Sondag 21 Maart 2010

Kan almal glo en die Bybel verstaan, en kan almal gered word?



GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Joh 8 vers 43: Waarom ken julle My spraak nie? omdat julle na My woord nie Kan luister nie.
Vers 44: Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. In hom is daar geen waarheid nie, hy is ‘n leuenaar, en die vader daarvan.
Vers 47: Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
Dan 12 vers 10: Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar slegs die verstandiges sal verstaan.
Joh 10 vers 26: Maar julle glo nie, want julle is nie van My skape nie, soos Ek vir julle gesê het.
Vers 27: My skape luister na My stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.
Vers 28: En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit My hand ruk nie.
Vers 30: Ek en die Vader is een.
11 Thess 3 vers 2: En dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.
Heb 4 vers 2: Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met geloof verenig was nie.
Vers 3: Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het. (1000 Jaar van vrede.)
Jes 6 vers 10: Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hulle oë, en met hulle ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
2 Thess 2 vers 11: En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
Vers 12: Sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.
Han 16 vers 6: Die Heilige Gees het hulle verhinder om in Asië die woord te verkondig.
Vers 7: En hulle het probeer om na Bithime te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.
Job 32 vers 8: Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.
Vers 9: Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.
Job 12 vers 11: Moet die oor nie die woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
Spr 3 vers 32: Want die verkeerde is vir die Here ‘n gruwel, maar Sy verborgenheid is met die opregtes.
Luk 22 vers 32: En Jesus sê vir Petrus(Dissipel): Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. (Dit was net voor die kruisiging. Petrus was selfs na al die wonderwerke nog nie bekeerd nie.)
Luk 18 vers 17: Voorwaar Ek sê vir julle: Elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.
Joh 6 vers 64: Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. (Jesus praat hier met Sy twaalf dissipels!)
Vers 65: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur My Vader gegee is nie.
Vers 70: Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? (Dissipels) en een van julle is ‘n duiwel!
Psalm 19 vers 8: Die wet van die Here is volmaak; dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: Dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Jer 6 vers 10: Wie sal Ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die Woord van die Here is vir hulle ‘n smaad, hulle het daar geen behae in nie.
Matt 13 vers 11: Toe sê Jesus: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.
Vers 13: Daarom spreek ek tot hulle in gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.
1 Kor 1 vers 14: Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; Want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie.
11 Kor 4 vers 3; Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan.
Vers 4: Naamlik die ongelowiges in wie die God van hierdie Wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
Mark 4 vers 11: En Jesus sê: Maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse.
Vers 12: Sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; En hoor en hoor en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sonde hulle vergewe word nie. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: