Saterdag 20 Maart 2010

Foute in die Bybel

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
Eseg 45 Vers 11: ‘n Bat bevat die tiende van ‘n homer, en ‘n efa die tiende van ‘n homer.
Die Naam van ons God, geskryf in Hebreus: Y H W H Dus Jehovah of Yahweh uitgelaat uit ons Bybels verwar ons. Wie is Here en wie is Here Here en wie is Here God?
Godspraak oor Tirus
Eseg 26 Vers 2 en Jes 23 vers1 1. Die voorspelling oor dieselfde plek deur twee profete kom nie ooreen nie.
Deut 16 Vers 7: Dan moet jy dit kook -
Exo 12 Vers 9: Dit mag nie rou wees nie, en ook nie in water gekook nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pooitjies saam met die binnegoed.
Dan 5 Vers 25: En dit is die skrif wat geskrywe is: Mene, mene, tekel ufarsin.
Vers 26: Dit is die uitleg: Mene:--Vers 27: Tekel:---
Vers 28: Peres?---Wat van Ufarsin?
Eseg 45 Vers 12: En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf-en-twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle ‘n mine wees.
Matt 8 Vers 28: Toe het twee duiwelbesetenes Hom ontmoet, wat uit die grafte uitgekom het, en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad kon verbygaan nie.
Mark 5 Vers 2: En toe hy uit die skuit gaan, kom daar dadelik uit die grafte Hom tegemoet ‘n man met ‘n onreine gees.
Vers 3: En niemand kon selfs met kettings hom bind nie.
Matt 27 Vers 41: En so het die owerpriesters, skrifgeleerdes en ouderlinge gespot en gesê:
Vers 42: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie. As Hy die koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en ons sal in Hom glo.
Vers 44: En op dieselfde manier het die rowers wat saam met Hom gekruisig was, Hom ook beledig.
Mark 15 Vers 32: Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.
Luk 23 Vers 42: En een van die wat saam met Hom opgehang is, sê vir Jesus: Dink aan my Here, wanneer U in U Koningkryk kom.
Vers 43: En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
11 Kon 14 Vers 5; En toe die koningskap in Amasia se hand bevestig was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring.
Vers 6: Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die Here dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sondes sterwe.
Jer 32 Vers 18: U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders na hulle;
Klaagl 5 Vers 7: Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en ons dra hulle ongeregtighede.
Eseg 18 Vers 4: Kyk, al die siele is Myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun - hulle is Myne; die siel wat sondig, die moet sterwe.
Vers 20: Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.
Exodus 34 Vers 7: Ek is ‘n God wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie. Wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
11 Sam 24 vers 1: En die toorn van die Here het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.
1 Kron 21 vers 1: Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel.
Exo 12 Vers 1: Die maand Abib. Hierdie moet vir julle die eerste maand van die jaar wees.

Ester 3 Vers 7: In die eerste maand, dit is die maand Nisan.
(Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: