Saterdag 20 Maart 2010

Gedrag by aanbidding en samekoms.

GAAN NA OUER PLASING AAN DIE EINDE VAN ELKE BLADSY.
11 Kron 35 Vers 25: En die sangers en sangeresse....
11 Sam 6 Vers 14: Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die Aangesig van die Here;
Vers 15: En hulle het die Ark van die Here gebring met gejuig en basuingeklank.
Vers 16: Toe sien Migal, die dogter van Saul, Dawid huppel en dans voor die Aangesig van die Here.
Vers 21: Toe sê Dawid: Ja, voor die Aangesig van die Here sal ek vrolik wees.
1 Kron 13 Vers 8: En Dawid en die hele Israel het voor die Aangesig van God met alle mag gespeel, sowel met liedere as met siters en harpe en tamboeryne en simbale en trompette.
1 Kron 15 Vers 16: En Dawid het aan die owerstes van die Leviete gesê om hulle broers, die sangers, op te stel met musiekinstrumente, harpe en siters en simbale, om hulle te laat hoor deur die stem met blydskap te verhef.
1 Kron 16 Vers 6: En Benaja, en Jahasiël, die priesters, gedurigdeur met trompette voor die Verbondsark van God gespeel het.
Vers 10: Beroem julle in Sy Heilige Naam; laat die hart van die wat die Here soek, bly wees.
Vers 29: Aanbid die Here in Heilige gewaad.
11 Kron 5 Vers 12: Terwyl die Levietiese sangers almal saam, in linne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd-en-twintig priesters wat op die trompette blaas;
Vers 13: En die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die Here te prys en loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die Here, want hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! - is die huis, die huis van die Here, vervul met ‘n wolk. Want die Heerlikheid van die Here het die huis van God vervul.
11 Kron 7 Vers 3: En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die Here op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel.
11 Kron 29 Vers 25: En hy het die Leviete opgestel by die huis van die Here, met simbale, harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan, want die Here het dit so beveel deur die diens van die profete.
Vers 26: En die Leviete het gaan staan met die instrumente van Dawid, en die priesters met die trompette.
Vers 29: En toe hulle klaar was met offer, het die koning en almal wat by hom aanwesig was, gekniel en hulle neergebuig.
Esra 9 Vers 5: Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig, en my hande uitgebrei na die Here my God. Neh 8 Vers 3: En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue, en almal wat met verstand kon luister. (Dus nie klein kindertjies wat huil en aandag aftrek nie.)
Vers 7: En Esra het die Here, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande, en hulle het hul gebuig en die Here aanbid met die aangesig na die aarde toe.
Neh 11 Vers 17: En Mattanja, leier van die lofsang, wat die „loof hom" aanhef by die gebed;
Psalm 28 Vers 2; Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die binneste van U heiligdom.
Psalm 33 Vers 2: Loof die Here met die siter; psalmsing tot Sy eer met die tiensnarige harp.
Vers 3: Sing tot Sy eer ‘n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.
Psalm 67 Vers 1: Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. ‘n psalm, ‘n lied.
Psalm 68 Vers 25: O God, hulle sien U optogte, die optogte van My God, My Koning in die heiligdom.
Vers 26: Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.
Psalm 92 Vers 3: Om in die môre U goedertierenheid te verkondig en U getrouheid in die nagte;
Vers 4: By die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.
Psalm 95 Vers 2: Laat ons Sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!
Vers 6: Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het.
Psalm 96 Vers 8: Gee aan die Here die eer van Sy Naam, bring offers en kom in Sy voorhowe.
Vers 9: Aanbid die Here in Heilige gewaad; beef voor Sy aangesig, o ganse aarde!
Psalm 98 Vers 5: Psalmsing tot eer van die Here met die siter en die stem van gesang.
Vers 6: Met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die Here!
Psalm 100 Vers 2: Dien die Here met blydskap; kom voor Sy aangesig met gejubel.
Vers 4: Gaan Sy poorte in met lof, Sy voorhowe met lofgesang; Loof Hom, prys Sy naam.
Psalm 105 Vers 3: Beroem julle in Sy Heilige Naam; (Weet u wat is u God se Naam? Hoe kan u dan Sy Naam loof as u nie weet nie? Vra u predikant – hy weet. Hulle steek dit vir ons weg.) laat die hart van die wat die Here soek bly wees!
Neh 9 Vers 1: En op die vier-en-twintigste van die sewende maand het die kinders van Israel vergader en gevas in rouklere en met grond op hulle hoof.
Vers 2: En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.
Vers 3: En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende ‘n vierde deel van die dag gelees uit die wetboek van die Here hulle God, en gedurende ‘n vierde deel belydenis gedoen en die Here hul God aanbid.
Psalm 149 Vers 3: Laat hulle sy Naam loof in koordans, Hom psalmsing met tamboeryne en siter.
Psalm 150 Vers 3: Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter.
Vers 4: Loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit.
Vers 5: Loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale!
Pred 5 Vers 1: Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou ‘n woord uitbring voor die Aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees.
Vers 3: As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
Vers 4: Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.
Jes 38 Vers 20: Die Here staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van Here.
Klaagl 2 Vers 19: Hef jou hande op na Hom
Klaagl 3 Vers 41: Laat ons ons hart saam met die hande ophef tot God in die hemel.
Dan 9 Vers 3: En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smeking te wy.
Joël 1 Vers 14: Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die Here julle God, en roep tot die Here.
Joël 2 Vers 12: Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.
Vers 13: En skeur julle hart, en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is genadig en barmhartig; lankmoedig en groot van goedertierenheid, en een wat berou het oor die onheil.
Vers 15: Blaas die basuin op Sion, heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam!
Vers 16: Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suigelinge! laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
Vers 17: Laat die priesters, die dienaars van die Here, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: O Here, spaar U volk, en gee U erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
Deut 12 Vers 12: En julle moet vrolik wees voor die Aangesig van die Here julle God, julle en jul seuns en jul dogters en jul slawe en slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.
Mark 10 Vers 16: En Hy het sy arms om hulle geslaan, Sy hande op hulle gelê, en hulle geseën.
Mark 12 Vers 41: En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.
Vers 42: En ‘n weduwee het ‘n oortjie ingegooi.
Vers 43: En Jesus sê: Die arm weduwee het meer ingegooi as almal, want sy het uit haar gebrek ingegooi, en die ander uit hulle oorvloed.
Luk 22 Vers 41: En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan gooi, en neergekniel en gebid.
Vers 44: En toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en Sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.
Joh 4 Vers 23: Maar daar kom ‘n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom so aanbid.
Vers 24: God is Gees, en die wat Hom aanbid, moet in Gees en waarheid aanbid.
Hand 13 Vers 3: En toe hulle gevas en gebid het, en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
Han 20 Vers 36: En na hierdie woorde het hy neergekniel en met hulle almal saam gebid.
Han 21 Vers 5: En ons het op die strand neergekniel en gebid.
Kol 4 Vers 2: Volhard in die gebed en waak daarin met danksegging.
1 Tim 2 Vers 1: In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense.
Vers 2: Vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waarheid.
Vers 8: Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en Heilige hande ophef sonder toorn en twis.
1 Tim 2 Vers 9: So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
Vers 10: Maar soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
Vers 11: Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
1 Tim 2 Vers 12: Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
Vers 13: Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.
Vers 14: En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
Vers 15: Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.
1 Tim 4 Vers 14: Verwaarloos nie die genadegawe (Heilige Gees) wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.
1 Tim 5 Vers 10: En sy moet die voete van die Heiliges was.
11 Tim 1 Vers 6: Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.
Tit 2 Vers 2: Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.
Vers 3: Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die Heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is.
Vers 4: Sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,
Vers 5: Ingetoë wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die Woord van God nie belaster word nie.
Heb 10 Vers 25: En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.
Jak 5 Vers 13: Is daar iemand onder julle wat ly? laat hom bid. Is iemand opgeruimd? laat hom psalmsing.
Vers 14: Is daar iemand siek onder julle? laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
Vers 15: En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
Vers 16: Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.
Vers 17: Elia was ‘n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande nie gereën nie.
Vers 18: En hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.
Vers 19: Broeders, as een van julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,
Vers 20: Laat hy weet dat iemand wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek. (Die hele Bybel, met nog 440 ander onderwerpe gratis op die Internet. Gaan na https://dieversteekteverse.blogspot.com Indien u nie dadelik by die boek uitkom nie, soek eers: BLOG SEARCH ENGINE en dan die boek. )

Geen opmerkings nie: