Vers 17: Want hoe groot is hulle voortreflikheid, hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.
Matt 24 Vers 14: En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
1 Kor 15 Vers 22: Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle almal in Christus lewend gemaak word;
Vers 23: Maar elkeen in sy eie orde: As eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by Sy koms,
Vers 24: Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het.
Vers 25: Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder Sy voete gestel het.
Jer 23 Vers 1: Wee die herders wat die skape van My weide laat omkom en hulle vertrooi; spreek die Here.
Vers 3: En Ek self sal die oorblyfsel van My skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; En Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig.
Vers 4: En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas. En hulle sal nie meer bevrees of verskrik of vermis word nie, spreek die Here.
Vers 20: Die toorn van die Here sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van Sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan. (Al die ongelowiges vernietig.)
Jes 32 Vers 17: En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.
Vers 18: En My volk sal woon in ‘n plek van vrede en in veilige wonings en in plekke van ongestoorde rus.
Eseg 20 Vers 33: So waar as Ek leef, Spreek die Here Here, Ek sal gewis, met ‘n sterke hand en met ‘n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor hulle regeer.
Vers 34: En Ek sal julle uit die volke uitlei en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, deur ‘n sterke hand en deur ‘n uitgestrekte arm en deur uitgestorte grimmigheid.
Vers 35: En Ek sal julle bring in die woestyn van die volke, en Ek sal daar met julle in die gerig tree van aangesig tot aangesig.
Vers 36: Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Here Here.
Vers 37: En Ek sal julle onder die herdersstaf laat deurgaan en julle bring in die band van die verbond. (Die nuwe verbond met die wederkoms.)
Vers 38: En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree. Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here is.
Vers 40: Want op My Heilige Berg, op die verhewe Berg van Israel, daar sal die huis van Israel, hulle almal, My dien in die land. Daar sal Ek ‘n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.
Vers 41: As ‘n lieflike geur sal Ek ‘n behae in julle hê wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.
Vers 42: En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek My hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.
Vers 43: Daar sal julle dan dink aan julle weë en al julle handelinge waarmee julle jul verontreinig het, en julle sal vir julself walglik wees vanweë al jul slegte dinge wat julle gedoen het.
Vers 44: En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek met julle handel ter wille van My Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie.
Jes 1 Vers 26: En Ek sal jou weer regters gee soos vroeër en raadsmanne soos in die begin; daarna sal jy ‘n stad van geregtigheid, ‘n getroue vesting genoem word.
Jes 2 Vers 2: En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here (Israeliete) vasstaan op die top van die berge (al die ander groot nasies) en verhewe wees bo al die heuwels (kleiner nasies), en al die nasies sal daarheen toestroom.
Vers 3: En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons Sy weë kan leer en ons in Sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die Woord van die Here uit Jerusalem.
Vers 4: En Hy (Jesus) sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
Jes 4 Vers 5: Dan skep die Here oor elke woonplek van die berg Sion en oor Sy plekke van samekoms ‘n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar ‘n beskutting wees.
Vers 6: En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.
Jes 32 Vers 1: Kyk, ‘n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.
Vers 3: Dan sal nie meer verblind wees die oë van die wat sien nie; en die ore van die wat hoor sal luister;
Vers 4: En die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek.
Vers 5: Die dwaas sal nie meer ‘n edele genoem word nie, en van die skelm sal nie gesê word dat hy vernaam is nie.
Jes 7 Vers 21: En in die dag sal ‘n man ‘n jong koei en ‘n paar skape in die lewe hou.
Vers 22: En weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.
Jes 7 Vers 23: En in die dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees.
Vers 24: Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees.
Jes 8 Vers 18: Hier is Ek en die kinders wat die Here my gegee het - tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die Here van die leërskare wat op die berg Sion woon.
Jes 14 Vers 1: Want die Here sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.
Vers 7: Die hele aarde rus, is stil; hulle breek uit in jubel.
Jes 25 Vers 6: En die Here van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ‘n maaltyd van vetspyse, ‘n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
Vers 7: En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is. (Dan sal ons weet uit watter stam kom ons, indien wel.)
Jes 25 Vers 8: Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee, en Hy sal die smaad van Sy volk van die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek.
Vers 9: En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here op wie ons gewag het; laat ons juig en bly wees oor Sy hulp.
Vers 10: Want die hand van die Here sal rus op hierdie berg;
Jes 27 Vers 12: En in die dag sal die Here vrugte afslaan, van die stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Egipte, en julle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!
Vers 13: En in die dag sal daar met ‘n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur en die wat verdryf is in Egipteland, en hulle sal die Here aanbid op die heilige berg in Jerusalem.
Jes 52 Vers 1: Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion! Trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie.
Jes 54 Vers 3: Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk. (Ons is die nageslag!)
Vers 4: Wees nie bevrees nie, want jy sal nie beskaamd staan nie, want jy sal nie nodig hë om te bloos nie, maar jy sal die skande van jou jonkheid vergeet en aan die smaad van jou weduweeskap nie meer dink nie.
Vers 7: Vir ‘n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.
Vers 9: Soos in die dae van Noag is dit vir My: Soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. (Die nuwe verbond.)
Vers 10: Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar My goedertierenheid sal van jou nie wyk, en My vredesverbond nie wankel nie.
Vers 13: En jou kinders sal deur die Here geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.
Jes 56 Vers 3: En laat die uitlander wat hom by die Here aangesluit het, nie spreek en sê: Die Here sal my gewis afskei van Sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ‘n droë boom nie.
Vers 6: En die uitlanders wat hulle by die Here aangesluit het, om hom te dien en om die Naam van die Here lief te hê deur Sy knegte te wees - elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en julle wat vashou aan My verbond,
Vers 7: Hulle sal Ek bring na My heilige Berg.
Jes 60 Vers 12: Want die nasie en die koninkryk wat jou nie sal dien nie, sal ondergaan, en hulle sal sekerlik verwoes word.
Jes 61 Vers 5: Die vreemdeling sal staan en julle kleinvee oppas, en uitlanders sal julle landbouers en wynboere wees.
Vers 6: Maar julle sal priesters van die Here genoem word; aan julle sal gesê word: dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.
Jes 62 Vers 2: En jy sal met ‘n nuwe naam genoem word wat die mond van die Here sal noem.
Gen 49 Vers 10: Die septer sal van Juda nie wyk nie, nog die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.
Exo 19 Vers 5: As julle na My stem luister en My verbond hou sal julle ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees.
Openb 19 Vers 15: En uit Sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer.
Vers 16: En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die naam wat geskrywe is: Die Koning van die Konings en die Here van die Here.
Deut 4 Vers 30: As jy in die nood is, en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou God terugkeer en na Sy stem luister.
1 Sam 2 Vers 35: En Ek sal vir My ‘n getroue priester verwek wat sal handel soos dit in My hart en in My siel is, en Ek sal vir hom ‘n bestendige huis bou, sodat hy al die dae voor die aangesig van My gesalfde kan wandel.
Vers 36: En almal wat in jou huis oorbly, sal kom om hulle voor hom neer te buig vir ‘n geldstukkie en ‘n broodjie, en hulle sal sê: Voeg my tog by een van die priesterordes, dat ek ‘n stukkie brood kan eet.
Psalm 9 Vers 9: En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
Vers 10: So is die Here dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.
Vers 11: En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o Here!
Psalm 9 Vers 12: Psalmsing tot eer van die Here wat op Sion woon; verkondig onder die volke Sy dade.
Psalm 10 Vers 16: Die Here is koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit Sy land.
Vers 18: Om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.
Psalm 11 Vers 7: Die opregtes sal Sy Aangesig sien.
Psalm 15 Vers 7: Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die Here die lot van Sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israil sal bly wees.
Psalm 27 Vers 4: Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in Sy tempel.
Vers 10: Want my vader en my moeder het my verlaat, maar die Here sal my aanneem.
Vers 14: Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die Here!
Psalm 37 Vers 9: Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word maar die wat die Here verwag, hulle sal die aarde besit.
Vers 10: En nog ‘n klein rukkie, en die goddelose sal daar nie meer wees nie; Ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.
Vers 11: Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.
Vers 29: Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.
Vers 34: Wag op die Here en hou Sy weg, en Hy sal jou verhoog om die aarde te besit; Jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense. (Uit die Hemel met die wegraping.)
Psalm 46 Vers 3: Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
Vers 4: Laat Sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur Sy onstuimigheid!
Vers 5: Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
Vers 6: God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
Vers 8: Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons.
Psalm 46 Vers 9: Kom, aanskou die dade van die Here, wat verskriklike dinge oor die aarde bring.
Vers 10: Wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
Psalm 46 Vers 11: Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
Psalm 47 Vers 3: Want die Here, die Allerhoogste, is gedug, ‘n groot Koning oor die hele aarde.
Vers 4: Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.
Vers 7: Psalmsing tot eer van God, Psalmsing tot eer van ons Koning!
Vers 8: Want God is Koning van die hele aarde;
Vers 9: God regeer oor die nasies; God sit op Sy heilige troon.
Psalm 48 Vers 2: Die Here is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, Sy Heilige Berg!
Vers 3: Skoon deur Sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot koning!
Vers 4: God het Hom in Sy paleis bekend gemaak as ‘n rotsvesting.
Psalm 58 Vers 12: En die mense sal sê: Gewis, daar is vrug vir die regverdige; gewis, daar is ‘n God wat op die aarde oordeel.
Psalm 69 Vers 36: Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.
Vers 37: En die nageslag van Sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van Sy Naam sal daarin woon.
Psalm 72 Vers 5: Hulle sal U vrees solank as die son skyn, en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.
Vers 6: Hy sal neerdaal soos reën op grasvelde, soos buie - ‘n swaar reën op die aarde.
Psalm 72 Vers 7: In Sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie. (Na die 1000 jaar van vrede.)
Vers 8: En Hy (Jesus) sal heers van see tot see en van die rivier tot by die eindes van die aarde.
Vers 9: Die bewoners van dor plekke sal voor Hom kniel, en Sy vyande sal die stof lek.
Psalm 81 Vers 16: Die haters van die Here sou kruipend na Hom toe kom;
Psalm 72 Vers 10: Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.
Vers 11: Ja, al die konings sal hulle voor Hom buig, al die nasies sal Hom dien.
Vers 12: Want Hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die elendige, en wie geen helper het nie.
Vers 13: Hy sal Hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal Hy red.
Vers 14: Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in Sy oë.
Vers 15: Mag Hy dan lewe! En mag hulle aan Hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir Hom bid; mag hulle die hele dag Hom seën!
Hos 12 Vers 10: Maar Ek is die Here jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees.
Vers 12: So sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.
Joël 3 Vers 17: Dan sal julle weet dat Ek die Here julle God is, wat woon op Sion, My Heilige Berg; dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer sal deurtrek nie.
Vers 18: En op die dag sal die berge drup van mos en die hewels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die Here sal daar ‘n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
Vers 19: Egipte sal ‘n woesteny word, en Edom ‘n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
Vers 20: Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.
Joë13 Vers 2 1: En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, en die Here sal op Sion bly woon.
Psalm 2 Vers 8: Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
Vers 9: U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot.
Vers 10: Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
Vers 11: Dien die Here met vrees, en juig met bewing.
Vers 12: Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan Sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil.
Efe 6 Vers 8: Omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.
Vers 9: Omdat julle weet dat by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
Jes 26 Vers 9: Want as U oordele Op die aarde is, leer die inwoners van die aarde geregtigheid. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: